Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 2 Maart 2001
OPVOEDING EN ONDERWYS AKADEMIE VIR CVHO Verantwoording vanDie Redaksiekommissie van DIE KERKPAD wens hom en die Akademie van harte geluk met hierdie mylpaal en prestasie in die lewe van Professor van der Dussen en in die bestaan van die Akademie vir CVHO. Ons bid hom en die Akademie in hierdie besondere hoedanigheid baie jare van vrugbare arbeid onder die onmisbare seën van die Here toe.
By die aanvang van die verrgtinge is dié toekenning soos volg deur die Voorsitter van die Raad van die Akademie, prof Alkmaar Swart, verantwoord.
Prof PE van der Dussen het reg vanuit die staanspoor 'n baanbreker- en voortourol in die beplanning, oprigting en ontwikkeling van die ACVHO vervul en wel in alle fasette van die Universiteit, naamlik grondlegging, akademies, bedryf en bestuur.
Hy het 'n leidende rol vervul by die eerste beraad van die BCVO op 20 Augustus 1994 by UNISA. Hy was lid van die eerste beheerliggaam van die ACVHO, naamlik die Bedryfskomitee wat deur die Buitengewone BCVO-Kongres op 30 September 1995 aangestel is.
Prof van der Dussen was 'n deelnemer aan die geskiedkundige beraad in samewerkingsooreenkoms tusssen die BCVO en VCHO te sluit en besluit is om in Januarie 1996 met die ACVHO te begin.
Op 31 Januarie 1996 is die ACVHO van stapel gestuur en prof van der Dussen aangewys as Hoof van die Instituut vir Ekonomiese Wetenskappe. By die Raadsvergadering van 1 Februarie 1997 is hy as voltydse Registrateur aangestel.
Ons gee by hierdie geleentheid van sy professorale intreerede erkenning aan sy bydrae tot ons universiteit op al die terreine van sy bestaan: akademies, bedryf, bestuur, finansiering, ensovoorts.
Ons wil egter daarby besondere erkenning gee aan die sleutelrol wat prof van der Dussen vervul het in die aansoek van die ACVHO om akkreditering by SAQA. Dit was 'n geweldige werk wat hy met verantwoordelikheid, toewyding en bekwaamheid onderneem het. Hy moes alles in Afrikaans vertaal. Met uiterste nougesetheid en noukeurigheid is die dertien lywige dokumente opgestel en op 20 Junie 2000 ingedien. Verantwoordelikheid, selfbeheersing en lankmoedigheid kenmerk sy verdere hantering van dié aansoek. Deur sy optrede - getuig ons met waardering en dankbaarheid - het ons akademiese aansien in die onderwys wêreld verwerf.
Prof van der Dussen is 'n suiwer handhawer van die ACVHO se besondere eiestandigheid, naamlik sy Calvinisties-gereformeerde volkseie grondslag. Sy taakvervulling is roepingsvervulling en die Akademie is aan God-Drieënig, deur Wie hierdie Unisversiteit tot stand laat kom is, innige dank verskuldig vir die beskikbaarstelling en roeping van een van sy kinders, prof van der Dussen , om met sy Godgegewe gawes en bekwaamhede die sleutelrol in die oprigting en voortgang van die ACVHO te vervul.