Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

 

DIE BOERE-AFRIKANER SE WEG VORENTOE

Beraad op 20 en 21 Augustus
aangebied deur die Akademie vir CVHO

Met die verlies van sy staatkundige vryheid en onafhanklkheid verkeer die Boere-Afrikanervolk tans in moedeloosheid en koersloosheid wat met die toestand van dié ná die Tweede Vryheidsoorlog vergelyk kan word. Teen hierdie agtergrond reël die Akademie vir Christelik-volkseie Hoër Onderwys 'n beraad op DV 20 en 21 Augustus 1999 om oor die pad uit hierdie krisis uit te besin.

Die beraad word onder die opskrif Boere-Afrikaner, Quo Vadis? Boere-Afrikaner, Waar gaan jy heen? aangebied, wat teruggryp na die bekende woorde van dr DF Malan waarmee hy sy toespraak met die opening van die Voortrekkermonument, op 16 Desember 1949 afgesluit het. Wanneer 'n mens, 'n gesin, 'n gemeenskap en 'n volk in 'n krisistoestand verkeer, is dit aangewese om tot stilstand te kom en met inagneming van die verlede voorraad op te neem van die hede ten einde die weg na die toekoms sinvol te beoordeel. Alleen deur dit te doen word dit moontlik om koers uit die krisis uit te vat. Omdat die Voortrekkermonument 'n besondere simbool van die Boere-Afrikaner se volkskap is en sy geskiedennis, sy heldedom, sy vryheidstryd en sy stryd om die behoud van sy geesteserfenis voorstel, is dit gepas om in die krisis wat tans beleef word, die woorde van Malan as besielende vertrekpunt te neem.

Dat hierdie beraad gereël word in die jaar waarin die her-denking van die Tweede Vryheidsoorlog begin, is nie sonder betekenis nie. Dit is sekerlik reg dat die gebeure van 'n eeu gelede in die Boere-Afrikanervolk se besinning oor sy toekoms 'n duidelike plek sal inneem omdat daardie oorlog aan hom by uitstek 'n heldedom en voorraad heldedade gegee het wat steeds as besieling vir die hede en die toekoms moet dien. Soos die Bittereinders van destyds geweier het om eerloos oor te gee, so is dit die plig van die huidige geslagte om vas te staan in die gees van daardie Bittereinders.

Die beraad sal drie sittings beslaan, elk met 'n kort inleiding en voldoende besprekingstyd. Prof Andries Raath van die UOVS, Bloemfontein, sal tydens die eerste sitting 'n analise van die huidige toestand lewer met verwysing na die Boere-Afrikaners se verlies van hul staatkundige vryheid en onafhanklikheid. Tydens die tweede sitting sal twee senior studente van die Akademie, mnre Slabbert le Cornu en Wilhelm Pretorius, 'n voorraad-opname maak van die geestesgoedere waaroor die Boere-Afrikanervolk beskik wat hom in staat kan stel om uit die krisis te kom. Daarna sal ds Sarel Cilliers, van die Gereformeerde kerk Waterberg, in die derde sitting die aanwending van die beskikbare geestesgoedere in die Boere-Afrikaner se stryd uiteensit om uit die krisistoestand uit te kom. Ten slotte sal prof Alkmaar Swart nog 'n samevattende toespraak aan die deelnemers lewer voordat die beraad verdaag.

Met hierdie aanbieding wil die Akademie as onverbonde en onafhanklike instelling 'n geleentheid daarstel waar Boere-Afrikaners openlik oor die toestand van die volk kan praat. Sy bede is dat die troue Verbondsgod hierdie werk genadiglik sal seën sodat daaruit nuwe koers en nuwe doelgerigtheid vir die Boerevolk na vore sal kom.

Verdere besonderhede sal in die komende weke bekendgestel word. Diegene wat belangstel om na die beraad uitgenooi te word, kan solank hulle name en adresse aan die registrateur van die Akademie deurgee. Die telefoon en faksnommers die pos- en E-posadresse is hieronder vermeld.

Dr P van der Dussen (Registrateur)

Telefoon  (012) 365 3703
Faks  (012) 365 3677
Seltel  082 820 5298
E-Pos   acvho@mweb.co.za