Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gesag en Bevoegdheid

AKTUEEL:
Relativering van die getroue Woordverkondiging in die eredienste

SKRIFOORDENKING:
Bid in die Gees by elke geleentheid
Ef 6:17-19

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (2)

Die Eerste Gebod

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Parlement van Wêreldgodsdienste

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Waarheen "Geloofsverklaring 2000"?

Kultuur, Openbaring en Toekomsverwagting

Samelewingsverbande

Vraagtekens en Uitroeptekens

WOORD EN WETENSKAP:
Aan die begin was daar inligting

KERKLIKE JOERNAAL: 
Verslag: GKSA Sinode 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Reformatories-formatoriese roeping
"Lesidi la Ditshaba Christian School" in Soshanguve
Christelike vakonderrig in geskiedenis

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (4)

PERSRUBRIEK: 
Liturgie

Religieuse Pluralisme
Koerantbriewe

KOMMENTAAR: 
Die totale breuk met die verlede:  Waar laat dit die Afrikaner?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die sesde gebod en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 2  Maart 2000

Persrubriek

PROBLEEM Lê BY SKRIFGESAG

(KOERANTBRIEWE)

Mnr J Conradie uit Parow het die volgende brief aan die Sondagsblad RAPPORT gerig, wat dié redakteur nie gepubliseer het nie.

Geagte Redakteur

Ek verwys na Mariechen Waldner se kommentaar in RAPPORT (23 Januarie 2000): "GKSA hou vroue steeds uit ampte." Omdat die GKSA hulle optrede deur die Woord van God laat bepaal, sou mens kan beweer dat God deur sy bevel in 1 Kor 14: 34 en 37 die vroue uit die ampte hou. Volgens die tweede paragraaf van haar artikel sou dit by implikasie God wees wat teen vroue diskrimineer.

Baie gevestigde kerke het dié bevel van die Here eenvoudig van die tafel gevee omdat dit volgens hulle nie meer in ons tyd van toepassing is nie. Dié bevel is egter nêrens in die Bybel herroep nie en kan ook nie herroep word nie omdat, volgens Kol 1: 25, Paulus die Woord van God ten opsigte van die kerk vervul het.

Genoemde bevel word ook in 1 Tim 2: 11 - 14 bevestig en in 1 Tim 3: 15 vir alle tye vasgelê wanneer Paulus as volg skryf: "Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God , 'n pilaar en grondslag van die waarheid."

Die GKSA moet gelukgewens word dat hulle in die aangesig van die groeiende teenstand nog eerbied vir die bevele van die Here het!


Sedert die sluiting van die vergadering van die jongste Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke op 20 Januarie, het 'n aantal briewe in die sekulêre pers verskyn, wat daarop dui dat die stryd oor die saak van die vrou in die kerklike ampte nog nie gaan lê het nie. Marius Coertze van Pretoria reageer daarop met die argument dat dié mense se probleem lê by die kwessie van Skrifbeskouing en Skrifgesag. Hy skryf in BEELD van Woensdag 2 Februarie as volg:

Ek verwys na die brief van ds RL van Niekerk van die Gereformeerde Kerk Vaalpark in BEELD oor gelyke geleenthede vir vroue in die kerk. Ook die briewe van Christo Potgieter en Elsje Buchner handel oor dieselfde onderwerp.

Dit blyk dat die eintlike probleem van dié drie mense by die kwessie van Skrifbeskouing en Skrifgesag lê.

Dit blyk naamlik dat dié drie mense nie die Bybel as finale gesag oor die ampte in die kerk aanvaar nie, maar eerder gewone sekulêre arbeidsreëls in die kerk wil invoer en sogenaamde gelyke beregtiging op grond op grond van die leerstuk van menseregte wil toepas.

Hierdie humanistiese denkrigting onder lidmate is ongelukkig die gevolg van die postmodernistiese Skrifkritiek en die feit dat die leerstuk van menseregte met groot geesdrif, onder andere, aan die Gereformeerde Kerke se teologiese skool in Potchefstroom verkondig word.