Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gesag en Bevoegdheid

AKTUEEL:
Relativering van die getroue Woordverkondiging in die eredienste

SKRIFOORDENKING:
Bid in die Gees by elke geleentheid
Ef 6:17-19

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (2)

Die Eerste Gebod

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Parlement van Wêreldgodsdienste

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Waarheen "Geloofsverklaring 2000"?

Kultuur, Openbaring en Toekomsverwagting

Samelewingsverbande

Vraagtekens en Uitroeptekens

WOORD EN WETENSKAP:
Aan die begin was daar inligting

KERKLIKE JOERNAAL: 
Verslag: GKSA Sinode 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Reformatories-formatoriese roeping
"Lesidi la Ditshaba Christian School" in Soshanguve
Christelike vakonderrig in geskiedenis

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (4)

PERSRUBRIEK: 
Liturgie

Religieuse Pluralisme
Koerantbriewe

KOMMENTAAR: 
Die totale breuk met die verlede:  Waar laat dit die Afrikaner?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die sesde gebod en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 2  Maart 2000

GESPREK MET DIE LESERS

AANHOU WEN!

Ons blad vorder voortdurend met sy vaste intekenare getal. Ook die afgelope twee maande het daar weer 'n hele aantal bygekom, selfs een uit North-Wales (VK) en een uit Nederland. Uit verskeie oorde oorsee, verneem ons dat dit op Internet gelees word. Herintekening vir die vierde jaargang vorder byna daagliks in die posbus of per direkte inbetaling op die bankrekening.

Ons vermeld graag die boodskap wat die intekenaar uit die Verenigde Koninkryk, North-Wales, wat tot dusver op Internet ons blad gelees het, aan ons oorgedra het: "U blad word in ons huis baie gewaardeer. Dit is bemoedigend om te weet daar nog van ons oor is wat nie die knie voor Baäl sal buig nie. Mag die Here u krag en wysheid gee om met hierdie goeie werk voort te gaan en mag ons die vreugde daarvan sien. Christelike boeregroete."

Dit is al weer die tweede uitgawe van die vierde jaargang wat gepubliseer word. Daar is nou 'n groeiende leserspotensiaal wat nie die blad van die begin af gelees het nie. Daarom vestig ons graag die aandag daarop dat van die vorige uitgawes vanaf die eerste verskyning in Maart 1997 beskikbaar is vir diegene wat daarin belangstel. Skakel met ons administratiewe telefoonnommer vir navraag en die berekening van die koste daarvoor.

MEELEWE

Met leedwese vermeld ons die onverwagte afsterwe van ds Ben Smit, lid van die Redaksiekommissie van ons blad se vader, br PW Smit uit Nelspruit, wat self ook van die begin af 'n intekenaar/leser en sterk ondersteuner van ons blad was. Ons bid sy vrou, kinders en kleinkinders die besondere sorg en vertroosting van die troue Verbondsgod toe om hulle by te staan in hulle verdriet oor hierdie verlies.

REDAKSIONEEL

Hierdie uitgawe vestig weer eens die aandag op die ernstige aaantasting van die Skrifgesag wat op talle wyses tot uitdrukking kom. Ons is nou gewikkel in die stryd vir die onverkorte handhawing van God se Woord op alle lewensterreine, dit sluit ook die staatkundige en politieke asook die terreine van die onderwys in. Ons dank besonder alle medewerkers aan die redaksionele inhoud van hierdie uitgawe, asook br Nico van der Dussen, wat ons onbaatsugtig bystaan as daar, soos onlangs, probleme met die rekenaar ontstaan. ®