Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

REDAKSIONEEL

Die jaar 2003 is al weer halfpad verby en ons nader reeds met spoed die einde daarvan, soos Psalm 90:10 dit verwoord: "Want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen". Wat het die jaar tot dusver vir ons opgelewer? Ja, lewensvreugde dalk ook. Maar meer nog bekommernis met die oog op die toekoms van kerk en staat in ons omstandighede, met die gevolge vir ons daaglikse bestaan temidde van ons families en huisgesinne. Die misdaadsyfer is deurgaans onrusbarend hoog. Dit raak ook van die lesers van ons blad. Daar is al verskeie gevalle bekend dat ons intekenare afgestaan het aan die dood as gevolg van moord en roof. Ons betuig ons innige meegevoel met die naasbestaandes wat gebuk gaan onder verlies van dierbares wat hulle sodoende gevoel en ervaar. Ook is daar Regeringsbesluite wat ons laat weet dat die Satan sy mag uitoefen in die bestuur van ons land. Dan is daar die natuur se klimaat wat blykbaar besig is om nie net in ons land nie, maar ook daarbuite, te verander en die gevolglike voorspellings van rampe en onheil wat vir ons te wagte gaan wees.

By dit alles hou óns die oog gerig op ons almagtige en getroue God wat alles onderhou en bestuur volgens sy wil. Daarom is wat op die geestelike vlakke en aktueel in Bybels gebonde geloofsdenominasies, in die besonder in die Gereformeerde Kerke tans plaasvind, 'n rede vir nog groter besorgdheid. Kerkrade en lidmate raak al hoe meer verward oor die koers van die kerkverband ... waarheen? Daar is plaaslike kerke waar sinodebesluite sonder meer aanvaar en reeds toegepas word. Ander wat sit en toekyk en hulle lidmate sodoende in onsekerte hul. Daar is ook kerkrade wat besluit het of in proses van besluitneming verkeer om die besluite oor kelkies by die nagmaal, die aanvaarding van vroue in die amp van diaken, die 2001-(Cloete) omdigting, en ander, teen te staan en te verwerp.

Gesamentlike oorlegpleging en besluitneming op die vlakke van skriftuurlike getrouheid en die band van waaragtige eenheid in die geloof, raak nou al hoe meer noodsaaklik!