Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

KERKLIKE JOERNAAL

BEKER OF KELKIE BY NAGMAALVIERINGS IN DIE GKSA NOU AAN BESLUITNEMING VAN PLAASLIKE KERKE OORGELAAT

Uit verskeie oorde is die saak van die al dan nie gebruik van kelkies vir die vierings van die Heilige Nagmaal by die Nasionale Sinode aanhangig gemaak. Daar is onder meer verwys na die besluit van die Nasionale Sinode 2000 (Acta 2000: punt 3.2.2.3). "Indien kerke om gewigtige redes van gemeenskaplike drinkbekers afwyk, moet dit met verantwoording uit die Skrif gedoen word".

Enkele voorstelle vir 'n gewysigde bewoording is voorgestel en bespreek, onder andere: "Wanneer daar by 'n lidmaat omstandighede bestaan waar die gemeenskaplike beker nie gebruik kan word nie, moet die kerkraad dit met verantwoordelikheid voor die Here hanteer". Dit handel oor probleme van sekere lidmate aangaande die gebruik van die beker en nie oor kerkrade wat kelkies naas die beker vir die viering van die nagmaal reeds ingevoer het of wil aanbeveel nie. Hierdie voorstel is nie aanvaar nie. Ten slotte is die bogenoemde klousule van Sinode 2000 geskrap en geen alternatiewe bewoording in die plek daarvan gestel nie. Gevolglik geld die afsluiting van die betrokke (2000) sinodebesluit: "Waar daar in 'n plaaslike kerk alternatiewe weë van nagmaalsviering binne die gestelde raamwerk mag voorkom, behoort daar met die liefde van Christus die nodige agting en begrip vir mekaar getoon te word".

Dit skep nou verwarring. Geen liturgiese eenheid insake die viering van die Heilige Nagmaal meer nie.  Daar is kerke waar (prinsipieel)) slegs die beker(s) sittende aan die gemeenskaplike tafel(s) bedien word. Ook ander waar dit tesame met kelkies wat op die tafel(s) gereed staan, bedien word. Nog weer ander waar beker en kelkies aan 'n simboliese tafel en tewens (algemeen) die brood en kelkies in die kerkbanke voorsien word.