Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 2 Maart 2003
OPVOEDING EN ONDERWYSEWOLUSIELEER 'N VERPLIGTE VAK IN SKOLE?
Standpunt van die jongste GKSA-Sinode
- NUUSKOMMENTAAR RADIO PRETORIA, DONDERDAG 23 JANUARIE 2003 -
Terwille van ons kindersDie sinode van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika se sterk kapsie teen die invoering van Darwin se ewolusieleer as verpligte deel van die leerplan, dui op n bewuswording in kerklike kringe van die owerheidsbeleid om die unieke waarheid van die Christelike geloof te misken.
Om die ewolusieleer n verpligte vak te wil maak, is deel van n doelbewuste agenda om die Christelike geloof te ondermyn. Dit druis ook teen wetenskaplike waarhede in.
Die ewolusiegedagte is op stuk van sake nog maar net n teorie. Daar is wel baie wat na ewolusie lyk. Daar is egter nog nie genoeg gegewens om dit as n wetenskaplik-bewysbare waarheid voor te hou nie. Dat daar aanpassings binne spesieverband kan plaasvind of ontwikkeling deur kruisteling, ontken niemand nie. Daar bestaan egter geen skakels wat onteenseglik kan bewys dat een spesie in n ander spesie ontwikkel het nie. Daar is ook nie n vaderspesie gevind waaruit verskillende spesies ontwikkel het nie.
Die ewolusieleer is ook onwetenskaplik in sy aanvaarding van materie as ewig en dat lewelose dinge lewe kan voort-bring. Dit is in stryd met die jongste kosmologiese bevindings, naamlik dat die skepping op n bepaalde oomblik ontstaan het. Die ewolusionisme is inderdaad n soort godsdiens vanweë sy geloof in materie as iets wat bo die menslike waarneming en ewig is. Ewolusionisme sê of veronderstel dat materie nooit deur n hoër werklikheid voortgebring is nie en veronderstel dat dit oor kragte en moontlikhede beskik wat nie anders as goddelik beskryf kan word nie. Dit sou in staat wees om dinge voort te bring wat alle menslike denke te bowe gaan. Dit sou selfs wesens voortbring soos n mens, n wese met selfbewussyn, eie wil, denke, geheue, emosie, drange, verbeelding en waardering van die mooie en die goeie.
Dit is bevooroordeeld en hooghartig. Dit verwerp by voorbaat enige kennis wat hy nie op gewone wetenskaplike wyse kan bekom en evalueer nie, maar skroom ook nie om self die grens na die ewige werklikheid oor te steek nie. Dit sien die mens net as n organisme wat toevallig deur n ewolusieproses vanuit n enkele lewensel ontwikkel het. Dit erken nie die werklikheid van die mens as siel of gees wat gans anders as sy materiële liggaam is nie.
Daar is soveel dinge wat presies ingestel moet wees om lewe op aarde moontlik te maak, dat kosmoloë soos Martin en Rees dit as wetenskaplik onaanvaarbaarder beskou om dit aan toevalligheid eerder as aan n beplande ontwikke-ling toe te skryf. Soos Albert Einstein dit gestel het "The universe is a put-up job".
Ewolusionisme beteken ook die vernietiging van moraliteit. Omdat die ewolusionis bloot materialisties en daarom ook ateïsties oor die mens dink, verwerp hy daarmee enige menslike verantwoordelikheid en aanspreeklikheid, Morele waardes soos eerlikheid, empatie met andere, verantwoordelikheidsin, selfrespek, agting en liefde vir die medemens is nie ter sake nie.
Die Sinode het tereg op die groot verantwoordelikheid gewys wat op ons Christen-ouers rus om hulle kinders in die waarheid van die Christelike leer te onderrig, maar hulle ook die onwaarhede van die ewolusionisme en ander valse godsdienste onder die aandag te bring.