Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

KERKLIKE JOERNAAL

 

VOORMALIGE LERAAR VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN STRYD MET DIE WAARHEID EN DIE GESAG VAN DIE HEILIGE SKRIF

Ontstellende feit oor dr Willem de Klerk se betwyfeling van die Skrifgefundeerde geloof

In 'n verslag op versoek van die GTV Pretoria en die Redaksie van Die Kerkblad, lewer dr Klasie Heystek in 'n uitgawe van DIE KERKBLAD (2 Junie 1999, bl 16 en 17) 'n oorsigtelike opsomming van dr WJ de Klerk se omstrede Skrifbeskouing wat hy tydens 'n vergadering van die GTV, in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Sunnyside op Maandag 8 Februarie 1999, na aanleiding van sy boek "Die vreemde God en sy mense" vir 'n gehoor van nagenoeg 140 belangstellendes uitgespreek het.

Sy uitgesproke betwyfeling van die Skrifgesag is te meer ontstellend omdat die verslag vermeld dat groot "waardering" vir hom en sy sienings betuig word en dat 'n "klein groepie gelowiges wat in Johannesburg oor die sake begin gesels het, tot 'n aansienlike groep aangegroei het".

Dit wys soos 'n kankergeswel, wat as dit nie spoedig operatief verwyder word nie, deur die hele gestel versprei en die dood van 'n pasiënt veroorsaak.

Voordat hy as leraar in verskeie gemeentes van die GKSA gedien het, het hy belowe en onderteken om niks te leer of te skrywe, hetsy openlik of in die geheim, direk of indirek, wat in stryd is met die artikels en stukke van die leer wat in die Formuliere van Eenheid vervat is nie.

Kernpunte in die geding volgens De Klerk

Dr De Klerk oordeel dat ongeveer 60% lidmate kerklik afsydig geraak het. Hulle is onbetrokke, apaties en word steeds meer en meer van die kerk vervreem. Die rede? Die tradisies, gebruike, maar veral die belydenisse en standpunte van die kerk het ongeloofwaardig geword. Daar is duisende mense wat met ons eietydse vraagstukke worstel, maar nie deur die kerk gehoor of geantwoord word nie.

Dat die sake wat dr De Klerk noem, nie as speletjies of fiksie afgemaak kan word nie, blyk daaruit dat sy boek, Die vreemde God en sy mense, tans sy vyfde vermeerderde druk beleef in 'n baie kort tydperk. Dr De Klerk ontvang ook talle uitnodigings deur verskillende organisasies om met hulle oor sy sieninge te kom praat. Groot waardering word betuig. 'n Klein groepie gelowiges wat in Johannesburg oor die sake begin gesels het, het aangegroei tot 'n aansienlike groep. Naas waardering ontvang hy egter gereeld ook felle kritiek.

Dr de Klerk is van mening dat die volgende sake in heroorweging geneem moet word:

Tereg vra dr Heystek: "Waar vind die (post) moderne mens die antwoorde waarna hy soek? Vind ons dit in uitgesifte 'betroubare interpretasies' oor God en sy wil in die Bybel en ander godsdienstige geskrifte? Vind ons dit in die teenswoordige kultuur, eietydse denkpatrone, wetenskaplike navorsing en resultate? Moet ons dit vind in ons 'aanvoeling' van wat reg en verkeerd is? Moet ons ruimte skep vir relatiewe denke en leefwyses omdat ons voor talle 'misteries' staan? Moet ons aanvaar dat ons 'nie meer weet nie', nooit meer sal weet nie? Lê die oplossing in kompromieë en vindingryke harmoniseringe van teensprekende standpunte?"

Die regte antwoord is, soos dr Heystek later sê: "Wanneer ons die Bybel lees, moet ons dit nie verstaan soos ons wil nie, maar soos die Heilige Gees ons lei volgens die bedoeling van die Skrif."

Dr De Klerk het hom uitgesproke geskaar aan die kant van die Skrifkritiek, wat hy tans huldig. Hoewel hy lankal, volgens art 12 KO, tot 'n "ander staat van die lewe" oorgegaan het, staan hy nogtans onder die leer- en regeergesag, onder die amptelike bediening van die kerklike tug van die kerkraad van dié gemeente waarvan hy tans 'n ingeskrewe lidmaat is. Die verwaarlosing van die kerklike tug lei, soos 'n kankergeswel in 'n siek liggaam, tot die hierbo genoemde aangroeiing van 'n klein groepie tot 'n aansienlike groep.

Om die openlike verkondiging van die Skrifkritiek, die relativering en betwyfeling van die waarheid van die Woord van God binne kerkverband op sy beloop te laat, is in stryd met die wil van die Here wat ywer vir die heiligheid van sy Naam. "Ons glo ... dat die regeerders van die kerk, al is dit nuttig en goed om onder mekaar 'n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het nie. ... Daarvoor is nodig die ban en alles wat daarmee saamhang, toegepas ooreenkomstig die Woord van God (NGB, art 32).