Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 2 Maart 2001
DIE OMKERING VAN DIE STAATSBESTEL Wat het Gebeur?- PJR KRUGER - AMATAKULU -
(Tweede aflewering)(11;4;63) verskyn 'n berig, geskryf deur Alan Paton, toenmalige leier van die Liberale Party in Suid-Afrika: ''Die Liberale Party in Suid-Afrika staan vir die volkome verwerping van dr Verwoerd se bantoestanbeleid en daardie rasdiskriminerende wette wat apartheid daarstel. Hy staan vir die skepping in Suid-Afrika van 'n nie-rassige en demokratiese samelewing waar die Universele deklarasie van Menseregte eerbiedig word; elke Suid-Afrikaner seggenskap sal hê by die verkiesing van sy regering, elke persoon vry sal wees om op enige plek te leef, te werk en volle burgerregte en vryhede te geniet.''
Dieselfde geluide is op georkestreerde wyse vanuit die buiteland gehoor. Sir Alec Douglas-Home het in die sestigerjare in 'n boodskap aan Britse finansiers dit op hulle harte gedruk dat hulle die ''economic expansion of South-Africa'' moes aanhelp. Hy het gesê ''Economic expansion does and will confer on non-whites a growing economic power that will inevitable lead to a measure of political power. In South-Africa where all is calm and on the surface tolerably harmonious, racial tensions could build sharply as the non-whites form an economic powerbase, growing stronger all the time, start to press for concessions in the social and political spheres. It can only be a matter of time before it happens.'' Dan moedig hy hulle aan om hierdie ekonomiese groei van SA aan te help (met die destabilisasie van die RSA as oogmerk) en dit doen hy met 'n geveinsdheid wat onteenseglik daarop dui dat Britse belang sy enigste doel is: ''It is indeed a happy circumstance when self-interest seems to coincide so neatly with the national interest and making profits can be represented as a patriotic duty.''
Tydens die Gereformeerde Konfensie van 1962 lewer prof HE Runner 'n lesing: ''Skriftuurlike Godsdiens en Politieke Taak'' waarin hy die verwantskap tussen die kommuniste en liberalisme raak opsom: ''Die liberale was nie hartlike gelowiges nie; hulle was kompromenteerders ... die liberale het geen prinsipiële kritiek op die geloof van die radikale gehad nie. Hulle het net die roekeloosheid van die uitvoering gekritiseer. Hulle wou 'n ordelike en stllie verloop van sake hë, wat iemand die geruislose rewolusie genoem het ...'' Verder sê hy: ''Die liberale het sonder om hulle te distansieer van die prinsipiële rigting van die radikalisme, bedrewe aanpassers geword. Hulle het gesë dat hulle die onmiddellike feitlike situasie toelaat om hulle te lei ... . Hulle het niks gevind om in die plek van die beginsel, self te neem nie.''
Die stukrag agter die aandrang op verandering, synde die kommunisme en liberalisme, is van meetaf aan deur die Afrikanervolk, met 'n toe nog Calvinistiese inslag, teengestaan. Christelike-nasionalisme was die lewens- en wêreldbeskouing en apartheid die politieke beleid waarmee die aanslag beveg is. Die effektiwiteit waarmee dit gedoen is, word weerspieël deur die groot mate van wet en orde, ekonomiese groei en stabiliteit asook 'n behoudendheid op sedelike godsdienstige vlak wat geheers het. Ons kan die politieke stryd dus met reg beskryf as 'n stryd tussen die Christelik-nasionale teenoor die liberale beginselbasis.
Die Christelik-nasionale beginselbasis is verantwoord deur Afrikanerleiers van dié tyd met as grondslag die Heilige Skrif soos verstaan en uitgelê deur die Calvinistiese hervorming. Vir blywende vrede en voorspoed het leiers besef, moet elke volk sy land hê. Verwoerd het, as sluitsteen van sy beleid, die behoud van die blanke beskawing gestel. Dit betref 'n volk met 'n roeping in die gees van Jan van Riebeeck se gebed. 'n Volk wat bereid sou wees om die verantwoordelikheid van Christelike voogdyskap te aanvaar. Dit is heeltemal in lyn met die wyse woorde van Totius etlike jare tevore, waar hy sê dat ons 'n eresaluut aan ons vooruoers moet gee omdat hulle nie soos die Philipse en Van der Kemps met die swartes ondertrou het nie, want dan was ons reeds verswelg. Ons sou ons roeping ontrou wees. Ook sou dit die swartes niks gebaat het nie.
Verskille tussen volke, rasse en beskawingspeile is erken. Verwoerd se optrede is gekenmerk deur eerlike Christelike welwillendheid waarmee hy aan elkeen gegun het wat hy ook vir sy volk in die vooruitsig gestel het. Hy het die Afrikanervolk se Godgegewe roeping erken en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Sy beleid moes in die lig van dié roeping lei tot die eiendomlike Christelike-nasionale beskawingspeil en selfstandigheid van elke volk in Suid-Afrika. Met erkenning van elke volk se eie aard en tradisies/kultuur. Dit was egter altyd die standpunt dat die proses rekening moes hou met die ontwikkelingsvermoë van die verskillende volke en binne die perke van gesonde ekonomiese beginsels. 'n Sterk ekonomie, soos aangetoon, binne 'n klimaat van stabiliteit en wet en orde was die fondament wat die uitvoering van die beleid ondersteun het. Dit was nooit die bedoeling om kistoplossings te skep en so van ons verantwoordelikheid van Christelike voogdyskap te ontsnap nie.
Betreffende diskriminasie het Verwoerd gesê dat apartheid so ver gevoer moet word dat diskriminasie nie meer nodig sal wees nie. Trouens hy het by meer as een geleentheid gesê dat die Nasionale Party juis van dominasie en diskriminerende maatreëls as oorgangsmaatreëls beskou. Hy het ook nie 'n kleiner blank Suid-Afrika uitgesluit in die ordelike konstitusionele ontwikkelingsproses nie.
- Vervolg hiervan in die volgende uitgawe (red) -