Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Binding of ...Ontbinding

SKRIFOORDENKING:
Reformasie:  Die oproep uit die Skrif, ook vir vandag

Die rol van die man in die Kerk

Die Verbondsteologie

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself

Omstrede reeks Harry Potter boeke

Die Boeddhisme en sy leiers

Bybel en Koran vs Bybel óf Koran

Die Intergeloofsaanslag

Die omkering van die Staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Bhoeddhismesentrum in ooste van Pretoria geopen

"Die gesag van die Bybel aan flarde"

Die nuwe liedboek vir die Afrikaanse Kerke

Die heiligheid van die Nagmaal aangetas

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO Verantwoording van toekenning van besondere professorraat

'n Vennootskap om "Holistiese" eenheid te bevorder

Vakonderrig in 'n Bybelse perspektief

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die Psalmberyming


Verandering ter wille van verandering

Jesus se opstanding vra geloof

Kritiek op vrysinnige teologie

KOMMENTAAR: 
Aangaande kritiek van Radio Pretoria op Staatslotery

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Etiek begin by die vrees van God

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 2 Maart 2001

DANKBETUIGING

Soos in die redaksionele kolom op die voorblad vermeld, het my vrou my op 17 Januarie jongslede ontval. Dit was veral in die laaste paar maande 'n moeitevolle lyding wat sy sonder klae deurstaan het. Uiteindelik was dit vir haar 'n verlossing dat die Here haar in sy heerlikheid opgeneem het. Sy het haar lewensloop op aarde vervul en leef voort in ons gedagtes. Mede namens my kinders en kleinkinders en aanverwante familie wil ek almal heel hartelik bedank wat op die een of ander wyse hulle meelewe tydens die siekte en met die heengaan en begrafnis van my vrou betoon het en ook op onderskeie wyses bygedra het om ons te ondersteun. Op dié manier ervaar ons die gemeenskap van die heiliges wat ons in Christus deelagtig is.

REDAKSIONEEL

Die afgelope tyd is verskeie briewe van lesers ontvang waarop ons ook op die een of ander wyse geantwoord het. Onder andere is korrespondensie ontvang uit Orania waar die afgelope paar jare broeders en susters hulle gevestig het, wat lidmate van verskillende Gereformeerde kerke was en nou daarna uitsien om as 'n selfstandige gemeente in die kerkverband van die GKSA te funksioneer. Hulle ontvang op hierdie stadium 'n wyksbediening, as deel van die Kerk te Kimberley. Helaas verkeer hulle in moeite omdat daar vanweë kerkordelike geskille hulle nie nou al as 'n selfstandige gemeente geïnstitueer kan word nie.

'n Ander skrywe wat ons ontvang het is verrassend. Dié leser skryf na aanleiding van die artikel van ds Sarel Cilliers op bl 9 in die vorige uitgawe van ons blad soos volg:

''Die artikel en vrae van ds Sarel Cilliers behoort namens die Redaksiekommissie aan die Kuratore deurgegee te word met 'n aanbod om die vrae in 'Die Kerkpad' te beantwoord. Ek is bewus dat enkele kuratore begin om die nuwe leerplanne en sogenaamde geïntegreerde kursus met voorgeskre-we leerplanne in menseregte ensovoorts krities aan te spreek. Waar Provinsiale Sinodes kuratore benoem en bemagtig, dink ek kerkrade moet die saak by Provinsiale Sinodes opneem om bepaalde opdragte aan hulle kuratore te gee. So iets kan minstens 'n beweging van reformasie in die GKSA inisieer.''

Dieselfde leser skryf ook dat die opset van ons redaksie om stemme uit ander kerkgroeperinge oor hulle interne probleme aan te haal, hom stimuleer. Hy skryf verder:

'' Ek glo die gereformeerde identiteit en roeping kan alleen tot eer van die Here op totaal ander bane in die nuwe SA herleef en oorleef indien minstens 'n federale ekumene of gesprek tussen konfessioneel geïdentifiseerde persone uit die sogenaamde Drie Afrikaanse Kerke op dreef kom met die doel om te konsentreer op wat gemeenskaplik besit is. Ek glo dat 'n hergroepering van kerke (as gelowiges) onvermydelik geraak het omdat die GKSA in die tyd van kerkisme en strewe om getalle vir die PU vir CHO uit ander kerke te trek hulle trefkrag, identiteit en relevansie in SA verloor het. 'n Blad wat versigtig hierdie nuwe oriëntasie in die platgeslane en omgeslane Afrikaanse samelewing begin verkondig, mag vir die Gereformeerde Afrikaner weer 'n mis-sie en droom gee: bring bymekaar wat uit innerlike gereformeerde oortuiging bymekaar hoort, soos die baie briewe in die NG Kerk bewys.''

Die hoofartikel op bl 1-3 bevestig die saak wat hierdie leser onder ons aandag gebring het en dit wat hy geskryf het, is daarin opgeneem.®