Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Die Verkiesingsuitslag...Wat nou?

AKTUEEL: "Geloofsverklaring 2000"

SKRIFOORDENKING: "Vir elke goeie werk volkome toegerus" - 2 Tim 3: 16,17

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (4)

Forum: "Die Bybel is se onfeilbare Woord"

Afgodery net die Woord?

Die Psalmberymings- aangeleentheid

Hervormdes bekyk ook Kindernagmaal

Dr PW Bingle se standpunt oor die aanvaarding van geld uit 'n staatslotery

Wat is en bely die Evangelies Gereformeerde Kerk?

BOEKBESPREKING:  Kerkorde in Praktyk -Outeur Dr J Visser

Teen-Skriftuurlike MultiReligieuse Gebedsdiens

Prof Dr Klaas Schilder se kultuurbeskouing

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

Die Boere-Afrikaner se weg vorentoe

KERKLIKE JOERNAAL: 
Flagrante Skrifkritiek
Protes teen twyfel en Skrifkritiek
Oud-Predikant in stryd met die Waarheid van  Bybel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Religieuse onderrig in Kurrikulum 2005
Die Antitese in Amerikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Vryheid, Gelykheid, Broederskap

PERSRUBRIEK: 
Dieper Wortels

Kerk in Krisis

KOMMENTAAR: 
"Die Etiek van Polimiek"
Die saak van "menseregte" in kerkregtelike perspektief
Nogmaals Prof Amie van Wyk

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (7)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Simposium oor Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

Persrubriek

KERK IN 'N KRISIS

Prof H van der Wateren skryf onder hierdie hofie in
BYBEL EN VOLK

(Desember 1998, bl 24 en 25)

Die sinode van die NG Kerk het merkwaardige sake opgelewer.

Die Belhar Belydenis was al etlike kere ter sprake rondom 'n soge-naamde kerkeenheid. Toe die poging om dit as vierde belydenis vanjaar misluk het, het die eenheidsdrywers 'n nuwe wending aan die saak gegee: Eenheid met of sonder die Belydenis.

Met biegformules oor die wrede apartheid is daar tog 'n stappie gevorder op die pad na 'n eenheidskerk. Of daardie manne lidmate in eie geledere vervreem, maak blykbaar nie saak nie.

'n Tweede kwessie wat verreikende gevolge gaan hê, is die besluit dat kinders ook nagmaal kan gebruik. Dit lyk nie asof hierdie besluit na deeglike Skrifstudie geneem is nie. Nog minder getuig dit van die onderhouding van die Belydenis - die Drie Formuliere van Eenheid.

In werklikheid word met hierdie besluit 'n streep getrek deur groot dele van die Belydenis. En so het die NG Kerk nie alleen sy lidmate onder gewetensdwang geplaas nie, maar neem die sinode duidelik standpunt in teen die ander Belydeniskerke.

Is dit werklik moontlik dat een sinode besluite kan neem wat een-heid en skeuring wil bevorder? Wat meer is, die NG Kerk beweeg hom hiermee op die glybaan van die sektes. Die meeste sektes ontspring uit die kwessie van klein- of grootdoop. Met die sogenaamde groot doop word die eerste sakrament aan belydenis-volwassenheid verbind. Nou het die NG Kerk die tweede sakrament aan Belydenis onvolwassenheid verbind.

Waarmee gaan die "mondige" mens van ons tyd nog speel om die Here te terg? Ons het al dikwels geskryf dat ons 'n reformasie nodig het.

Met sulke sinodebesluite word dit 'n dringende appèl. En as dit dan lei tot nuwe kerkskeure, moet een saak duidelik in gedagte gehou word:

Kerkskeuring ontspring nie in menslike strukture nie, maar dit begin waar daar van die Woord afgedwaal word. Dan is skeuring nie alleen wenslik nie, maar noodsaaklik.

Terug na die Woord en

die Belydenis!

Mag ons die dringendheid hiervan besef en daarvolgens handel.