Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 2 Maart 2003
"ONS WEET NIE"
Opmerkings oor huidige Bybeluitleg
- (Em) Prof LF Schulze - Teologiese Skool Potchefstroom -
1. AGTERGROND1.1 Die rasionalisme van die Verligting (18de eeu) het vraagtekens agter die Bybel begin plaas. Een van die beroemdes van daardie tyd was Voltaire. Oënskynlik het hy saam met die kerk gepraat, want die kerk bely: "Ek glo in God ..." (Twaalf Artikels). Op 'n keer, so word vertel, het Voltaire op 'n heuwel gestaan en die son sien opkom en verruk uitgeroep:"ek glo in U, ek glo in U, o God!!" Hoewel die woorde dieselfde klink, word nie dieselfde God bedoel nie. Die kerk glo in die lewende God wat Homself in sy werke en nog duideliker in sy Woord bekend gemaak het. Voltaire wil die geloof (apart van die verstand) behou en sien genoeg 'bewyse' dat God bestaan in die "natuur". Die Bybel word egter deur hom anders behandel:
Painstakingly, with grave hostility and alert intelligence, Voltaire and madame du Chatelet studied every verse of Holy Writ, using commentaries, higher criticism, deist propaganda, and their own common sense to single out the cruelty of the Chosen People ... (Peter Gay in die Inleiding tot Lanson se biografie van Voltaire; hierdie verbete Bybelstudie is vir 15 jaar volgehou - 1734-1749).
Lanson teken in treffende taal Voltaire se oortuiging (wat terselfdertyd 'n kort opsomming van die hele program van die Verligting was).
Humanly speaking, the Bible is fascinating reading, like Homer; and Jesus is a rustic Socrates. But the time to adopt this point of view had not yet arrived. The first task was to destroy in men's minds the prejudiced notion of divinity, the habit of blind respect that gave the Bible and the New Testament a place apart among the monuments of the human spirit.
Die Verligting word gewoonlik voorgestel as 'n "redelike Christendom" - die Christelike leer wat net effens meer verstandelik geformuleer is. Trefwoorde in hierdie 'godsdiens' is "God, deug en onsterflikheid". Kyk byvoorbeeld Gesang 53:1:
Mijn God! Wat ooit in mij verdoov'
Dat ik altijd aan U geloov'
Aan deugd en eeuwig leven. (Psalmen en Gezangen, 1773)
Voltaire gooi egter die algemeen aanvaarde half-Christelike masker van die Verligting af en toon ons die naakte uitgesproke anti-Christelike gees van die Verligting.
1.2 Die bevraagtekening van die Bybel en die tradisionele leer was een bestanddeel van die resep. Die ander was 'n ver-wêreldlikte opvoeding en onderwys. Ek wou hierdie tweede bestanddeel net noem, maar moet tog iets meer daaroor sê. Daarom nog net een byvoeging: die beroemde Duitse digter en filosoof, GE Lessing, se laaste groot wysgerige werk is: Die opvoeding van die menslike geslag (1777-1780). Die titel toon reeds die belang van opvoeding; dit verraai ook die "ekume-niese" opset van die werk - alle mense is broers. Inhoudelik is die werk nog belangriker: dit teken die "ontwikkeling" van die godsdiens vanaf fetisjisme oor Jodendom tot Christendom, en bokant die Christendom uit tot by die "godsdiens" van die Verligting, wat die deug ter wille van die deug soek en nie ter wille van die loon nie (kyk egter Heid Kategismus, Sondag 24).
1.4 Wanneer die argwaan teen die Bybel en kerkleer met die sekulêre opvoeding gemeng word, eers dan word 'n kritiese kyk op die geskiedenis self moontlik. Dan kom die aard en betekenis van die geskiedenis self in die gedrang. Lessing het die probleem op sy skerpste geformuleer deur te sê: "Toevallige waarhede van die geskiedenis kan nooit die bewys word van noodsaaklike waarhede van die verstand nie" (my kursivering LFS). In dieselfde asem praat hy van die "breë, aaklige agter-grond" wat die verlede van die hede skei. Hierdie beroemde uitsprake van Lessing is al op verskillende maniere verklaar (waar-aan ons verbygaan). Die kardinale saak is om raak te sien en te verstaan dat die Verligting se kritiese kyk op die geskiedenis 'n metode geword het om die Bybel te verklaar - die sogenaamde histories-kritiese metode.
2. Metode
'n Metode is niks anders as die manier waarop of die pad waarlangs ek van een plek (die vertrekpunt) na 'n ander plek (die doelpunt) wil kom nie. Om dit vanuit 'n ander hoek te sê: Die pad wat ek gaan loop, word bepaal deur waar ek is (vertrek-punt) en waarheen ek wil gaan (doelpunt).
Die histories-kritiese metode van Skrifuitleg is dus niks anders nie as om vanaf ons huidige verstandelike sekerheid (duskant die afgrond) 'n pad te soek of brug te bou na die onsekere verlede van die Nuwe Testamentiese tyd, en om daar te midde van die baie onseker geskiedkundige omstandighede 'n vaste vastrapplek te kry.
'n Enigsins vaster bodem het ons net in één enkele geval onder die voete, naamlik dan wanneer Tradisie, uit watter gronde ook al, van die Jodendom afgelei, of aan die oer-Christendom toegeskryf kan word (Käsemann, 1953: Die probleem van die historiese Jesus).
Die hele geskiedenis van die 'liberale teologie' van die afgelope 250 jaar is niks anders as variasies op hierdie tema (probleemstelling) van die Verligting nie. Die term "histories-kritiese metode" het in die laaste dekades die wind van voor gekry en word deesdae meesal vervang met "sosio-historiese metode". Behalwe die naam het daar egter niks verander nie.
3. Proef op die som
Hier volg 'n willekeurige voorbeeld om bogenoemde te illustreer. In 1940 het HW Obbink sy intreerede as teologiese professor (Nedl Herv Kerk) gehou. Die titel lui: Die heilige boek as godsdienshistoriese verskynsel. Daarin word die probleem wat Lessing gestel het, net in die skrywer se eie woorde herhaal:
1.1 Die rasionalisme van die Verligting (18de eeu) het vraagtekens agter die Bybel begin plaas. Een van die beroemdes van daardie tyd was Voltaire. Oënskynlik het hy saam met die kerk gepraat, want die kerk bely: "Ek glo in God ..." (Twaalf Artikels). Op 'n keer, so word vertel, het Voltaire op 'n heuwel gestaan en die son sien opkom en verruk uitgeroep:"ek glo in U, ek glo in U, o God!!" Hoewel die woorde dieselfde klink, word nie dieselfde God bedoel nie. Die kerk glo in die lewende God wat Homself in sy werke en nog duideliker in sy Woord bekend gemaak het. Voltaire wil die geloof (apart van die verstand) behou en sien genoeg 'bewyse' dat God bestaan in die "natuur". Die Bybel word egter deur hom anders behandel:
Painstakingly, with grave hostility and alert intelligence, Voltaire and madame du Chatelet studied every verse of Holy Writ, using commentaries, higher criticism, deist propaganda, and their own common sense to single out the cruelty of the Chosen People ... (Peter Gay in die Inleiding tot Lanson se biografie van Voltaire; hierdie verbete Bybelstudie is vir 15 jaar volgehou - 1734-1749).
Lanson teken in treffende taal Voltaire se oortuiging (wat terselfdertyd 'n kort opsomming van die hele program van die Verligting was).
Humanly speaking, the Bible is fascinating reading, like Homer; and Jesus is a rustic Socrates. But the time to adopt this point of view had not yet arrived. The first task was to destroy in men's minds the prejudiced notion of divinity, the habit of blind respect that gave the Bible and the New Testament a place apart among the monuments of the human spirit.
Die Verligting word gewoonlik voorgestel as 'n "redelike Christendom" - die Christelike leer wat net effens meer verstandelik geformuleer is. Trefwoorde in hierdie 'godsdiens' is "God, deug en onsterflikheid". Kyk byvoorbeeld Gesang 53:1:
Mijn God! Wat ooit in mij verdoov'
Dat ik altijd aan U geloov'
Aan deugd en eeuwig leven. (Psalmen en Gezangen, 1773)
Voltaire gooi egter die algemeen aanvaarde half-Christelike masker van die Verligting af en toon ons die naakte uitgesproke anti-Christelike gees van die Verligting.
1.2 Die bevraagtekening van die Bybel en die tradisionele leer was een bestanddeel van die resep. Die ander was 'n ver-wêreldlikte opvoeding en onderwys. Ek wou hierdie tweede bestanddeel net noem, maar moet tog iets meer daaroor sê. Daarom nog net een byvoeging: die beroemde Duitse digter en filosoof, GE Lessing, se laaste groot wysgerige werk is: Die opvoeding van die menslike geslag (1777-1780). Die titel toon reeds die belang van opvoeding; dit verraai ook die "ekume-niese" opset van die werk - alle mense is broers. Inhoudelik is die werk nog belangriker: dit teken die "ontwikkeling" van die godsdiens vanaf fetisjisme oor Jodendom tot Christendom, en bokant die Christendom uit tot by die "godsdiens" van die Verligting, wat die deug ter wille van die deug soek en nie ter wille van die loon nie (kyk egter Heid Kategismus, Sondag 24).
1.4 Wanneer die argwaan teen die Bybel en kerkleer met die sekulêre opvoeding gemeng word, eers dan word 'n kritiese kyk op die geskiedenis self moontlik. Dan kom die aard en betekenis van die geskiedenis self in die gedrang. Lessing het die probleem op sy skerpste geformuleer deur te sê: "Toevallige waarhede van die geskiedenis kan nooit die bewys word van noodsaaklike waarhede van die verstand nie" (my kursivering LFS). In dieselfde asem praat hy van die "breë, aaklige agter-grond" wat die verlede van die hede skei. Hierdie beroemde uitsprake van Lessing is al op verskillende maniere verklaar (waar-aan ons verbygaan). Die kardinale saak is om raak te sien en te verstaan dat die Verligting se kritiese kyk op die geskiedenis 'n metode geword het om die Bybel te verklaar - die sogenaamde histories-kritiese metode.
2. Metode
'n Metode is niks anders as die manier waarop of die pad waarlangs ek van een plek (die vertrekpunt) na 'n ander plek (die doelpunt) wil kom nie. Om dit vanuit 'n ander hoek te sê: Die pad wat ek gaan loop, word bepaal deur waar ek is (vertrek-punt) en waarheen ek wil gaan (doelpunt).
Die histories-kritiese metode van Skrifuitleg is dus niks anders nie as om vanaf ons huidige verstandelike sekerheid (duskant die afgrond) 'n pad te soek of brug te bou na die onsekere verlede van die Nuwe Testamentiese tyd, en om daar te midde van die baie onseker geskiedkundige omstandighede 'n vaste vastrapplek te kry.
'n Enigsins vaster bodem het ons net in één enkele geval onder die voete, naamlik dan wanneer Tradisie, uit watter gronde ook al, van die Jodendom afgelei, of aan die oer-Christendom toegeskryf kan word (Käsemann, 1953: Die probleem van die historiese Jesus).
Die hele geskiedenis van die 'liberale teologie' van die afgelope 250 jaar is niks anders as variasies op hierdie tema (probleemstelling) van die Verligting nie. Die term "histories-kritiese metode" het in die laaste dekades die wind van voor gekry en word deesdae meesal vervang met "sosio-historiese metode". Behalwe die naam het daar egter niks verander nie.
3. Proef op die som
Hier volg 'n willekeurige voorbeeld om bogenoemde te illustreer. In 1940 het HW Obbink sy intreerede as teologiese professor (Nedl Herv Kerk) gehou. Die titel lui: Die heilige boek as godsdienshistoriese verskynsel. Daarin word die probleem wat Lessing gestel het, net in die skrywer se eie woorde herhaal:
Het heilige boek is dus, zoals het daar ligt, moeilijk bruikbaar. De afstand in ruimte en tijd maakt het al spoedig voor de gemeente op allerlei punten onverstaanbaar (...); en de innerlijke tegenstrijdigheden vormen maar al te gemakkelijk een bron van verwarring en onzekerheid.