Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

TEOLOGIE: WESTERSE NEERSLAG

(Redaksioneel in: DIE BOODSKAPPER

Onlangs het 'n baie insiggewende artikel van prof DFM Strauss in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap, 3de en 4de kwartaal 2002, verskyn onder die titel: Filosofiese onderstroming in die kontemporêre teologiese debat - van "ewige waarhede" tot "gekontekstualiseerde metafore" Daarin plaas hy as voorbeeld, die bekentenis van 'n bekende SA teoloog, prof Jaap Durand, oor hoe hy sy teologiese insigte ontwikkel het as 't ware bo-oor die verloop van die Westerse lewensbeskoulike denke die afgelope tyd. Die ooreenkoms is glashelder. Wat ons vandag aan die teologie in die greep van die tydsgees het, is maar net die neerslag van die versekulariseerde Wes-terse gees se geworstel. En dié sê in ons "post-moderne" dag: daar is geen ewige, gegewe waarhede nie; elke tyd praat is sy eie situasie of konteks in agterhaalbare beeldspraak oor God en sy "waarheid".

(DIE BOODSKAPPER, no 159, Maart 2003, bl 1)