Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

MEDIESE ETIEK

DIE BYBEL LEER ONS WAT GOED IS

-  DR MC DURAND  -

In die sekulêre debat is die definisie van die goeie en die mens se behaling van die goeie nog steeds ‘n onopgeloste argument. Sommige meen dat die goeie aan meeste mense bedien moet word. Ander meen dat die goeie slegs aan die eie ek bedien moet word. Maar wát presies hierdie goeie is is daar in die sekulêre gesprek steeds onsekerheid. Is die goeie die omhelsing van plesier en die ontsnapping van die pyn? Is die goeie die ontplooiing van die self? Is die goeie die beskerming van die lewe, óf die bevordering van welvaart?

Die onoplosbaarheid van hierdie argument bring geen verwondering by die gelowige nie. Want die gelowige weet dat nóg die bereiking, nóg die definisie van die goeie buite die verhouding van God behaal kan word nie.

God is goed

Die goeie is geen abstrakte konsep nie - naamlik ‘n konsep wat deur die eeue heen deur mense (individueel of gemeenskaplik) aanmekaar getimmer word nie. Die goeie is nie ‘n hersenskim van die mens nie. Die goeie is ‘n eienskap van God. Slegs God kan werklik goed. Slegs God kan uitsluitlik die goeie doen (Ps 16:2; 118:1; 2 Kon 5:13). Aangesien niemand goed is nie behalwe een, naamlik God (Luk 18:19), is God derhalwe die enigste begronding en oorsprong en onderhouder van enige goeie. Die goeie is ‘n persoonlike goeie.

God doen die goeie

God is al Een wat goed is, en daarom kan ons weet dat alles wat van Hom kom ook goed is:

* Die Here se skepping is goed (ook in die estetiese sin daarvan) (Gen 1: 10, 12, 18, 21, 25, 31).

* Die Here se woorde is goed (Jes 39:8).

* Die Here se handeling is goed.

Net soos die mens nie uit sy eie tot enige begrip van die goeie kon bekom nie, net so kan die mens uit sy eie nie die goeie behaal of oor homself bring nie. God is die Een wat die goeie by sy volk bewerk. Selfs al is die mens in opstand teen God en sy openbaring, selfs al is die omstandighede ongunstig - bewerk God by sy volk steeds die goeie (Gen 50:20). Só magteloos is die mens as dit by die goeie kom - dat hy nie eens die mag het om die goeie wat God aan sy volk bring kan keer nie. Nie eens konings en profete het hierdie mag nie (Vergelyk Farao: Eks 4:21; 7:3; 9:12; ens; Sihon: Deut 2:30-36; Bileam: Neh 13:2). Hoe magtig die mens ookal - op sy eie kan hy nie die goeie behaal nie.

Maar wat is die inhoud van die goeie? Die ongelowige kan nooit hierdie vraag beantwoord nie. Die gelowige daarenteen glo en bely dat die goeie is die verlossing van die slawerny van die sonde (Eks 18:9, vergelyk ook HK, Sondag 1) en die oorwinning oor die sonde en die dienaars van die duisternis (Gen 3:15; Num 10:29-36). Hierdie is die goeies wat God aan sy uitverkorenes skenk. Hy beloof om sy skape te bewaar. Hy is die Goeie Herder wat sy lewe vir sy skape aflê (Joh10:11).

God eis die goeie

God beveel ons om goeie vrugte te dra (Matt 3:10). Duidelik sal daar geen goeie vrugte by die mens sonder Hom kan wees nie. Slegs wanneer die gelowige Sy Woord as die lig vir sy voete gebruik sal hy weet wat die goeie is wat gedoen kan word. God openbaar sy wette aan ons sodat ons daaraan gehoorsaam kan word. Slegs die gelowige kan die goeie doen - al is dit gebrekkig. Maar die ongelowige kan nooit die goeie doen nie - al lyk dit soms uiterlik na ‘n goeie daad. Derhalwe kan daar ‘n onderskeid getref word tussen die wat goed is en die wat boos is (Matt 12:35; 25:21; 22:10). Die goeie handeling van die gelowige (al is dit gebrekkig) kan nie buite die lewende verhouding met God verstaan word nie. Die goeie handeling is maar ‘n stiptelike gehoor-saamheid van die wet nie. Die goeie handeling is deel van ‘n volledige verhouding van God as Skepper en Verlosser met sy uitverkorene:

* Hy gee die opdrag tot gehoorsaamheid (Matt 5:20),

* die lus tot gehoorsaamheid (Ps 119),

* die wet vir die gehoorsaamheid (Matt 5:18, 48),

* en die omstandighede waarbinne die gehoorsaamheid kan gebeur (1 Kor10:13).

Die mens se hart en handeling is nie goed op sy eie nie. Die goeie daad van die gelowige toon nie die geloof van die gelowige in die eerste plek nie. Die goeie daad van die gelowige toon eerder die mate van God se genade in sy lewe.

Die owerheid word slegs opgeroep om tussen die goeie en die bose dade van mense te onderskei. Die owerheid word getaak om die een wat goed doen te loof, maar die een wat kwaad doen te straf (Rom 13:1-4; 1 Pet 2:14). Duidelik is die onderskeid wat ‘n owerheid tussen goeie en kwade dade maak nie buite die opdrag van God nie. Die vraag is net óf enige owerheid die onderskeid tussen goeie dade en bose dade sonder die wet van God kán maak.

Voor God is niemand goed nie

Maar al sou die owerheid tussen die goeie daad en die bose daad kan onderskei, en daar goeie en bose mense op aarde is, is dit belanglik om te bely dat niemand voor God goed is nie. Na die sondeval is die mens nie meer regverdig of hei-lig nie (Rom 7:18; Rom 11:32). Die volmaakte weldade is ‘n toekomstige eskatologiese gawe (Heb 9:11; Heb 10:1; Fil 1:6).

Die mens kan alleen sy beperkinge bely en weet dat hy uit sy eie nie die goeie kan begryp, self kan behaal of selfs kan keer nie. Die enigste goeie waarmee ons God se genade kan beantwoord is die gehoorsaamheid van sy bevele. Hierdie bevele het God vir ons volledig in Sy Woord geopenbaar. Die een wat goed wil lewe sal derhalwe slegs lewe om God te dien (hetsy in sy lewensdiens, hetsy in Sy erediens), naamlik om dit wat God hom beveel te doen en niks anders nie. God het aan ons geopenbaar wat goed is, en Hy vra ons niks anders as om reg te doen, liefde te betrag en ootmoedig met Hom te wandel nie (Miga 6:8). Enigiets wat die mens buite die geopenbaarde wil van God doen sal hom ooit by die goeie kan bring nie, maar wel noodwendig by die bose.