Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

OPVOEDING EN ONDERWYS

RELIGIEUSE ONDERRIG IN KURRIKULUM 2005

Verslag oor die Religieuse Onderrigseminaar te UNISA

(Roeping en Riglyne (VCHO)  -  April 1999, bl 3,4  -

Dr Irmhild Horn

Op Saterdag, 20 Februarie 1999, het ek en drie ander VCHO-lede 'n seminaar te UNISA bygewoon wat gehandel het oor die verslag van die ministeriële komitee oor religieuse onderrig. Die verslag wat heet: "Religion on Curriculum 2005: Report of the ministerial committee on religious education", is in Januarie vrygestel. Die hoofspreker by die seminaar was mnr Paul Faller wat aan die "Catholic Institute for Education" verbonde.is en een van die vyf lede van die ministeriële komitee was.

Mnr Faller het verduidelik dat die verslag en die opsies vir religieuse onderrig wat daarin vervat word, opgestel is binne die wetsraamwerk van 'n Skolewet van 1996 asook binne 'n raamwerk van rigtinggewende beginsels (directive principles) wat opgeteken is in hoofstuk 11 van die verslag. Dié beginsels spruit voort vanuit die waardes waarin Kurrikulum 2005 begrond is.

Alle religieuse onderrig in staatskole sal binne die raamwerk van dié beginsels moet geskied. Onder die rigtinggewende beginsels is die volgende kommerwekkend vir Christene:

Die verslag stel die volgende opsies voor vir grade 1 tot 9:

Opsie 1: Slegs die leerareas van Kur-rikulum 2005 word onderrig. Religie word slegs na verwys indien die uitkomste hulself daartoe leen.

Opsie 2: Slegs die leerareas van kurrikulum 2005 word onderrig, maar religie word in elke leerprogram / tema ingelyf.

Opsie 3:  Opsie 1 plus religieuse onderrig wat in fleksietyd aangebied word en waar die leerders kies tussen óf mulitreligieuse onderrig (waar al die religieë 'neutraal' behandel word) óf onderrig in die religie van sy / haar keuse. Laasgenoemde mag egter volgens bostaande rigtinggewende beginsels nie bekeringswerk ("nurturing") wees nie.

Opsie 4:  Opsie 2 plus religieuse onderrig wat in fleksietyd aangebied word soos in Opsie 3.

Op die oog af lyk opsies 3 en 4 bemoedigend vir Christene. Dit is egter nie so eenvoudig nie.

Na dié seminaar dink ek persoonlik dat daar min, dalk selfs geen ruimte in staatskole gaan wees vir die ware Evangelie nie.

Die seminaar het die volgende duidelik gemaak:

Ek het die seminaarsaal verlaat met 'n gevoel van pessimisme vir die toekoms van die Christene in Suid-Afrika. Tye gaan moeilik word vir ons as Christene, maar ons moet die stryd om die eer van die Drie-enige God nogtans met blymoedigheid aanpak. Ons betree nou 'n tyd wat ten diepste gaan om gehoorsaamheid aan die wil van God óf gehoorsaamheid aan die wil van die wêreld.