Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

MEDEDELING

VAN DIE GEREFORMEERDE KERK

PRETORIA-DIE KANDELAAR

AANGAANDE JONGSTE SINODE-UITSPRAKE

Op sy vergadering van 27 Januarie het die kerkraad met diakens besluit om die volgende aan die gemeente mee te deel:

Die kerkraad het met ontsteltenis kennis geneem van enkele besluite wat deur die Nasionale Sinode van 6 - 16 Januarie op Potchefstroom geneem is en waaroor die kerkraad duidelike leiding aan die gemeente en ook wyer wil gee.

Na grondige oorweging is die kerkraad van oortuiging dat die volgende besluite nie uit die Bybel nie, maar eerder buite die Bybel om en op onordelike wyse geneem is:

Die besluit van die sinode om die gebruik van die 2001 Psalm-omdigting, ook bekend as die Cloete-omdigting, vir gebruik in die kerke aan te beveel, ondanks die ernstige tekortkominge wat uitgewys is, wat dit ongeskik vir Christelike kerklike gebruik maak.

Die besluit dat susters in die besondere amp van diaken mag dien, ondanks die spesifieke verbooie uit die Skrif en sonder dat die duidelike gevolgtrekkings van sinode 1988 uit die Skrif ongeldig bewys kon word.

Die kerkraad verklaar in gehoorsaamheid aan ons Koning en Here Jesus Christus dat hierdie besluite ongeldig is, omdat dit in stryd met sy Woord en sy liefde is.

(KERK EN WOORD, Maart 2003, bl 10)aart 2003, bl 10)