Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

KOMMENTAAR

"DIE ETIEK VAN POLEMIEK"

Prof Koos Vorster se antwoord in die gedrang

Die antwoord van prof Koos Vorster op ons brief, in DIE KERKBLAD van 5 Mei 1999, oor "Die basiese waarheid", en "die toetssteen vir die publisering van kritiek" en die gevolglike betwisting van die polemiek in ons blad, bring ons 'n stap nader tot die kern van die probleem tussen ons en hom.

1. "Die redaksie van DIE KERKPAD stel in 'n uitgawe onomwonde dat hulle bepaalde besluite van die Sinode nie aanvaar nie. ... Die standpunte van sekere professore waarteen die redakteur onder andere geskryf het, is op hierdie besluite gefundeer. Verskille hieroor moet op meerdere vergaderings uitgemaak word en nie deur polemiek in 'n tydskrif nie", aldus prof Vorster.

Beteken dit dat daar geen diskussie oor sinodebesluite gevoer mag word nie? Staan hulle gelyk aan die Rooms-Katolieke "Roma locuta, causa finita", die "ex cathedra" binding aan pouslike besluite? Hierteenoor verwerp ons in die redaksie van ons blad - skriftuurlik-kerkordelik - "alle menslike versinsels en alle wette wat mense sou wil invoer om God te dien en om, op watter manier ook al, die gewetens daardeur te bind en te dwing" (NGB, art 32) en staan ons vas by die beginsel van die (Dordtse) kerkorde (art 31): "Wat op 'n kerklike vergade-ring met meerderheid van stemme besluit is, moet as vas en bindend beskou word tensy bewys word dat dit in stryd is met Gods Woord of die artikels van die Kerkorde" (my kursivering P vd K). Daarvolgens word oor die onderlinge verskilpunte asook oor kerklike besluite gepolemiseer.

Soos prof Vorster dit tydens 'n samespreking vermeld het, verskil hy oor die hantering van dié tensy. Volgens hom hanteer die redakteur van DIE KERKPAD dit volgens die "vrygemaaktes" (Gereformeerde Kerken in Nederland) se interpretasie, ten opsigte waarvan hy verskil. Lidmate van die kerk(e) is volgens hom gebind aan besluite totdat dit deur 'n meerdere vergadering van die kerke gewysig is. Daarenteen beskou die redaksie van ons blad sy sienswyse, afhangende van die bewyslewering oor 'n betrokke saak, as 'n bo-skriftuurlike binding. Indien 'n besluit dus nie kan aanvaar word nie, moet die saak geargumenteer en die bewys daarvan - skriftuurlik-kerkordelik - gelewer word. Dit hang in so 'n geval nie af van die besluite van meerdere vergaderings nie, of al dan nie daaraan gebind moet word. Christus is die Koning van sy kerk wat Hy regeer deur sy Woord en Gees. Dus is enige besluit van kerklike vergaderings ten slotte onderhewig aan die onderwerping aan sy geopenbaarde wil. As dit nie daarmee ooreenstem nie, en as dit aangetoon is, dan hoef/behoort 'n kerklike besluit nie as vas en bindend te beskou word nie.

Die standpunte van sekere professore waaroor kerkordelike besware gedien het en waaroor ons skryf, is dié oor die kerk-like perspektief aangaande "menseregte" (vgl artikel op bl 22) en dié oor die voorgaan in 'n veelvormige, multi-religieuse ge-bedsdiens by 'n vergadering van KODESA II op 15 Mei 1992 (prof Koos Vorster) en dié van 'n kerklike skuldbelydenis oor die voormalige beleid van afsonderlike ontwikkeling (prof Amie van Wyk). Hierdie besware is juis volgens "die kerklike weg" gehanteer en pas later in ons blad gemotiveerd gepolemiseer.

2. "Van ons professore het by verskeie geleenthede gepoog om by wyse van 'n brief in DIE KERKPAD valse voorstellings van standpunte van professore en gebeure by die Teologiese Skool wat in DIE KERKPAD gepubliseer is, reg te stel", sê prof Vorster verder. Betref dit ook dié van die "Praxis Pietatis - 'n Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente", wat in ons blad (Januarie 1999, bl 11) krities bespreek is? Dit is in DIE KERKBLAD (10 Februarie 1999, bl 8 en 9) sonder meer as "verdagmaking" en "afgemaak as charismaties" getipeer. Dit is tot op hede nie gemotiveerd verantwoord nie. Dan volg weer die stereotipe aanklag: "Die antwoord wat die redaksie van DIE KERKPAD aan ons gegee het, is: Ons stel nie standpunte van andersdenkendes nie". Dit is subjektief geïnterpreteer. Ons redaksionele standpunt is as volg gestel (uitgawe Augustus 1998, bl 17): "Uiteraard dien ons blad nie as 'n geleentheid vir andersdenkendes om hul opvattings te propageer nie. Dus word" - die onderhawige saak waaroor gedisputeer word - "beskryf en gelyktydig gepolemiseer". Is die aantyging: "Daar word aan ons geen ruimte gegee om foutiewe en eensydige beriggewing reg te stel nie", met die inagneming hiervan, darem eerlik en geregverdig?

3. Prof Vorster vervolg sy antwoord deur te verwys dat hulle "as professore ernstig gepoog het om 'n broederlike gesprek met die redaksie van DIE KERKPAD gereël te kry. Sy redaksie het laat weet dat hulle onder 'onpartydige' voorsitterskap van hulle eie keuse 'n gesprek met die dagbestuur van die kuratore van die TSP sal voer op die voorwaarde dat die professore nie by die gesprek is nie. Weer eens is ons die geleentheid ontneem om onsself teen beskuldigings van vrysinnigheid te verweer".

Terloops kan genoem word dat die beweerde "beskuldigings van vrysinnigheid" nooit deur ons geuiter is nie. Voorts is dit skeefgetrek om só te verwys - maar dit laat wel die aap uit die mou - na die aandrang van die kuratore dat ons redaksie met hulle in gesprek moes tree, wat aanvanklik van ons kant gemotiveerd geweier is. Op 'n latere stadium is egter deur ons aangebied om 'n vergadering te belê, onder die leiding van 'n onafhanklike voorsitter, waaroor gesamentlik besluit kon word, "om 'n gesprek te voer oor wat deur hulle as nood-saaklik beskou word, terwille van die Teologiese Skool en die professore daaraan verbonde" (DIE KERKPAD, Maart 1999, bl 19). Nou blyk dit dat eintlik bedoel was om die professore die geleentheid te verskaf om (in die aanwesigheid van die kuratore?), húlle griewe met ons redaksiekommissie te bespreek.

Vir die lesers se inligting, die volgende uit die korrespondensie wat voorafgegaan het aan die gesprek met die kuratore, wat op 22 Maart 1999 plaasgevind het (vgl DIE KERKPAD, Mei 1999, bl 1 en 23). Gedateer 27 Februarie 1999 is aan die Registrateur van die Teologiese Skool onder andere geskryf:  "1. Die versoek dien van die kant van die kuratore. Met die oog daarop het ons voorgestel om 'n deputasie van die Kuratorium en sy Breë Dagbestuur te ontvang om, onder die leiding van 'n onafhanklike voorsitter, 'n vergadering te belê, waartydens die geskille ten aansien van die redaksie van ons blad en dalk an-der, beraadslaag kan word. Weens die sensitiwiteit daarvan is ons nie bereid om dié gesprek onder die leiding van die Dagbestuur van die Kuratorium en sy voorsitter te voer nie". Telefonies is aan die Registrateur, mev A du Toit, deur die Redaksiekommissie dr Jan Visser as onafhanklike voorsitter voorgestel, waarby die geleentheid gegun is vir 'n alternatiewe voorstel van die kuratore se kant. Die leiding van dr Jan Visser is vooraf die vergadering ook deur laasgenoemdes aanvaar.

"2. Ten aansien van die Kuratorium se verteenwoordiging is dit ... nie aanvaarbaar dat die professore A le R du Plooy en JH van Wyk daarby genoem is nie. Ons beskou die kuratore as predikante wat deur die kerke se meerdere vergaderings benoem is om toesig uit te oefen oor die teologiese skool en die onderwys wat daar gelewer word. Daarenteen vervul professore 'n funksie van dienslewering. Bowendien is prof Van Wyk sterk omstrede in ons blad." Dit gaan (let wel!) oor "die etiek van polemiek", waarop prof Vorster aldus respondeer. ®