Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Binding of ...Ontbinding

SKRIFOORDENKING:
Reformasie:  Die oproep uit die Skrif, ook vir vandag

Die rol van die man in die Kerk

Die Verbondsteologie

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself

Omstrede reeks Harry Potter boeke

Die Boeddhisme en sy leiers

Bybel en Koran vs Bybel óf Koran

Die Intergeloofsaanslag

Die omkering van die Staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Bhoeddhismesentrum in ooste van Pretoria geopen

"Die gesag van die Bybel aan flarde"

Die nuwe liedboek vir die Afrikaanse Kerke

Die heiligheid van die Nagmaal aangetas

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO Verantwoording van toekenning van besondere professorraat

'n Vennootskap om "Holistiese" eenheid te bevorder

Vakonderrig in 'n Bybelse perspektief

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die Psalmberyming


Verandering ter wille van verandering

Jesus se opstanding vra geloof

Kritiek op vrysinnige teologie

KOMMENTAAR: 
Aangaande kritiek van Radio Pretoria op Staatslotery

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Etiek begin by die vrees van God

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 2 Maart 2001

KERKLIKE JOERNAAL

''DIE GESAG VAN DIE BYBEL AAN FLARDE''

Kritiese teologiebeoefening aan universiteite het daartoe gelei dat die gesag van die Bybel ''aan flarde is'', sê prof Theuns Dreyer, hoof van die Hervormde Teologiese Kollege aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie, tydens die opening van die kollege op 30 Januarie vanjaar, aldus Neels Jackson in 'n berig in BEELD, 31 Januarie 2001.

Dominees se preke word nie meer vanselfsprekend as gesaghebbend aanvaar nie. Daarom is 'n nuwe benadering tot die opleiding van predikante noodsaaklik.

Dreyer het gesê in 'n patriargale struktuur met outoritêre kommunikasie is preke vanselfsprekend as gesaghebbend aanvaar. In 'n na-moderne tyd is dit nie meer die geval nie.

Vroeër is daar baie klem gelê op die akademiese opleiding van predikante omdat dit hulle sou help om die Bybel reg uit te lê en hul boodskap met gesag te verkondig.

Goeie opleiding en logiese argumente is egter nie meer vandag genoeg nie. Kritiese teologiebeoefening aan universiteite het daartoe gelei dat die gesag van die Bybel ''aan flarde'' is.

Volgens prof Dreyer moet iets van die verhouding met God en die lewe in teenwoordigheid van God in die preke neerslag vind. Dit vra 'n deurleefde geestelikheid van predikante. Aspekte soos die gesag van die bybelse boodskap moet spontaan vanuit die predikant se menswees deur lidmate as eg beleef word. Preke moet ook nie net logiese argumente bevat nie, maar ervaringstaal wat tot die hele menswees spreek.

Redaksionele Kommentaar:

Op die bogenoemde wyse is die gesag van die prediking nie geleë in die suiwere Woordverkondiging, die vertolking van die skriftuurlike verbondseën en die verbondsbedreiging, die Woordbediening: ''So sê die HERE Here'' nie. Dit verlê die gesag van die Woordbediening van die Bybel, wat die bewys en gesag in homself het (NGB, art 5), na die prediker wat charismatiese gawes en metodes moet hê en aanwend om geloofwaardig en gesaghebbend te kan wees.