Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

GESPREK MET DIE LESERS

GROEI VAN ONS BLAD

Met dankbaarheid teenoor die Here kan ons rapporteer dat ons blad aanhou groei met intekenare (landswyd), binne en buite die verband van die Gereformeerde Kerke. Ons ontvang ook reëlmatig bemoedigende boodskappe en kommentare na aanlei-ding van die wyse waarop ons die re-daksie bedryf. So skryf byvoorbeeld 'n belangstellende kerklidmaat uit Bloemfontein:

"Ek deel u vrese dat van ons Kerke besig is om die prinsipiële en tradi-sionele Gereformeerde pad te verlaat. "Ook het ek groot waardering vir die moed en kennis waarmee u hierdie, wat ek noem liberale denkers, ongeag hulle status, aanvat. Mag die Here u die krag en genade gee om daarmee vreesloos voort te gaan ..."

Soortgelyke kommentare ontvang ons ook van buite die GKSA-verband, met finansiële bydraes vir intekening.

Die groei bestaan nie net uit nuwe intekenare op ons blad nie, maar ook in die volume van hierdie uitgawe, wat vir hierdie geleentheid 28 bladsye beslaan. Dit beteken nie dat van nou-af elke uitgawe dieselfde aantal bladsye sal hê nie. Maar die moontlikheid is daar weens die hui-dige posversendingstariewe, waaroor in die vorige uitgawe in hierdie rubriek gerapporteer is, om sonder bykomstige posgelde die uitleg met vier bladsye te kan vermeerder. Die aktu-aliteit van talle sake in wat in hier-die uitgawe aan die orde gestel is, kon ons nie laat oorstaan tot die volgende nie en ons wil ook nie graag die vervolgrubrieke onderbreek nie. Daarom die ekstra leesstof in hierdie uitgawe.

ONS ADVERTEERDERS

Graag vestig ons die aandag op die adverteerders in ons blad. Soos in die vorige uitgawe vermeld, help hulle met die inkomste wat ons vir die plasing van hulle advertensies ont-vang, met die finansiering van die posgelde. Hulle dienste word graag aanbeveel by die lesers van ons blad. Daar is beslis kompeterende voordele wat hulle aanbied en hulle doelstelling is die bevordering van volkseie belange. Beskou dié advertensies dus, asseblief, nie slegs as bladvulling nie. Dié adverteerders is tewens goedgesinde ondersteuners van ons blad.

BYEENKOMSTE

Daar is drie byeenkomste wat in hierdie uitgawe bekendgestel is en wat ons sterk wil aanbeveel vir bywoning. Dit is die beplande simpo-sium oor die onfeilbaarheid en die gesag van God se Woord teenoor die Skrifkritiek wat teenswoordig op talle wyses geuiter word, DV op Vrydag en Saterdag, 29 en 30 Oktober.

Ook is daar, DV op Vrydag en Saterdag 20 en 21 Augustus, die beraad oor "Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe".  Hierdie beraad is bedoel om te besin oor die kulturele en staatkundige toestand waarin ons tans verkeer en om te soek na 'n sinvolle koers en doelgerigtheid met die oog op die toekoms.

Dan op die laaste bladsy  'n uitbreiding op die, in die vorige uitgawe van ons blad, geadverteerde bekendstelling van 'n simposium oor kremasie, wat tans al hoe meer toegepas word in plaas van begrafnisse.

Hierdie byeenkoms word DV op Saterdag, 31 Julie, gehou in die lokaliteite van die Departement van Ge-neeskunde van die Universiteit van Pretoria (UP).

Aldrie hierdie byeenkomste dien om die saak van die Here in die sa-melewing van sy kerk en koninkryk, op die vlakke van die amp van die gelowiges, te bespreek en te bevorder. Ons ondersteun dit graag van ons kant en beveel die bywoning daarvan hartlik aan.

ADMINISTRATIEF

Verreweg die meeste intekenaars van die vorige jaargang(e) het reeds heringeteken, waarvoor ons erkentlikheid betuig. Baie dankie ook vir die donasies wat ruim bygedra is. Daar is egter 'n klein getal persone, wat wel intekenare op een van die vorige jaargange was, maar wat hul intekening nog nie hernu het nie. Party van hulle sonder dat hulle bewus daarvan is.

Daarom vestig ons weer die aandag daarop dat ons, weens die administratiewe las wat dit meebring, nie meer met 'n kwitansiestelsel werk nie, maar dit registreer op die rekenaarprogram. Op die adresstrokie, op die koevert, is aangedui of u al dan nie vir die derde jaargang betaal het. As daar die syfer 3 agter die naam verskyn dan is vir die derde jaargang betaal. So nie, as dié syfer 2 is, of as daar glad nie 'n syfer is nie, dan is dié intekeningsbydrae nog verskuldig. Bowendien verskyn op die bygaande brief met die intekeningsvorm daarop van nou-af 'n rooi handgeskrewe "asseblief", om aan te dui dat ons graag u herintekening met 'n bydrae daarvoor wil ontvang.

GRATIS EKSEMPLARE

Vanaf die verskyning van die eerste uitgawe van ons blad, Maart 1997, het ons eksemplare gratis versprei aan byvoorbeeld die meeste kerkrade van die Gereformeerde Kerke en ander teikenadresse vir kennisname en bekendstelling. Ons gaan nog daarmee voort tot aan die einde van hierdie jaargang. Dié bevoorregtes wat die blad tot nou toe verniet ontvang het, asook diegene wat nie hulle aanvanklike intekening hernu het nie, sal nou moet oorweeg om in te teken vir hierdie en/of die volgende jaargang, vóór die einde van die jaar.

Vanaf Januarie 2000 gaan ons die blad, normaalweg, slegs aan die intekenaars voorsien. Dit bly onderhewig aan die reël dat, indien daar persone is wat die blad graag wil ontvang en dit nie kan bekostig nie, daaroor met ons kan gesels. Met die oog daarop is ons baie toegeeflik. Dit sal waardeer word om in die verband ook van dié kerkrade wat nie op ons blad ingeteken het nie, te verneem of hulle dit asnog al dan nie wil ontvang. ®