Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gesag en Bevoegdheid

AKTUEEL:
Relativering van die getroue Woordverkondiging in die eredienste

SKRIFOORDENKING:
Bid in die Gees by elke geleentheid
Ef 6:17-19

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (2)

Die Eerste Gebod

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Parlement van Wêreldgodsdienste

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Waarheen "Geloofsverklaring 2000"?

Kultuur, Openbaring en Toekomsverwagting

Samelewingsverbande

Vraagtekens en Uitroeptekens

WOORD EN WETENSKAP:
Aan die begin was daar inligting

KERKLIKE JOERNAAL: 
Verslag: GKSA Sinode 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Reformatories-formatoriese roeping
"Lesidi la Ditshaba Christian School" in Soshanguve
Christelike vakonderrig in geskiedenis

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (4)

PERSRUBRIEK: 
Liturgie

Religieuse Pluralisme
Koerantbriewe

KOMMENTAAR: 
Die totale breuk met die verlede:  Waar laat dit die Afrikaner?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die sesde gebod en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 2  Maart 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS

LIDMATE VAN DIE VRYE GEREFORMEERDE KERKE (VGKSA) STIG 'N EERSTE CHRISTELIKE SKOOL
"LESIDI LA DITSHABA CHRISTIAN SCHOOL"

IN SOSHANGUVE, NOORD VAN PRETORIA

Ds Arjan de Visser berig in KOMPAS, maandelikse blad uitgaande van lidmate van die VGKSA, van Februarie 2000 (bl 8 en 9),  oor die totstandkoming van die eerste Christelike (gereformeerde) skool in Soshanguve onder andere as volg:

"Op Dinsdag 11 Januarie 2000 het skole in Gauteng weer hulle deure oopgemaak vir die nuwe jaar. Op hierdie dag het 'n besondere gebeurtenis plaasgevind in Soshanguve, ...: 'n Gereformeerde laerskool is geopen in die kerkgebou van die Vrye Gereformeerde Kerk se sendinggemeente. Die skool bied voorlopig drie grade aan: graad 0, 1 en 2.

"Nadat daar in die jaar 1999 hard gewerk is om die opening van die gereformeerde laerskool voor te berei, is daar met gespanne afwagting uitgesien na die 11de Januarie. Sal daar genoeg kinders opdaag om 'n skool te kan begin? Glo die ouers werklik in gereformeerde onderwys? Is hulle bereid om finansiële opofferings daarvoor te maak? Die hoop is nie beskaam nie. Die eerste dag het reeds sowat 20 kinders opgedaag en, soos dit maar gaan in die swart gebiede, sal die getal waarskynlik nog groei gedurende die eerste paar weke van die nuwe seisoen.

"Die voorsitter van die skoolbestuur, br Wilton Tamane, het in sy openingstoespraak gesê dat dit 'n historiese dag is. Hierdie skool is die eerste Christelike skool in Soshanguve. Hy het vir die aanwesige ouers genoem dat hierdie skool anders wil wees as die ander skole. Bybelvakke sal 'n belangrike plek inneem en daar sal toegesien word op die oordra van Christelike waardes aan die kinders. Die naam van die skool is: "Lesedi la Ditshaba Christian School" (lesidi la ditshaba beteken: Lig vir die volke).

"Tydens die opening is ook die personeel aan die ouers en kinders voorgestel. Die waarnemende hoof is mev Inge de Visser, in Soshanguve beter bekend as mma moruti (die vrou van die dominee). Sy sal nie self klas gee nie, maar wel toesig hou oor die skool. Die drie onderwyseresse is almal lidmate van die Vrye Gereformeerde Kerke, naamlik Maria Matihokoane, Veronica Sithole (albei van Soshanguve) en Hazel Manamela (van Mamelodi). ...

"Die skool word bestuur deur 'n ouervereniging, die Free Reformed School Association, waaraan slegs lidmate van die Vrye Gereformeerde Kerke mag behoort. Volgens die konstitusie mag ook slegs lidmate van die VGKSA klasgee aan die skool. Wat die kinders egter betref, mag ook kinders van ander kerke by die skool inskryf. ... Die skoolgelde van R 150-00 per maand is weliswaar baie hoër as op staatskole in Soshanguve maar aan die ander kant heel billik as dit vergelyk word met private skole in Pretoria. ... In beginsel behoort 'n gereformeerde laerskool lewensvatbaar te wees, ook in die swart gebiede, solank die ouers die visie vir gereformeerde onderwys dra. Behalwe idealisme en geloof is egter ook goeie bestuur en genoeg finansies nodig. ...

"Dit is met dankbaarheid teenoor die Here dat hierdie berig geskryf word. Ons het dikwels gewonder of die ouers in Soshanguve werklik die visie vir gereformeerde onderwys sou oorneem. Maar hulle hét, en dit is pragtig om te sien hoe bestuurslede en ouers eienaarskap van die skool op hulle geneem het. Dit is ook pragtig om te sien hoe die personeel gemotiveerd is om nie maar net goeie onderwys te gee nie, maar werklik ook onderwys vanuit 'n gereformeerde visie aan te bied. (In die maande Oktober tot Desember het hulle vrywillig 'n aangepaste tipe DGO-kursus gedoen en hard gewerk aan 'n goeie kurrikulum vir die skool.)

"Ons vertrou dat onder die seën van die Here die 'Lesedi la Ditshaba Christian School' baie sal kan beteken vir die opbloei van die kerk in Soshanguve en ander swart gebiede rondom Pretoria", aldus ds De Visser.

Die redaksie van DIE KERKPAD wil die (suster-) kerkverband van die VGKSA hartlik gelukwens met hierdie inisiatief en aanvanklike sukses. Wie verag die dag van kleine dinge? Die belangrike saak is die aandrywende motief en doelstellings. Met die verskaffing van gereformeerde onderwys in die swart sendinggemeentes se eie kultuurverband, is sigbaar wegbeweeg van die multi-kulturele, integrasionistiese onderwysbeleid van die SA Regering. Terwyl in Pretoria die Johannes Calvynskool bestaan binne die verband van die Vrye Gereformeerde Kerke, waarvan die fasiliteite tans onderbenut is, en terwyl uit die omgewing van Johannesburg (blanke) skoliere, lidmate van die VGKSA, per kombi daagliks heen en weer vervoer word, is nogtans nie getrag om almal bymekaar te sit en dit te hanteer soos die beleid van die staatskole nie. Wat ook al die werklike motief en doelstelling is, handhaaf dit die beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat ons verwelkom en graag propageer.