Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Binding of ...Ontbinding

SKRIFOORDENKING:
Reformasie:  Die oproep uit die Skrif, ook vir vandag

Die rol van die man in die Kerk

Die Verbondsteologie

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself

Omstrede reeks Harry Potter boeke

Die Boeddhisme en sy leiers

Bybel en Koran vs Bybel óf Koran

Die Intergeloofsaanslag

Die omkering van die Staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Bhoeddhismesentrum in ooste van Pretoria geopen

"Die gesag van die Bybel aan flarde"

Die nuwe liedboek vir die Afrikaanse Kerke

Die heiligheid van die Nagmaal aangetas

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO Verantwoording van toekenning van besondere professorraat

'n Vennootskap om "Holistiese" eenheid te bevorder

Vakonderrig in 'n Bybelse perspektief

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die Psalmberyming


Verandering ter wille van verandering

Jesus se opstanding vra geloof

Kritiek op vrysinnige teologie

KOMMENTAAR: 
Aangaande kritiek van Radio Pretoria op Staatslotery

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Etiek begin by die vrees van God

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 2 Maart 2001

Persrubriek

JESUS SE OPSTANDING VRA GELOOF

PROF GJC (JORRIE) JORDAAN IN DIE ALGEMENE KERKBODE VAN 9 ; 10 FEBRUARIE 2001, BL 5

Die liggaamlike opstanding van Jesus Christus het die afgelope paar maande weer in die teologiese spervuur te staan gekom. Enkele prominente teoloë het gekom met die redenasie dat dit wetenskaplik onmoontlik is dat Jesus werklik dood was en weer lewendig geword het. Daarom is Jesus se opstanding 'n storie - fiksie, 'n mite - deur die vroeë kerk gefabriseer. Gevolglik moet die Christendom die opstandingsverhaal maar liewer as 'n stuk simboliek beskou: miskien as 'n blote geestelike herlewing van dit waarvoor Jesus gestaan het, in die lewe van die Christene. Maar solank as wat Christene 'n werklik liggaamlike opstanding van Jesus probeer handhaaf en verdedig, sê die geleerdes, maak hulle hulleself belaglik en ongeloofwaardig in die oë van die moderne wêreld.

Hierdie skeptiese kyk op Jesus se opstanding is niks nuuts nie. Toe die apostel Paulus in Athene die opstan-ding van Christus aan die Grieke verkondig het, het baie van hulle hom uitgelag (Hand 17 : 32). In 1 Korinthiërs 1 : 24 24 skryf Paulus dan ook dat Christus wat gekruisig is, vir die Jode 'n aanstoot is en vir die Grieke onsin. ... maar vir die wat deur God geroep is, is Hy die krag van God en die wysheid van God.

Die probleem met die Atheners van destyds en met skeptici van vandag is dat hulle Jesus se opstanding met die verstand wil verklaar. Hulle vergeet dat sy opstanding 'n absolute wonder was. Juis daarom is dit nie met die verstand wetenskaplik verklaarbaar nie. As die wetenskap sy opstanding sou kon verklaar, sou dit nie meer 'n wonder wees nie. Maar omdat dit 'n wonder was, vra die opgestane Jesus nie bewyse nie maar geloof. Geloof, lees ons in Hebreërs 11 : 1:''... is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die sake wat ons nie sien nie.''

Elkeen wat die opstanding van Jesus Christus verwerp, om watter rede ook al, wys nie hoe wetenskaplik en rasioneel hy is nie, maar wys sy gebrek aan geloof. In plaas daarvan om aan sulke mense se skeptiese vrae toe te gee, moet ons hulle weer-lê en aan hulle die woorde van Romei-ne 10 : 9 verkondig:: '' As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.''