Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

BOEKBESPREKING

DIE KERKORDE IN PRAKTYK

OUTEUR / UITGEWER:  DR JAN VISSER

ROODEPOORT   -   APRIL 1999

PRYS R100-00 PER EKSEMPLAAR

-  Aanbeveling deur 'n intekenaar/leser van ons blad  -

Die jongste boek van dr Jan Visser het onlangs verskyn, naamlik "Die Kerkorde in Praktyk". Dit is vir die gewone lidmaat voorwaar 'n bron van krag en leiding, vir die daaglikse stryd wat die gelowige lidmate van die strydende kerk hier op aarde moet stry. Dit is nie maar net nog een van daardie kitskos pakkies van menslike menings met so 'n dun lagie christelike sous daaroor gestrooi nie. Ook is dit nie nog een van daardie baie ingewikkelde en geklompiseerde teologiese geskrifte wat bo die vuurmaakplek van die gewone lidmaat is nie, - nee, dit is 'n kragtige praktykgerigte handleiding wat daarop ingestel is om die gelowiges op 'n suiwer skriftuurlike en ordelike weg te lei in die stryd wat tans hewiger is as ooit tevore, omdat die aanslag van die bose magte teen die kerk hewiger en veel subtieler is as voorheen.

Hierdie boek gee pragtige, duidelike en baie volledige leiding met verklarings aangaande die kerkordelike weg in die kerk, en daar is 'n baie volledige en omvattende indeks agter in die boek wat die naslaan en verwysing vergemaklik.

Nadat ek hierdie boek deurgelees het, het ek weereens besef dat daar vandag 'n geweldige gebrek aan ware Skrifkennis is, by kerkraadslede en lidmate (en ek sluit myself hierby in). Daarom is dit geen wonder dat die Skrifgefundeerde geloofs- en kerkbesef kwyn nie. Daar is gans te veel: "Ek dink so .." of "Volgens my persoonlike mening ...", en daar is hopeloos te min van: "So sê die HERE Here ...". Hierdie boek vervul 'n behoefte en is vandag 'n absolute moet vir elke gelowige wat waarlik die goeie stryd wil stry in diens van die koning van die kerk, met die oog op die oorwinning.

RB Horak Dunnottar, 11 Junie 1999

DIE KERKORDE IN PRAKTYK

Uitgegee en versprei deur dr J Visser

Sonderendstraat 31, Helderkruin Uitbr 6,  1724 ROODEPOORT - Tel/Faks (011) 768 0989

BEKER OF KELKIES?

(Uit die behandeling van die kerkorde, artt 62, 63 en 64, bl 244, 245)

Visser J: 1999. DIE KERKORDE IN PRAKTYK. Roodepoort: Visser

Vandag is daar 'n ernstige meningsverskil oor die kwessie van beker of kelkies.

Die Sinodes van 1927 (Handelinge p 52, art 154b) en 1930 (Handelinge p 47 - 50, art 45, 46; p 157 - 159, art 184) het egter eksplisiet die gebruik van kelkies afgewys (Handelinge p 47 - 50, art 45, 46; p 157 - 159), art 184).

Na aanleiding van 'n aantal beswaarskrifte het die Sinode van 1994 (Handelinge p 524, punt 3 en 4) die aangeleentheid vir studie na deputate verwys. Aangesien die Sinode van 1997 nie voldoende tyd gehad het om 'n verantwoordelike besluit oor die uitgebreide studie materiaal te neem nie, is besluit om die hele aangeleentheid vir verdere studie na deputate te verwys (Handelinge p 729, punt 7).

Hopelik sal die Sinode van 2000 DV 'n finale besluit hieroor neem.

Voordat 'n sinode nie besluit dat die Sinodebesluite van 1927 en 1930 "in stryd is met Gods Woord of die artikels van die Kerkorde" nie (kyk art 31 KO), bly die besluite van hierdie twee Sinodes nog van krag. Kragtens artikel 31 KO is plaaslike kerke verplig om nog steeds daaraan uitvoering te gee (kyk Sinodebesluit 1997, 9 729, punt 6.6).

Dit is daarom betreurenswaardig dat verskeie plaaslike kerke op eg independentistiese wyse artikel 31 KO kragteloos maak, die Sinodebesluite van 1927, 1930 en ook 1997 eiegeregtig ter syde stel en wederregtelik kelkies invoer by nagmaalsviering.

Die argument dat meeste kerke in die verband van die GKSA alreeds kelkies gebruik (met verwysing na meer as een beker) hou egter nie steek nie. Alhoewel die ideaal die gebruik van een beker is, bly die gemeenskapskarakter tog behoue as daar meer as een beker is - deurdat 'n groep lidmate gemeenskaplik dieselfde beker gebruik. Dit word ook nie aanbeveel dat ná elke tafel 'n stel skoon bekers, wat van nuuts af gevul word, gebruik word nie. Kontinuïteit tussen tafels word tot 'n groot mate behou indien die beker(s) ná elke tafel slegs weer opgevul word. Daar kan egter geen beswaar ingebring word as die predikant tussen die verskillende tafels die rante van die bekers met 'n skoon doek afvee nie. Trouens, hierdie gebruik kan sterk aanbeveel word.