Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 2 Maart 2001
KERKLIKE JOERNAAL Die heiligheid van die Nagmaalsakrament aangetas!Die kelkie in plaas van die beker.
Die dekaan van die Fakulteit Teologie UP (Nederduitsch Hervormd) waag dit om die sakrament van die heilige nagmaal te ontheilig met 'n wêreldse benadering daarvan. Dit kan gelees word in die Januarie/Februarie 2001 uitgawe van KONTEKS, tydskrif van die NH Kerk, bl 13. Prof CJA Vos se woorde:
Kom ons sing 'n loflied. Alles en almal behoort aan die Here. Hy is die Maker. Hy heers. Hy het sy tempel vir 'n kruis verlaat. Die Krygsgod het 'n Kruisgod geword om die oorwinning te beklink. Sy klinkende oorwinning beteken dat die deur by die poort oopswaai. Nou woon die Gees in ons as sy tempels. En nou vier ons sy teenwoordigheid in die erediens. Kom ons breek 'n stukkie brood en ons klink 'n glasie wyn op sy teenwoordigheid en oorwinning.