Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gesag en Bevoegdheid

AKTUEEL:
Relativering van die getroue Woordverkondiging in die eredienste

SKRIFOORDENKING:
Bid in die Gees by elke geleentheid
Ef 6:17-19

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (2)

Die Eerste Gebod

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Parlement van Wêreldgodsdienste

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Waarheen "Geloofsverklaring 2000"?

Kultuur, Openbaring en Toekomsverwagting

Samelewingsverbande

Vraagtekens en Uitroeptekens

WOORD EN WETENSKAP:
Aan die begin was daar inligting

KERKLIKE JOERNAAL: 
Verslag: GKSA Sinode 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Reformatories-formatoriese roeping
"Lesidi la Ditshaba Christian School" in Soshanguve
Christelike vakonderrig in geskiedenis

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (4)

PERSRUBRIEK: 
Liturgie

Religieuse Pluralisme
Koerantbriewe

KOMMENTAAR: 
Die totale breuk met die verlede:  Waar laat dit die Afrikaner?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die sesde gebod en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 2  Maart 2000

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

WARE BETEKENIS VAN DIE CALVINISME

P VAN DER KOOI

CALVINISME IS SINONIEM AAN GEREFORMEERD-WEES VIR DIE WETENSKAP EN DIE PRAKTYK VAN DIE LEWE

(Vorige aflewering)

ABRAHAM KUYPER (4)

In die vorige aflewerings is dr Abraham Kuyper se standpunte en optrede in die Nederlandse politiek behandel. As geesgenoot van Groen van Prinsterer het hy die gevierde leier van die Anti-Revolutionaire Partij geword. Ons wil nou iets oor sy bydrae vir die ontwikkeling van die Calvinisme as wetenskap, die oprigting van die VU behandel.

Vóórdat Kuyper hom voltyds aan die praktiese politiek gewy het as verteenwoordiger in die Nederlandse Volksraad en later as Eerste Minister, het hy saam met geesverwante geywer vir die vrymaking van die onderwys van die staat. Daarmee het hy geloop op die voetspore van sy voorganger, Groen van Prinsterer, wat dit as een van die hoofmerke van sy strewe beskou het. Die "vrye skool" dateer dan ook vanaf die tyd van hul beide se openbare optrede. Vóór dié tyd was die onderwys in Nederland 'n saak van die owerheid, plaaslik meestal deur die kerke bestuur. As sodanig het dié onderwys oorspronklik wel 'n godsdienstige karakter vertoon. Ná die skeiding tussen staat en kerk as gevolg van die verandering in die staatsbestel as gevolg van die Franse Rewolusie, is die onderwys nog steeds georganiseer en opgedwing deur die staat, maar gestroop van die invloed van die kerk en sy godsdienstige karakter. Sodoende het, tesame met die insinking van die Gereformeerde geloof in die Nederlandse Hervormde Kerk, die praktyk van die onderwys gaandeweg beïnvloed deur die onderstromings en teorieë van die liberalisme, godsdienstige modernisme, humanistiese sosialisme en die opkomende kommunisme. Hierdie regeringsbeleid het ook gevolge vir die tersiêre onderwys gehad. Die stryd vir die vrymaking van die onderwys was dus van betrekking op alle vlakke . Dit het op sy beurt bygedra tot die politieke mobilisasie van die "kleine luyden". Ten opsigte hiervan het dr Abraham Kuyper hom as die geniale leier bewys.

Eerder is in hierdie reeks reeds verwys na die onderwys in die algemeen, daarom wil ons nou die aandag veral vestig op die saak van die stigting van die Vrye Universiteit, wat 'n besondere hoogtepunt in die geskiedenis van die Calvinisme geword het.

Rusteloos het Kuyper die gedagte beveg dat die geloof slegs vir die binnekamer en die geestelike arbeid van die kerklike ampsdraers beperk is en die terreine van die praktiese bestaan en van die wetenskap oorgelaat moet word aan diegene wat daarin, al dan nie gespesialiseerd, deelneem en werksaam is. "Ze mogen dit niet, omdat het wetenschappelijk onderzoek geen menschelijke overmoed, maar een van Gods wege ons opgelegde plicht is. Het is de eere Gods, die eischt, dat 's menschen geest indringen zal in geheel het zamenstel van het geschapene, om er Zijn grootheid en Zijn wijsheid in te ontdekken, en die in menschelijke gedachten, door het menschelijk woord, te vertolken."

Daarom veroordeel Kuyper die negatiewe standpunt waarvolgens Christelike denkers bloot as korrektief ten opsigte van die ongelowige wetenskap diens sou doen, deur krities "met het snoeimes in de hand, in anderer tuin om te drentelen." So 'n houding is die Christelike religie onwaardig, sê Kuyper. Daarteenoor was dit sy oortuiging en begeerte dat daar op 'n Christelike grondslag 'n geheel eie beoefening van die wetenskap en 'n inrigting daarvoor orent moet kom. Uit die Christelike beginsel moet daar, ooreenkomstig die metode wat by dié beginsel pas, 'n stem van die wetenskap opskiet, "wiens tak en blad en bloesem uit het eigen mergsap zijn geteeld."

Reeds Calvyn, so betoog Kuyper êrens, het met sy roep om 'n "Philosophia Christiana" die noodsaak van die positief Christelike wetenskapsbeoefening ingesien en in sy tyd help verwesenlik. En op sy voetspoor moet ook nou weer bedink word dat daar "niet ééne faculteit en in geen der faculteiten één enkele wetenschap (is), die niet, op wát afstand ook, met uw beginsel saamhangt, en daarom ook niet door ons beginsel moet doordrongen worden." Dit is immers de klemmende eis en konsekwente toepassing van die calvinistiese opvatting van die godsdiens, naamlik dat dit 'n volstrek universele karakter dra: "Van een religie tot de binnenkamer, de bidcel, of de kerk beperkt, weet Calvijn niets. Met de Psalmist roept hij hemel en aarde, roept hij alle volken en natiën op, om Gode eere te geven. In alle leven is God present met zijn alomtegenwoordige en almachtige kracht, en geen sfeer van menschelijk leven is er, of de religie doet er haar eisch gelden, dat God zal gedankt, dat Gods ordinantiën zullen worden geëerd, en dat door alle labora het ora (bid en werk) zal zijn heengeweven", aldus Kuyper.

Die situasie in Nederland met betrekking tot die universiteite, in Kuyper se dae, was wetlik bepaal volgens die nuwe "Hooger Onderwijswet van 1876". Daarvolgens was die teologiese fakulteite verbind aan die drie bestaande Hoër-onderwysinrigtings en die stedelike "Athenaeum" in Amsterdam, die latere Stedelike Universiteit van die Nederlandse hoofstad. Dié fakulteite is later omgeset in 'n fakulteit van godsdienswetenskap. Op dié wyse is die Dogmatiek en die sogenaamde praktiese vakke van hierdie Ryks- en Stedelike Universiteite verban. Dit het die aandrang tot die stigting van 'n vrye Universiteit versterk. Sodoende is aan die plan tot die oprigting van 'n eie Hoër Onderwysinrigting beslag verleen. 'n Universiteit wat vry van die staat en vry van die kerk, op die grondslag van "de Gereformeerde beginselen land en volk ten zegen zou zijn".

Op 20 Oktober 1880 is dié stigting gerealiseer. Aanvanklik is die opleiding in tydelike geboue aangebied, maar na korte tyd in die eie Universiteitsgebou te Keizersgracht 162 te Amsterdam. Dit is begin met drie fakulteite, dié van die godgeleerdheid onder die leiding van drr A Kuyper, FL Rutgers en PhJ Hoedemaker; dié van die regsgeleerdheid onder leiding van Mr DPD Fabius en korte tyd daarna ook Jhr Mr AF de Savornin Lohman en as derde fakulteit dié van die lettere, eers onder leiding van Dr FWJ Dilloo en vervolgens Drr AH de Hartog en J Woltjer. Hierdie manne het elk op hul terrein en op hul wyse bygedra tot die ontwikkeling van 'n geslag manne wat die Calvinisme op alle lewensterreine tot gelding gebring het. Die invloed van die VU wat allengs gegroei het tot 'n universiteit met vrywel alle vakrigtings wat ook op die bestaande (liberale) univer-siteite aangebied is, mag nie onderskat word nie.

"Ook de juridische en litterarische faculteiten hebben door haar wetenschappelijken arbeid den strijd der beginselen gestreden zoowel op het gebied van staat en maatschappij als op dat der letteren en wijsbegeerte, en aan ons volk mannen geleverd die in rechtzaal, parlement en pers, of ook op onze gymnasia en hoogere burgerscholen mede een dam opwierpen tegen de wassenden stroom van ontkerstening en godverzaking. Zoo mocht de Vrije Universiteit dan reeds ontzaglijk veel doen voor de geestelijke ontwikkeling van ons volksleven, en krachtigen weerstand bieden aan de antichristelijke beginselen in onze moderne samenleving", aldus dr K Dijk (1929).