Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

KERKLIKE JOERNAAL

DIE NUWE PSALMBOEK

Totiusberyming en Cloete-omdigting in een bundel

Een van die gewigtige besluite wat die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke geneem het handel oor die aanvaarding van die Cloete-omdigting van die Psalms vir gebruik in die eredienste.

Dit is aanbeveel "dat die Sinode die huidige Totiusteks saam met die nuwe Psalmberyming soos in die LIEDBOEK in een Psalmbundel uitgee vir gebruik in die eredienste soos deur elke Kerkraad goedgekeur word." Bykomend is besluit dat daar voortaan nie van die "Totius-" en "Cloeteberyming" gepraat sal word nie (selfs al het die benamings al tot 'n mate geyk geraak) maar dat wanneer daar na die omdigtings as geheel verwys word, dit onderskeidelik as die "1936-beryming" en die "2001-omdigting" aangedui sal word. Die saamgestelde bundel sal as "Psalmboek" bekend staan. Dit is gemotiveer dat "Psalm" 'n ruimer begrip is wat nie net die Bybelboek "Psalms"aandui nie, maar wat ook oorkoepelend die liedere vir die kerksang aandui. Om "die openbaringshistoriese verband met die Messiaanse gebruik van sekere Psalms in die Nuwe Testament" is bykomend besluit dat in die Psalmbundel, "by sowel die 1936-beryming as die 2001-omdigting" dit met voetnote aangedui sal word.

Ook is besluit dat daar 'n aantal Skrifberymings toegevoeg gaan word. Benewens dié wat aanbeveel is, ontvang deputate die opdrag om "die hele saak van die sing van Skrifgetroue en Belydenisgetroue liedere in die erediens verder te ondersoek." Hierteen het een lid van die kommissie dit "duidelik gestel" (dit is in die Rapport wat gedien het opgeneem): "Hy kan hom nie met hierdie aanbeveling vereenselwig nie omdat hy van oortuiging is dat 'n onbepaalde vermeerdering van Skrifberymings asook ander voorgestelde Skrifgetroue en Belydenisgetroue liedere die gebruik van Psalmsang in die erediens gaandeweg verminder."

Ten opsigte van die Totiusberyming is besluit dat met 'n beperkte hersiening daarvan volgens die voorstelle van wyle prof PW Buys voortgegaan sal word.

Die minderheidsstandpunt van die kommissie (onderteken deur vier ouderlinge: C Thirion, P van der Kooi, MJ van Staden en P van Staden ) is aan die hand van 'n afsonderlike Rapport wat gedien het, gemotiveer en bespreek. Hier volg die bevindinge wat onder die aandag van die Sinode gebring is:

(3.1) Formeel:

(1) "Die Sinode gee gevolg aan die beskrywingspunte en wel so dat deputate benoem word om met die ander twee Afrikaanse Kerke saam te werk in 'n nuwe beryming van die Psalms, sonder dat die Sinode hom nou reeds komprommiteer ten opsigte van die aanvaarding van sodanige Psalmberyming."

(2) Die Sinode 1994 het besluit dat die opdrag vir die deputate die toepaslike sinodebesluite sal wees, asook "deur die Sinode goedgekeurde beginsels en riglyne vir die keuring van Skrifberyminge vir die erediens, want dit sal net so geld vir Psalms wat in wese ook Skriberymings is"(Handelinge, pt 4.1; 4.2, bl 553).

(3) U kommissie oordeel dat die werkswyse van die deputate, soos wat dit deur hulle gerapporteer word, ten opsigte van hulle opdrag wat die Nuwe Beryming betref, nie ooreenkomstig staande sinodebesluite in hierdie verband is nie (vgl pt 2 hierbo).

(4) die kommissielede Liturgies het byna geen toegang tot of insae in die kommentare en kritiek gehad wat deur die kerke (kerkrade) aan die Deputate gestuur is nie. Eers in 'n te laat stadium om dit sinvol te beoordeel, is gemeld dat dit ter insae beskikbaar is. Daar is dus op die kommissie dus hoofsaaklik slegs kennis geneem van persoonlike toeligting wat deur individue gebied is en van dit wat in die Agenda en Aanvullende Agenda staan.

(5) Met die uitsondering van die insette van br P van Staden (lid van die kommissie) wat voorbeelde uit Hebreeus gemotiveer het waar die Psalmomdigtings nie met die Hebreeuse grondteks ooreenstem nie, was daar geen werklike kritiese beoordeling van die afsonderlike Psalmomdigtings op die kommissie nie. Daar kan dus deur die meerderheidsrapport ook nie daaroor gerapporteer word of 'n aanbeveling gemaak word nie en deur die Sinode ook nie daaroor geoordeel word nie.

(6) Dieselfde deputate wat meegewerk het aan die Nuwe Psalmberyming het ook hulle eie werk beoordeel.

(7) Met verwysing na punt 3 hierbo oordeel u kommissie dat die hele Ou Testament en dus ook al die Psalms uiteindelik op die koms van die Messias gerig is - dit gaan nie slegs oor voetnote by bepaalde Psalms nie.

Die Minderheidsrapport vervolg met sake waaroor die Sinode moet besluit:

(1) Ten opsigte van pt 3 hierbo : Die 1936-Beryming (Totius) is nie ter tafel nie en só 'n klousule kan dus nie daarby gevoeg word nie - dit is onordelik. Indien daar besware teen die 1936-Beryming is, wat reeds in sy geheel deur die Sinode aanvaar is, dan moet dit op die ordelike weg by wyse van 'n beswaarskrif op die tafel kom.

(2) Inhoudelik en prinsipieel:

(2.1) U kommissie bevind dat daar in die rapport (A16.1), spesifiek in "Bylae A" (bl 271-281) uitgangspunte gestel word wat nie ooreenkomstig Skrif, belydenis en Kerkorde is nie.

(2.2) Die uitgangspunt, soos gestel op bl 280("Die kommissie het besluit om die grondteks te volg deur die Psalms te verstaan soos die eerste hoorders dit gehoor het") gee blyke van 'n Skrifbeskouïng wat in terme van teologiese en Skrifbeskoulike uitgangspunte in wesentlike opsigte van die Gereformeerde Skrifbeskouïng afwyk. Een stap in die eksegeseproses word tot 'n finale uitgangspunt verhoog, waarmee nie net die Reformatoriese Skrifbeskouing van die eenheid van die Skrif (NGB art 1-7) losgelaat word nie, maar die Psalms as Nuwe-Testamentiese kerkliedere vir die Nuwe Testamentiese kerk gedegradeer word tot 'n sinagoge-liedboek.

(2.3) Soortgelyke Skrifbeskoulike probleme bestaan met betrek-king tot die uitgangspunt op bl 279 ("By die verkorting het die Nuwe Beryminge gepoog om die hooflyne van die Openbaringsgeskiedenis of die gedagtegang te behou") en die hantering van die Godsname.

Ten slotte die aanbeveling, waaroor die Sinode moet besluit.

Die Ondertekenare van die Minderheidsrapport adviseer soos volg:

Sowel met verwysing na die formele aspekte asook ten opsigte van die inhoudelike aspekte (hierbo genoem) beveel u kommissie aan dat:

Ander deputate benoem moet word om uitvoering aan die staande sinodebesluit te gee (Handelinge 1994, pt 4.1; 4.2, bl 553) deur elke Psalmomdigting afsonderlik aan die hand van die grondteks te beoordeel.

Hierdie Minderheidsrapport is aangevul met drie bylaes wat onder aandag van die Afgevaardigdes geplaas is. Dit sal in die Handelinge van die Sinode wat binnekort verskyn, gepubliseer word. Veral die bylaes 2 en 3 is van belang en word vir kennisname aanbeveel.