Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

WANNEER KERKE 'N GEVAAR WORD

-  DR AP TREURNICHT. IN "WAAR DIE SOEKLIG VAL", 1974, BL 68-71  -

In 'n Nederlandse blad, Tot Vryheid Geroepen, verskyn 'n kostelike paragraaf oor leeggepreekte kerke. Verwysende na die dalende syfer in Amsterdam se kerkbywoning, is die blad se kommentaar soos volg: "Hier werk onweerstaanbaar 'n wet: Hoe soeter en slapper die baksel, hoe gouer raak mense daarvan teë en hoe minder eters bly oor. Die Amsterdamse predikante kan op 'n keer 'n proefneming maak: Een jaar lank swyg oor Viëtnam, Suid-Afrika, Martin Luther King, węreldeenheid; ophou propaganda maak vir passifisme, die Węreldraad van Kerke, interkerklike eksperimente, ensovoorts, en alleen maar goeie gereformeerde preke maak, die Skrif met die Skrif verklaar en dit aldus vir die gemeente open."

Dit belig maar een aspek van die gevaar wat 'n kerk vir sy lidmate kan word. Maar in dieselfde blad word 'n gewetensvraag aan die Gereformeerde Kerke gestel oor hulle beoogde aansluiting by die Węreldraad van Kerke. Dit kom van die Vereniging van Verontrustes in Den Haag. Die klem val op die geselskap waarin 'n kerk hom begewe. Daar is wel oog vir die noodleniging wat deur die Węreldraad gedoen word, asook die geleentheid tot getuienis wat 'n lidkerk in dié geselskap het. Dit was ook 'n oorweging vir die aansluiting deur 'n paar van ons Afrikaanse kerke. Maar die bedenkinge wat geopper word, kom op die volgende neer:

Die lidkerke verteenwoordig sowat 170 miljoen kerklidmate waarvan die Russies-Ortodokse saam met die Roemeense en Bulgaarse Ortodokse kerke ruim 50 miljoen of 30 persent van die totaal verteenwoordig. Volgens die wet van die Sowjet-Unie moet alle geestelikes lid van die Kommunistiese Party wees en staan hulle in diens van die hoofbestuur van die Kommunistiese Party of die Geheime Polisie.

In 1961 het patriarg Alexei sy erkentlikheid uitgespreek vir die nimmerfalende goeie verhouding van die Kommunistiese regering teenoor sy kerk. Dieselfde Alexei het op Nuwejaarsdag 1957 verklaar dat dit die anti-demokratiese kragte was wat die vreedsame bestaan van Hongarye in 1956 versteur het. Daar word beweer dat hy oor 'n regstreekse telefoonverbinding met die Kremlin beskik.

Tog het dieselfde Sowjetregering, wat vir sy goeie houding geloof word, 'n paar jaar gelede bekend gemaak dat dié wat die Christelike lektuur versprei en kinders van Christus vertel, van drie tot vyf jaar gevangenisstraf opgelę word. Maar aartsbiskop Nikodim maak by 'n sitting van die Węreldraad bekend dat hy dit met die politiek van die Sowjetregering eens is. En die Węreldraad op sy beurt erken Nikodim as biskop, en die lof van die Węreldraad vir Nikodim in die Economical Press Service, no 17 van 1966, het tot gevolg dat die Sowjetblad Izvestia op 30 Augustus 1966 'n lofrede oor die Węreldraad aanhef.

Die Vereniging van Verontrustes voer verder aan dat Borovoy, patriarg van Moskou, bekend is as lid van die geheime polisie en dat hy in die personeel van die Wéreldraad sit. Hy is die ondervoorsitter van die Komitee vir godsdiensvryheid in Rusland, maar in Moskou staan 960 van die ongeveer duisend kerke gesluit of word vir iets anders gebruik.

Die amptelike Baptiste-Unie is met sy twee miljoen lede sedert 1962 in die Węreldraad verteenwoordig. In 'n opdrag vir die gemeentes word van die kant van die Baptiste-Unie verklaar: "Die predikant moet daaraan dink dat die vernaamste taak van godsdienstige aktiwiteit tans nie in die werwing van nuwe lede bestaan nie; ewe min moet hy alte seer opgaan in die prediking; jongmense tussen tien en dertig jaar moenie tot openbare gebedsbyeenkomste toegelaat word nie." Opvallend was dit dat die Sekretaris van die Baptiste-Unie hom verdienstelik gemaak het deur sy vervolgingsmetodes teen die onder-grondse Baptiste-gemeentes en die inval in Tsjeggo-Slowakye openlik goedgekeur het.

Verder is daar verskynsels soos die volgende wat tot verontrusting stem: In 1950 is die Grieks-Katolieke Kerk in Roemenië ge-dwing om te ontbind en op te gaan in die Roemeense Ortodokse Kerk. Die leier van die operasie, patriarg Justinian, was reeds 'n Kommunis vóór die staatsgreep in Roemenië plaasgevind het. Die biskoppe wat hulle teen hierdie operasie verset het, het volgens die getuienis, byna almal aan martelinge beswyk.

'n Ander Roemeense patriarg, Tonecu, laat sy Kommunistiese simpatieë blyk deur die hamel en sekel as embleem op sy priesterkleed te dra en hom as "kameraad biskop" te laat aanspreek. Biskop Rapp, so lui die getuienis, leer dat God Hom drie maal geopenbaar het, naamlik in Moses, Jesus en Marx.

Ook uit ander oorde is die aandag daarop gevestig dat patriarg German, wat deur die Węreldraad as een van sy voorsitters gekies is, en wat hoof is van die Serviese Ortodokse Kerk in Joego-Slawië, met geweld aan die kerk as patriarg opgedring is en sy lojaliteit betuig het teenoor sy regering en die sosialistiese idees van die Joego-Slawiese Kommuniste.

Bogenoemde vereniging het ook gewys op besondere verskynsels by 'n vergadering van die Węreldraad in Uppsala. Hier was uitsprake waaruit 'n revolusiegees, gegrond op die Marxisme, sterk na vore gekom het.

In 'n besluit van die jeugafvaardiging staan te lees dat die kerke, as daar geen ander moontlikhede meer is nie, hulle moet inwerp agter beweginge wat desnoods deur revolusie, bestaande magsordeninge omver wil werp as hul regerings volkere onderdruk of in noodlydende toestande laat. Kubaanse afgevaardigdes het in 'n onderhoud verklaar dat die kerk agter die guerillastryd moet gaan staan.

Die indruk is gelaat dat die gedagteklimaat by Uppsala in hoë mate in die teken van revolusie gestaan het. 'n Publikasie van die jeugafvaardiging verklaar byvoorbeeld rond-uit: "Die Marxisme het buite die Westerse węreld méér tot stand gebring as die kerklike sending." Blykbaar is die staatslawerny in soveel lande, onder andere ook Rooi China, as 'n heilsame prestasie te beskou.

Die getuienis wat teen hierdie kerklike geselskap ingebring word en wat Suid-Afrika regstreeks raak, is die reaksie van die kant van die Węreldraad op die verhoor van dertig terroriste aan die begin van 1968. Die Węreldraad het die verhoor en uitspraak bestempel as in stryd met die regte van die mens. Die regter in die saak het in sy uiteensetting verwys na die "asemberowende aantal bewysstukke" wat in die besit van die aangeklaagdes gevind is: masjiengewere en allerlei wapens en ammunisie, hoofsaaklik van Kommunisties -Chinese en -Russiese maak. Daar is gewag gemaak van die hulp wat die aangeklaagdes ontvang het van Rusland, Rooi-China, Egipte, Ghana, Algerië en ander kommunistiesgesinde state in die opleiding van terroriste teen Suid-Afrika.

Die optrede van hierdie mense word deur die Wëreldraad in beskerming geneem, maar die verwysing na die moord op miljoene Russe, Chinese, Biafrane en ander, of ook enige veroordeling van die ateďstiese grondslag van die Kommunisme skitter in sy afwesigheid.

Die geldelike hulp van die Węreldraad aan terroriste, die ontvangs wat die Pous aan terroristeleiers gegee het en die bydraes van Gereformeerde Kerke in Nederland aan mense wat in werklikheid moordbendes is, laat gelowiges vra: Waarheen wil mense met die kerk? Diensbaar aan die evangelie of aan die revolusie?

(LW Hierdie artikel dateer tot vóór 1974 - Red)