Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Binding of ...Ontbinding

SKRIFOORDENKING:
Reformasie:  Die oproep uit die Skrif, ook vir vandag

Die rol van die man in die Kerk

Die Verbondsteologie

Jy moet jou naaste liefhę soos jouself

Omstrede reeks Harry Potter boeke

Die Boeddhisme en sy leiers

Bybel en Koran vs Bybel óf Koran

Die Intergeloofsaanslag

Die omkering van die Staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Bhoeddhismesentrum in ooste van Pretoria geopen

"Die gesag van die Bybel aan flarde"

Die nuwe liedboek vir die Afrikaanse Kerke

Die heiligheid van die Nagmaal aangetas

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO Verantwoording van toekenning van besondere professorraat

'n Vennootskap om "Holistiese" eenheid te bevorder

Vakonderrig in 'n Bybelse perspektief

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die Psalmberyming


Verandering ter wille van verandering

Jesus se opstanding vra geloof

Kritiek op vrysinnige teologie

KOMMENTAAR: 
Aangaande kritiek van Radio Pretoria op Staatslotery

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Etiek begin by die vrees van God

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 2 Maart 2001

VAKONDERRIG IN BYBELSE PERSPEKTIEF

PROF ALKMAAR SWART - ACVHO - PRETORIA

Die Beginsel: Onderwys met verwysing na God via die Godsopenbaring binne in die lesontwerp en lesverloop

Hoe word die beginsel: Onderwys met verwysing na God Drieënig (onderwys wat by God uitkom) en na waarheid ken slegs deur Godsopenbaring toegepas en in werking gestel in die ontwerp en verloop van onderrig-en-leer vir 'n les in enige vak?

Hoe kom ons in die vakonderrig uit by Hom uit Wie en deur Wie en tot Wie alle dinge is?

Deur regstreekse verwysing na God deur uitspraak of deur vraag en antwoord. Die antwoord op die vraag wat in die onderrigleer-verloop gestel word is: God. Deur wie is die vryheids- en trekgees in die Voortrekkers verwek? (Volksgeskiedenis) Wie is die oorsprong van die skoonheid waaraan ons ons verwonder in die mooi landskap? (Kuns, Aardrykskunde).

Regstreekse Bybelverwysing waardeur die Bybel self die hoofverwysingsbron word. (Die Bybel moet in die onderrig tot sy volle reg kom as openbarings-medium en toetssteen van die waarheid). Hoe verklaar ons die ordening en wentelinge van son, planete, sterrestelsels, seisoene? Jer 31 : 35 - 37; Ps 104 : 19 (Aardrykskunde). Hoe word die lewe in die natuur in stand gehou en versorg? (Ps 104) (Biologie).

Binne die Bybelse verwysings- en betekenisraam-werk; in Bybelse lig. Dit word ook na verwys as Vakfilosofie: Bybelse openbaring en skeppings-openbaring word geďntegreer. Ons voeg hierby die Calvinisties-gereformeerde Skrifleer wat 'n suiwer uitleg van die Skrif gee - die dogma kry beslag tot voor in die vakonderrig.

Wat lę eintlik aan die wortel van die hedendaagse siekte van die mens, naamlik terneergedruktheid en spanning (sogenaamde depressie en ''stress'')? Die sondige van die mens en sy breuk met God wat hom die vrug van die Gees ontneem: Kyk Gal 5 : 22 (Sielkunde).

Is 2 x 2 = 4 dieselfde vir mense van allerhande gelowe. Nee. Vir die Christen is dit deel van die getalorde van God se skepping (Wiskunde).

Aan die hand van die Bybelse Calvinisties-gereformeerde lewens- en węreldbeskouing: 'n Lewens- en węreldbeskouing gee uitdrukking aan die eintlike en diepste sin wat die werklikheid (en dit sluit die węreld, die mens se bestaan en sy lewe in) is Teďsties (Een God wat Skepper en Bestuurder van die heelal is - HAT). Dit gaan uit van die beginsel dat lewe en węreld uit en deur en tot God is. En van die hoogste standpunt bekyk, is heel die węreld 'n organiese geheel, deur één gedagte gedra, deur één wil gelei, vir één doel bestem; 'n gebou wat oprys en 'n liggaam wat gebou word; 'n kunswerk van die opperste Kunstenaar en die Boumeester van die heelal, aldus Dr Herman Bavinck (In: Christelijke Wereldbeschouwing). In elke stuk Christelike (vak)onderrig, in elke les is die Bybelse gereformeerde lewens- en węreld-beskouing die inkleër en verklaarder van betekenis.