Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en demokrasie: Sinodekrasie!

AKTUEEL: Gereformeerde Kerk Waterberg gaan oor tot 'n staat van doleansie       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die gat van Pase

Die Kategismuspreek

GKSA Sinode Januarie 2003 Verslag met kommentaar

"Ons weet nie" Opmerkings oor huidige bybeluitleg

Professor Klaas Schilder  (1890 - 1952)

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Redakteur vir "Die Kerkblad"

Sinodale persverklaring oor omstrede belegging van    R680 000

Beker of kelkie by nagmaalvierings in die GKSA nou aan besluitneming van plaaslike kerke oorgelaat

Die nuwe psalmboek

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ewolusieleer 'n verpligte vak in skole

Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wanneer Kerke 'n gevaar word

Sononder of dagbreek?

PERSRUBRIEK: 
Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA?

Danie Theron en Afrikanervryheid

10 Kerke doen studie oor doodstraf

Teologie : Westerse neerslag

Versterk ons eie politiek

Mededeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Kandelaar aangaande jongste sinode-uitsprake

Sinode 2003 - 'n Nuwe koers vir die GKSA - Verhouding skrif en praktyk

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die Bybel leer ons wat goed is

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 2 Maart 2003

REDAKSIONEEL

Hierdie uitgawe is sterk toegespits op die jongste Sinode van die Gereformeerde Kerke te Potchefstroom, Januarie 2003.

Die besluite wat daar geneem is en die wyse waarop, word in hierdie uitgawe op verskeie wyses bekendgestel, bespreek en gekritiseer. Ook word getrag hoe om in die omstandighede van toenemende verwardheid van lidmate antwoord en leiding te verskaf. Die besluite van hierdie sinode tesame met die uitvoering daarvan in die plaaslike kerke, raak nie net die kerke in die verband van die GKSA nie, maar strek baie verder. Dit verskaf 'n sanksie aan liturgiese veranderinge wat die aangevoerde besware van die verlede relativeer. Van daardie veranderinge is reeds in ander Afrikaanse kerke (NGK, NHK en APK) 'n bestaande gebruik. Dit staan direk in stryd met die pad van reformasie wat volgens die wil van die Here in sy kerk(e) nagestrewe moet word.

Die saak van die Bybelvertaling moet nie gering geag word nie. Daar is onderliggende Skrifvertolkings asook verskil oor die inspirasie deur die Heilige Gees wat nou ook van toepassing is op die 2001 (TT Cloete)-omdigting wat naas die 1936 (Totius)-beryming vir gebruik in die kerke aanbeveel is. Die verwarring heers besonder met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal as gevolg van die gebruik van die kelkies naas of in plaas van die beker(s) reeds in talle gemeentes van die GKSA, maar algemeen in die drie kerkverbande wat hierbo genoem is. Dan is daar die saak van die vrou se betrekking in die kerklike ampsbediening waarteen Skriftuurlike besware aangevoer is en wat in die verbande van die NGK en NHK vrylik toegelaat word. Om blywende leiding te verskaf gaan ons in ons blad voort om relevante argumente aan te voer en samebinding van geestelik gelykgesindes in die GKSA asook daarbuite te bewerkstellig.