Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

MEDIESE ETIEK

 

DIE SIMPOSIUM OOR KREMASIE:  31 JULIE 1999

DR MC DURAND

Kremasie is aan die toeneem in ons land. Meer as dit: kremasie is aan die toeneem onder ons volk. Kerke wat tradisioneel nie kremasies voorgestaan het nie, gee nou daaraan toe. As gelowiges, in die besonder as gereformeerdes, is ons geroepe om hierdie saak te kan beoordeel.

Tydens die bogenoemde simposium gaan nege sprekers voordragte oor die verskeie aspekte van kremasies lewer.

Die volgende onderwerpe gaan bespreek word:

Die geskiedenis van kremasie en begrawing: Dit is interessant om te weet dat kremasie tot verlede eeu 'n seldsame gebruik in die Weste was. Kremasie het van buite ons kultuur na ons gekom. Dit is goed om gebruike in hul kontekste te beoordeel. Net so belangrik is dit om kremasie in die konteks van sy oorsprong te beoordeel. Daar is sekere volke wat hul dooies gekremeer het, net soos daar sekere volke is wat dit nie gedoen het nie. So was dit byvoorbeeld 'n ge-bruik by die Romeine. Die Boeddhiste verbrand ook hulle oorledenes. Dit is onmoontlik om die gewoonte van kremasie by hierdie volke te skei van hul fundamentele lewens- en wêreldbeskouings.

Die redes vir kremasie: Kremasie word nooit sonder rede aangevra nie. Alhoewel talle mense voel dat die dooie liggaam 'n neutrale saak is, het elkeen 'n rede waarom hy die een of die ander verkies. Daar is goeie redes waarom kre-masies gedoen word. Redes wat dikwels gebruik word is: Die onkoste van begrafnis, die huidige onveiligheid van begraafplase, die beskikbaarheid van grond, ensovoorts. Dit is belangrik om goed na hierdie redes te luister. As gelowiges moet ons in die lig van die Woord van God die probleme rondom dié saak oplos.

Stadsbeplanning in verband met die begraafplaas en die herdenkingsmuur: Dit is belangrik om die wetgewing oor die graf en die herdenkingsmuur te hoor. Deel van die oplossing van die probleme rondom begraafplase is moontlik om eie begraafplase te begin. Indien so iets oorweeg word is dit noodsaaklik om die wetgewing hieroor te verneem. Dit sal ook interessant wees om te weet van die onderskeie wetgewings wat 'n stadsraad se voorskrifte en bywette oor 'n begraafplaas behels.

Geregtelike geneeskunde: Hierdie voordrag beantwoord die vraag in watter mate kremasie die saak van die gereg beïnvloed. Indien 'n oorledene begrawe word, sal 'n groot hoeveelheid inligting beskikbaar bly vir jare ná die begrawing. So lewer die mummies, wat duisende jare gelede begrawe of in grafkelders gebêre is, steeds merkwaardige inligting. Dit is vandag moontlik om navorsing te doen en vas te stel, byvoorbeeld aan watter siektes sekere faraos gely het. In die geval van kremasie is dit nie moontlik nie. Tydens 'n kremasie word die meeste inligting oor die werklike of waarskynlike oorsaak van die afsterwe van 'n persoon vernietig. Daar was al verskeie regsake wat vanweë 'n kremasie nie opgelos kon word nie.

Filosofiese benadering van ons tyd, naamlik die pragmatisme, die utilisme en die egoïsme: In die gesprek rondom meeste sake, kremasie ingesluit, is dit belangrik om te weet wat die onderliggende beweegredes van mense vandag is. Die handeling van 'n persoon is dikwels maar net 'n simptoom van die onderliggende vrese en behoeftes. Derhalwe sal 'n antwoord wat beperk is tot simptome onvoldoende wees, tensy nie ook gelet word op die onderliggende filosofiese benaderings nie.

Die veranderde betekenis van die graf in die Westerse Beskawing: Die huidige toename van kremasie in ons beskawing, kan nie van die verandering van die bete-kenis van die grafte in ons beskawing los gemaak word nie. 'n Bevolking wie se siening oor sy geskiedenis en oor sy toekoms verander, se siening oor begrafnis of kremasie sal ook verander. Die fisiese impak van die graf is ook 'n belangrike onderwerp wat tydens hierdie aspek bespreek gaan word.

Die Skrifbeskouing oor neutraliteit, reg en verkeerd: Dikwels word die liggaam van 'n oorledene as 'n neutrale saak beskou. Daarom is dit goed om na die basiese beginsels (dit wil sê, in die lig van God se Woord) na die sodanige neutraliteit te kyk.

Die Skrif oor begrawing en lykverbranding: Met hierdie voordrag word daar gekyk na wat die Skrif oor die dooie liggaam leer. Die Skrif leer ons van die straf en die verlossing van die gestorwene se liggaam. Die saak van die dooie liggaam is geen neutrale saak nie. Daarom is die hantering van die dooie liggaam, hetsy begrawing of verbranding, nie 'n saak wat buite die Christelike lewensoortuiging en moraliteit omgaan nie.