|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 2 Maart 2000
DIE PARLEMENT VAN WêRELDGODSDIENSTE
TE KAAPSTAD, 1 TOT 8 DESEMBER 1999
'n Ingrypende (af-)godsdienstige byeenkoms is in Kaapstad tussen 1 en 8 Desember gehou - "An event that will move the planetary community forward", volgens Afrika Msimang, mede-direkteur van die Suid-Afrikaanse tak van die PWR (Parliament of World Religions).
Gedurende agt dae het oor die 7 000 genooides en afgevaardigdes, Hindoe's, Bahaï's, Mormone, Chris-tene en heidene van oraloor bymekaargekom. Hulle het saamgespreek, drukkies gedeel, hulle het gebid, hulle het gemediteer en hulle het Moeder Aarde en haar geeste aangeroep ...
Meer as 'n honderd items is per dag aangebied: Intergeloofsaanbiddings, lesings, sirkeldanse en dromspele. Madiba en die Dahai Lama was daar; so ook The Supreme Master Ching Hai, wat haar duisende aanhangers verseker het: "I am God and you can be God too" ...
Drie videokameramanne wat Jesus Christus as die Here bely was daar om 'n reportage-opname te maak vir voorligting aan Skrifgetroue kerke en Christengelowiges, vir kennisname van die godsonterende praktyk van multi-religieuse aanbidding.
Die resultaat van dié opnames word tans geredigeer en daaruit sal DV 'n aantal videos gereproduseer word.
Indien uself, u gemeente of 'n organisasie wat u verteenwoordig, belangstel om kennis te neem van die afgodiese tendense wat by die PWR na vore gekom het, skakel met mnr Sarel van der Merwe by telefoon (011) 472 6964 of 082 689 7603.
U sal ingelig word oor die moontlike onderwerpe wat gedek gaan word, beskikbare video's en fisiese voorligting wat verskaf kan word.