Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gesag en Bevoegdheid

AKTUEEL:
Relativering van die getroue Woordverkondiging in die eredienste

SKRIFOORDENKING:
Bid in die Gees by elke geleentheid
Ef 6:17-19

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (2)

Die Eerste Gebod

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Parlement van Wêreldgodsdienste

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Waarheen "Geloofsverklaring 2000"?

Kultuur, Openbaring en Toekomsverwagting

Samelewingsverbande

Vraagtekens en Uitroeptekens

WOORD EN WETENSKAP:
Aan die begin was daar inligting

KERKLIKE JOERNAAL: 
Verslag: GKSA Sinode 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Reformatories-formatoriese roeping
"Lesidi la Ditshaba Christian School" in Soshanguve
Christelike vakonderrig in geskiedenis

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (4)

PERSRUBRIEK: 
Liturgie

Religieuse Pluralisme
Koerantbriewe

KOMMENTAAR: 
Die totale breuk met die verlede:  Waar laat dit die Afrikaner?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die sesde gebod en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 2  Maart 2000

 

STAAN ONS NOG BY DIE BEGINSELS VAN DORDT EN DIé VAN DIE STIGTING VAN DIE GEREFORMEERDE KERK ONDER DIE SERINGBOOM TE RUSTENBURG?

Vanwaar die aandrang vir die sing van gesange in die erediens?

- KOPIE ONTVANG VAN 'N INTEKENAAR/LESER VAN ONS BLAD

(Slotaflewering)
(Vorige aflewering)

ENKELE KONKLUSIES

In die vorige aflewerings is die aandag gevestig op die historiese stryd rondom die invoering van die vrye liedere in die Gereformeerde Kerke in Nederland, asook in ons land.

Dit het elke keer gegaan oor die invoering van wat ons verstaan onder Skrifberymings, al dan nie. Die ander liedere was nie ter sake nie en is deurgaans teengestaan vir die gebruik in die liturgie van die kerkdienste. Ons beëindig die navorsing van ds LS Kruger met 'n deel van die konklusies wat hy daaruit getrek het.

(1) Die Gereformeerde kerkregtelike beginsel is deur die Sinode van Dordrecht, 1578, en Middelburg, 1581), vasgestel: "De Psalms Davids alleen sullen in de kerken gesongen worden". Dit sien op die 150 Psalms.

(2) Vanweë die owerheid moes die kerke in Nederland ietwat toegee aan hierdie beginsel: (i) Die Staatswet van 1583 eis dat naas die 150 Psalms "die thien geboden, ende Lofzangen Zacharia, Maria ende Simeons, het geloove (= Twaalf Artikels) ende Vader onse (= Onse Vader) ook gesing moet word. (ii) Hoewel die Sinode van 's Gravenhage, 1581, nog die besluit van Middelburg, 1581, gehandhaaf het, moes die Sinodes van 's Gravenhage, 1591, en Dordrecht, 1618/1619, toegee aan die druk van die owerheid en bogenoemde berymings ook opneem in die kerksang. (iii) Vanweë die gebruik van nog ander gesange in sekere kerke (sien besluit van Sinode Utrecht, 1612, op bl 2) laat die Sinode van Dordrecht 1618/1619 die gesang "o God wat ons Vader is" oor aan die vryheid van die predikante. Hiervan sê prof Biesterveld in "Gereformeerd Kerkboek" dat dit: "is een koncessie aan de praktyk, die beter niet ware gedaan, omdat later de voorstanders van gezangen zich hieraan hebben vastge-klemd om uitbreiding van het aantal goed te heeten". Vergelyk nou hiermee die voorstel van die voorstanders van die Skrifberymings dat die gebruik daarvan aan die vryheid van die kerke oorgelaat moet word! (Sinodes 1939, 1942).

(3) Die Sinode van Dordrecht 1618/1619 het egter nie die beginsel vasgelê dat die kerksang buite die Psalms om ook geregverdig is nie. Hulle besluit lui duidelik: "Alle andere gezangen zal men uit de Kerken weeren, en daar eenige alreeds ingevoert zijn, zal men dezelve met de gevoegelijkste middelen afstellen". Wie sou beweer dat die Sinode dit gehad het oor gesange waarvan die teks nie in die Bybel voorkom nie, het dit histories verkeerd. Die Sinode van Utrecht, 1612, het dit beslis gehad oor berymde Skrifgedeeltes.

(4) In Nederland was dit nie die kerke nie, maar die owerheid wat die finale seggenskap in die kerkgesang gehad het. Selfs die beryming van 1773 het in opdrag en inisiatief van die owerheid die lig gesien. Tereg merk ds Barger op in "Ons Kerkboek" (bl 49): "Zij is een staatskreatuur, op volstrekt kerkelijk-onwettige wijze ingevoerd en bovendien voor een goed deel van Remonstrantsche oorsprong".

(5) Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het voortgebou op die konsessie wat Dordrecht gemaak het ten opsigte van enige gesange. Van die beginsel dat slegs die Psalms gesing moet word is verder afgewyk toe die kompromis-voorstel van ds Postma (gesange waarvan die teks in die Bybel voorkom) die latere beginsel geword het wat as maatstaf moes dien. Vergelyk hierdie uitspraak van die Sinode van 1939 teen die beswaar van die kerkraad van Waterberg, naamlik "dat die uitbreiding tog nooit verder as alleen die Heilige Skrif kan gaan nie".

(6) Die Gereformeerde Sinodes in Suid-Afrika het hulle nog nooit prinsipieel besin of die invoering van die berymings te regverdig is in die lig van die Woord van God en in ooreenstemming met die Gereformeerde kerkregtelike beginsels is nie.

Die Sinode van 1933 het wel sodanige opdrag aan die Psalmberymingsdeputate gegee.maar daarvan het niks tereg gekom nie. Waterberg se beswaar as sou die Sinode van Dordrecht 1618/1619 enkele gesange naas die Psalms by wyse van toegewing (konsessie) aan druk van buite toegelaat het, is sonder meer deur die Sinode van 1939 afgemaak met die opmerking dat dit "hou nie stand nie". Die kerkraad van Lusaka se versoek: "Die Eerwaarde Sinode bespreek of die invoer van gesange in die erediens na God se Woord is te regverdig; of die invoer daarvan geen degradasie van die Gereformeerde bewussyn sal meebring in die Kerk nie en of die vrylating van ieder gemeente om gesange in te voer nie alreeds 'n voldonge afwyking is nie" (soos gestel aan die Sinode van 1936) wag nog steeds op 'n prinsipieel-georiënteerde antwoord. So ook die beswaarskrif van die kerkraad van Theunissen wat aan dieselfde Sinode gerig is: of die invoering van die gesange nie in stryd is met art 69 van die kerkorde en die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk insake gesange nie. Op laasgenoemde het die Sinode van 1939 die historiese onjuiste antwoord gegee as sou die kerkstryd oor die kerkgesang slegs gerig gewees het teen die vrye liedere en nie die berymde gedeeltes nie. Dit is histories onjuis omdat baie gesange wel berymde Skrifgedeeltes was en dit tog nie deur die Gereformeerde Kerk ná die afskeiding van 1859 aanvaar is nie.

Die Heilige Gees het in die inspirasie van die Woord die Psalmbundel as lied vir die gelowiges daargestel. Wie die Psalmboek in die Bybel nagaan, vind dat die inhoud daarvan die hele Bybel omspan - van Genesis af tot by Openbaring. Al kom die naam van Christus nie direk in die Psalms voor nie, sien dit tog op Hom. En die Heilige Gees weet wat die diepste sin, inhoud en betekenis van die Psalms is. Al kan ons nie altyd die diepere sin van 'n Psalm bepaal nie, doen Hy dit (sien Rom 8: 26). Dit is dan ook opmerklik dat die Heilige gees in die inspirasie van die Nuwe Testament nie 'n liederebundel daargestel het nie.

Deur nou 'n Nuwe Testamentiese liederebundel te wil daarstel, sien daarop dat die Kerk die werk van die Heilige Gees in hierdie verband wil aanvul. Menslike willekeur (en dit is sonde teen die tweede gebod) was dan ook by die daar-stelling van die Skrifberymings die maatstaf en die beslissing oor wat berym sal word en wat nie.

(Studiestuk van LS Kruger)