Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 3 No 4 Julie 1999
AKTUEEL "GELOOFSVERKLARING 2000"n Waterskeiding in die belydenis van die algemene ongetwyfelde Christelike geloof?
- P van der Kooi -
"Die Afrikaanse kerke: quo vadis?" is die vraag waarna DIE ALGEMENE KERKBODE, die maanduitgawe van DIE KERKBODE (NGK), in die uitgawe van 12/13 Maart 1999, in sy hoofartikel, op bl 4, verwys: "Is die Afrikaanse kerke gereed om die een en twintigste eeu binne te gaan?" Die antwoord daarop sluit aan by dit wat prof Bennie van der Walt vroeër vanjaar geponeer het oor "Gedopte of omgedopte Doppers - Requiem op 'n sterwende kerk" in die Someruitgawe van WOORD EN DAAD (vgl DIE KERKPAD, Maart 1999, hoofarti-kel bl 1). Dit sluit ook aan by die strekking van prof Willem de Klerk se boek: "Die vreemde God en sy mense", wat in vorige uitgawes van ons blad gekritiseer is."Is die Afrikaanse kerke gereed ...? Ternouernood, sê 'n hele tou kommentators. Van die eens 'magtige' Afrikaanse kerke is al hoe minder te sien. En die kerke verloor glo duisende lidmate ... Wat sê 'n mens dan tog vir die goedbedoelende kritici met hulle geregverdigde kommentaar oor kerklike feile, en vir die kritikasters wat foutvinderig soek totdat hulle dinge in die kerk vind wat hulle nie aanstaan nie en waaroor hulle hom kan aankla?" ... "Ja, daar is 'n lewendige debat in die kerk aan die gang oor hoe die Skrif vir vandag vertolk en verstaan moet word , en klemverskille bestaan, maar waar dit lyk of die gesag van die Skrif bedreig of die belydenisskrifte aangetas word, is die weerstand baie groot."
Met dit in gedagte beywer die NG Kerk hom onder andere "vir groter strukturele eenheid in die NG Kerkfamilie: ons glo die Bybel vra van ons om sodoende meer van ons eenheid in Christus aan die wêreld te toon. En die NG Kerk strewe ook na groter strukturele eenheid met die Afrikaanse 'susterkerke': Die Gereformeerde Kerke en die Nederduitsch Hervormde Kerk. ... Ja, in die geledere van die Afrikaanse kerke is daar diegene wat reken dat dit nóu die tyd is om 'n gesamentlike Geloofsverklaring te doen, hier op die vooraand van die volgende eeu. Om in vandag se taal vir en met vandag se mense te verwoord presies wat ons glo ... dit kan iets baie besonders word. Daar is mense en instansies wat hulle hiervoor beywer."
Kort hierna vergader die buitengewone sinode van die NG Kerk in Suid-Transvaal, die eerste week van Mei. Toe is dit mev Ruda Landman wat momentum aan hierdie saak verleen het. Sy het die sinode op uitnodiging toegespreek. Volgens koerantbespieëlings verteenwoordig haar mening dié van nog duisende lidmate. "Ons glo nie meer aan Jona en die walvis nie. Ons glo nie meer aan Adam en Eva nie, nie letterlik nie. ...
Ons aanvaar deesdae in die Bybel dit waarmee ons saamstem en ons lees oor die res. Julle sê nie vir ons hoekom dit is nie. Die volgende keer as ek na 'n antwoord op iets soek, dan kyk ek in die Bybel. Dan dink ek: maar hier is soveel goed wat deesdae skynbaar nie meer net so aanvaar word nie, hoe moet ek dit verstaan? Julle moet dit vir ons sê." (BEELD, 5 Mei 1999)
"Dié soort vrae moet volgens prof Fanie Snyman, hoogleraar in Ou Testament aan die Vrystaatse Universiteit, 'ernstig opgeneem word.' Dié soort vrae 'het lankal aandag gekry in die wetenskaplike studie van die Ou Testament. Ou-Testa-mentici is dit byvoorbeeld lank reeds eens dat Genesis 1 - 11 nie eksakte historiese gebeure beskryf nie'. Prof. Sakkie Spangenberg, van die departement Ou Testament aan Unisa, sê die Bybel is baie lank gelees asof alles geskiedenis was. Hy bestempel Genesis 1 as 'n stuk filosofie in verhaalvorm. Dit vertel iets van die mens en van sy verhouding met God. Dit sê dat die mens krom is, met 'n stuk boosheid inherent aan hom.
Volgens prof Stefan Joubert van die departement Nuwe Testament het mense geleer om verkeerde vrae aan die Bybel te stel. Hy vra dat die klem verskuif word van die vorm na die betekenis van die teks sodat mense nie praat oor Jona en die vis nie, maar oor die God van Jona en wat die verhaal in hul lewe kan beteken. ... Snyman sè in sy ervaring is lidmate wat vrae stel soos Landman nie meer tevrede met oppervlakkige antwoorde nie. Hulle is gereed om die verklarings van die wetenskaplike studie van die Ou Testament te aanvaar. Sy kommer is dat dominees dit nie aan lidmate oordra nie. Span-genberg is ook bekommerd dat die kerk se katkisasieboeke nie sulke vrae behandel nie. Hy waardeer Landman se eerlikheid geweldig." (BEELD, 6 Mei 1999)
"Wat kerke van hierdie verhale in hulle dogmas gemaak het, is nou ook weer iets anders as wat die verhale self oordra. Dit is juis op hierdie punt wat Ruda se uitsprake so interessant word. Dit is 'n voorvereiste vir die tradisionele Christelike dogmas oor die mens dat daar 'n werklike Adam en 'n Eva moes wees. Maar die historiese kritiek het nou maar eenmaal uitgewys dat die bybelse verhale en die tradisionele Christelike dogmas mekaar nie altyd dek nie - en intelligente lidmate huiwer nie om dit deesdae hardop vir predikante te sê nie", skryf prof IJJ Spangenberg (Unisa) in BEELD, 19 Mei 1999.
Dat dit die waarheid en die gesag van die Bybel aantas en die Christelike geloof bedreig en onderhewig stel aan persoonlike interpretasies en willekeur is volkome duidelik. Met ander woorde, 'n propaganda vir die Skrifkritiese vertolking en aanvaarding van die Heilige Skrif, teenstrydig met die geloof aan die Goddelike inspirasie (NGB, art 3). Gevolglik word die Skrif se gesag betwyfel "om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig (NGB, art 5). Vandaar ook die argument dat die Bybel nie kan dien as norme waaraan die samelewing getoets en onderwerp moet word nie. Daar bestaan, volgens die Skrifkritici, geen Goddelike fundamentele, gesaghebbende waardes en vastigheid nie. Dus ook geen rigtinggewende, ewige, geloofsbeginsels van God se Woord vir alle terreine van die lewe nie.
"Die vrae wat mense het, moet op 'n geloofwaardige wyse beantwoord word. Daar kom baie kere dinge in die teologie voor wat mense skok en verwar, maar dit is nie die teoloë wat sê wat die kerk moet glo nie, maar die kerk self as 'n geloofsgemeenskap onder die leiding van die Heilige Gees", aldus prof Danie du Toit van die Teologiese Kweekskool aan die Universiteit van Stellenbosch. Aansluitend op die bovermelde artikel in DIE ALGEMENE KERKBODE van 12/13 Maart vermeld dié blad in die uitgawe van 14/15 Mei dat hy 'n besondere bydrae gaan lewer tot almal se verstaan van wat ons presies glo en wat nie. "Met die oog daarop is 'n aantal teoloë van verskillende Afrikaanse gereformeerde kerke deur DIE KERKBODE genader om ons geloof kort, in allemanstaal en eietyds te verwoord. Wanneer almal se formulerings ontvang is, sal die konsepverklaring in die uitgawe van 2 Julie 1999 gepubliseer word. Daarna sal daar drie maande lank in DIE KERKBODE daaroor gesprek gevoer word. Die finale verklaring sal aan die einde van die jaar in DIE KERKBODE sowel as ALGEMENE KERKBODE gepubliseer word."
"In positiewe trant wil ons daarop wys dat DIE KERKBODE, moederkoerant van DIE ALGEMENE KERKBODE, besig is om 'n 'Geloofsverklaring 2000' in samewerking met verskeie teoloë van ses gereformeerde kerke op te stel. Kernagtig en eietyds - en Bybels! - wil 'Geloofsverklaring 2000' sê wat ons aan die begin van die nuwe millennium glo. ... Ons vertrou dat so 'n geloofsverklaring lidmate sal help om duideliker te verstaan wat ons glo. Ruda Landman se toespraak ... laat 'n mens besef hoe belangrik so 'n gesprek oor en verklaring van ons geloof in dié tyd is", aldus die redakteur in sy hoofartikel op bl 4 in DIE ALGEMENE KERKBODE van 14/15 Mei 1999. van 12/13 Maart vermeld dié blad in die uitgawe van 14/15 Mei dat hy 'n besondere bydrae gaan lewer tot almal se verstaan van wat ons presies glo en wat nie. "Met die oog daarop is 'n aantal teoloë van verskillende Afrikaanse gereformeerde kerke deur DIE KERKBODE genader om ons geloof kort, in alle-manstaal en eietyds te verwoord. Wanneer almal se formulerings ontvang is, sal die konsepverklaring in die uitgawe van 2 Julie 1999 gepubliseer word. Daarna sal daar drie maande lank in DIE KERKBODE daaroor gesprek gevoer word. Die finale verklaring sal aan die einde van die jaar in DIE KERKBODE sowel as ALGEMENE KERKBODE gepubliseer word."
"In positiewe trant wil ons daarop wys dat DIE KERKBODE, moederkoerant van DIE ALGEMENE KERKBODE, besig is om 'n 'Geloofsverklaring 2000' in samewerking met verskeie teoloë van ses gereformeerde kerke op te stel. Kernagtig en eietyds - en Bybels! - wil 'Geloofsverklaring 2000' sê wat ons aan die begin van die nuwe millennium glo. ... Ons vertrou dat so 'n geloofsverklaring lidmate sal help om duideliker te verstaan wat ons glo. Ruda Landman se toespraak ... laat 'n mens besef hoe belangrik so 'n gesprek oor en verklaring van ons geloof in dié tyd is", aldus die redakteur in sy hoofartikel op bl 4 in DIE ALGEMENE KERKBODE van 14/15 Mei 1999.
Terwyl ons dit skryf is dit nie aan ons bekend hoe dié konsep vir die "Geloofsverklaring 2000" daar sal uitsien nie. Maar in die lig van hierbo vermelde beriggewing durf ons wel te voorspel dat dit (1) relativerend ten opsigte van ons algemene ongetwyfelde Christelike geloof, soos uitgedruk in die aanvaarde Drie Formuliere van Eenheid, (2) Skrifkrities ten opsigte van die benadering van die historisiteit van die Bybel en (3) integrasionisties en "Belhar"-versoenend ten opsigte van die samelewing sal wees. Vandaar die ondertitel hierbo, gaan dit bydra tot " 'n waterskeiding in die belydenis van die algemene ongetwyfelde Christelike geloof?" Hoelank sal vandag se ware gelowiges nog hink op twee gedagtes? (1 Konings 18 : 21) Skrifkritiek en relativering van die waarheid en gesag van die Heilige Skrif is 'n bedreiging vir die Christelike geloof, wat tot die uiterste, in die krag van die Here en met die bystand van die Heilige Gees, verwerp en teengestaan moet word.