Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

GESPREK MET DIE LESERS

REDAKSIONEEL

Hierdie uitgawe verskyn, as gevolg van afvaardiging na die Nasionale Sinode GKSA te Potchefstroom asook 'n kort vakansie-onderbreking kort daarna, volgens die beplande datering van Maart 2003, effens laat. Ons hoop dat ons die tyd wat ons agter geraak het met die verskyning van die eersvolgende twee uitgawes weer kan regstel.

Dit word uit talle oorde vermeld dat ons blad nou meer as te vore noodsaaklik geword het vir koers en samebinding. Mag die Here die gesondheid en die wysheid verskaf om hiermee voort te gaan. Mag daar ook van die kant van die lesers/intekenare 'n voortgesette morele en finansiële ondersteuning ontvang word sodat Die Kerkpad geen gebrek aan onderskraging en stoflike behoeftes sal hê nie. Help asseblief juis nou om die betalende lesersgetal uit te brei, sodat ons daarna kan strewe om ons blad te verbeter en te verfraai.

Daar word tans oorweeg om te begin met 'n vrouebladsy en dalk ook een vir die jeug sodat ons al hoe meer begin funksioneer as 'n gesinsblad met die noodsaaklike taak van gereformeerde voorligting op alle terreine, vir die hele gesin. Daar is reeds 'n suster met redaksionele ondervinding wat haar daarvoor beskikbaar gestel het. Ons soek ook nog na ander medewerkers wat in staat en bereid is om reëlmatig relevante kopie te verskaf om ons blad mee te vul, sodat ons minder die toevlug hoef te neem tot kopie wat uit ander organe of boeke oorgeneem word. Dié wat ingelig is oor plaaslike omstandighede wat van belang is vir kennisname deur middel van ons blad, word ook vriendelik versoek om dit onder aandag van die redaksie te bring.

Die Kerkpad kry sy eie internet-identiteit

Ons blad het die afgelope jare van krag tot krag gegaan. Die boodskap is ook met vrug oor die internet versprei, dat daar besluit is om 'n eie internet- identiteit te verkry - die adresse verskyn hieronder. Hierdie permanente adresse is aanduidend van ons geloof in die langtermyn toekoms van ons blad.

Hierdie ontwikkeling stel ons in staat om mettertyd ons webtuiste nog meer uit te brei. Besoek gerus ons webtuiste by ....

www.kerkpad.co.za en stuur u e-pos aan redakteur@kerkpad.co.za - dit is baie makliker om te onthou as die vorige adresse. Dit word van nou-af so ook op die voorblad bekendgestel.

ADMINISTRATIEF

Ons ontvang reëlmatig finansiële bydraes asook donasies van intekenaar/lesers van ons blad, waarvoor ons die skenkers baie dankie sê. Ewenwel is daar nog 'n groot aantal intekenare wat nog nie vir die huidige, die sewende en sommige selfs vir die vorige, die sesde jaargang bygedra het nie. Ons sal dit waardeer as almal wil saamwerk om hulle bydraes op datum te bring. Let op die syfer 7 agter die adresnaam op die koevert. In dié geval is u nie nou iets verskuldig nie. Dit geld slegs vir dié wat 'n 6 of dalk 'n 5 agter hulle name het. Ons wil ook nogmaals daarop aandring om nuwe intekenare te werf om ons blad uit te bou nou behoudende voorligting noodsaakliker is as te vore.

Indien daar lesers is wat graag van die vorige uitgawes, vanaf die eerste jaargang se eerste uitgawe wil ontvang kan met ons kantoor in verbinding tree. Dis moontlik om dit te verskaf.

Dit staan die lesers ook vry om van ons blad se inhoud te kopieer en te vermenigvuldig vir verspreiding. Ons hoor van talle gevalle waar dit suksesvol gedoen word. Ook mag dit met verwysing na die bron en verskyningsdatum vir publikasiedoeleindes vrylik oorgeneem word.