Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Binding of ...Ontbinding

SKRIFOORDENKING:
Reformasie:  Die oproep uit die Skrif, ook vir vandag

Die rol van die man in die Kerk

Die Verbondsteologie

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself

Omstrede reeks Harry Potter boeke

Die Boeddhisme en sy leiers

Bybel en Koran vs Bybel óf Koran

Die Intergeloofsaanslag

Die omkering van die Staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Bhoeddhismesentrum in ooste van Pretoria geopen

"Die gesag van die Bybel aan flarde"

Die nuwe liedboek vir die Afrikaanse Kerke

Die heiligheid van die Nagmaal aangetas

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO Verantwoording van toekenning van besondere professorraat

'n Vennootskap om "Holistiese" eenheid te bevorder

Vakonderrig in 'n Bybelse perspektief

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die Psalmberyming


Verandering ter wille van verandering

Jesus se opstanding vra geloof

Kritiek op vrysinnige teologie

KOMMENTAAR: 
Aangaande kritiek van Radio Pretoria op Staatslotery

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Etiek begin by die vrees van God

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 2 Maart 2001

Persrubriek

Verandering ter wille van verandering ...

Brief van Theo Mey, Bethlehem, in KONTEKS, Januarie / Februarie 2001

Ek wil net 'n ondervinding deel met mense wat so maklik vra dat ons eredienste moet verander - om by hulle gevoelens aan te pas.

By my aankoms in die kerk was ek begroet met jolige gospel-musiek.

Die voorste gedeelte van die kerk was omgebou in 'n verhoog, waarop ses sangers en musikante 'n vertoning gelewer het.

Met die aanvang van die erediens het die hoofsanger, sonder baadjie of das, die mikrofoon geneem en die seën uitgespreek, waarna ons vir nog minstens vyftien minute met sang vergas is. Die gemeente was glo veronderstel om saam te sing, maar was nie in besit van 'n gospel liedjiebundel nie. (Geen psalms of gesange was deur hulle gesing nie.)

Hierna het 'n doopplegtigheid plaasgevind in die vorm van doopkategese, sonder dat die doopformulier gelees is.

Toe het daar 'n kort, kragtige preek gevolg van skaars vyf minute deur die gemeente se tweede predikant. Na meer as 'n uur het ek leeg daar uitgestap en as ek mag oordeel na ander se gesigsuitdrukkings, dieselfde. Dit is glo ''in'' om die jeug te betrek dat die eredienste so gehou word, maar as dit so is:

waar was die jeug? Net sowat tien jeugdiges was teenwoordig, en van hulle was besoekers.

waarom het hulle verveeld en met strak gesigte gesit?

waarom het hulle nie saamgesing nie?

Uit 'n gemeente van minstens duisend lidmate, was daar skaars tagtig in die kerk. Die enigste wat dit geniet het was die twee predikante en die musikante.

Dit wil vir my voorkom asof dit nie die jeug is nie, maar wel die predikante en musikante wat so 'n diens verkies. Die vertoning was puik en sou goeie ontspanning uitgemaak het, maar nie saam met en as ere-diens nie,

Ons moet waak dat ons eredienste en Woordverkondiging nie verwêrelds word nie, allermins om die mens te behaag.

Die saak wat hiermee aangespreek is, bevestig 'n verskynsel wat al hoe meer posvat in aldrie (suster-) kerke van die gereformeerde tradisie. Red.