Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 3 No 2 Maart 1999
POLITIEKE KRONIEKDIE ANC
TEENOOR DIE GEREFORMEERDE (CHRISTELIKE)
GELOOF EN LEWENSBESKOUING
- P VAN DER KOOI -
In hierdie kroniek wil ons die aandag vestig op die prinsipiële onversoenbaarheid met die ideologiese beginsels, stryd en strewe van die ANC om ons land in al sy fasette te oorheers, soos wat dit voor en sedert die politieke revolusie van 2 Februarie 1990 as beleid aanvaar is en tans realiseer. -'n Brosjure van SERKOS (Sentrum van Reformatoriese en Kontemporêre Studies) Studiestuk No 1, Herfs 1989 - |
5. DIE EVANGELICAL WITNESS 1)
In Julie 1986 verskyn die Evangelical Witness in South Africa (WITNESS 1986). Dit is 'n verwerkte uitgawe van die Kairosdokument. Die Evangelical Witness word onderteken deur 130 leiers van onafhanklike en Evangeliese kerke, waarvan die oorgrote meerderheid aan Pinksterkerke, onafhanklike denominasies of een of ander jeugorganisasie behoort. Dit is opvallend dat Chikane van die ICT en Molebatsi, 'n evangelis met 'n jeugbediening in Soweto, die enigste ondertekenaars is wat ook die Kairosdokument onderteken het. Die Evangelical Witness is deur die ICT uitgegee en soos die Kairosdokument in die SAKP/ANC alliansie met lof verwelkom.
Die Evangelical Witness beskryf die standpunt oor wet en orde soos volg: "This 'Law' is the unjust law of apartheid which treats blacks as subhumans (less than the image of God) and this 'Order' is the orderly way in which the apartheid regime wants to enforce these unjust laws of apartheid. This 'Law and Order' means that the oppressed and exploited masses of South Africa must orderly and peacefully submit to their oppressors and exploiters. This to us is the Law of Satan and the Order of Hell. This, in the name of Jesus, we must resist!"
Die ideologiese onderbou van die Evangelical Witness vertoon 'n sterk sosialistiese standpunt. "To these groups (evangelicals) and churches what is called western Christian civilization or the western capitalistic culture is seen as identical with the Christian faith or the demands of the gospel, any other system (especially econnomic) which is not necessarily capitalist is taken as being atheistic and therefore anti-Christian. In their understanding of their faith they cannot see a possibility of being socialist and also Christian". Hierdie standpunt kan ten beste verklaar word teen die agtergrond van wat Lenin oor die godsdiens gesê het: "The oppression of humanity by religion is only the product and reflection of the economic oppression within society". Die standpunt van die Evangelical Witness is daarom anti-kapitalisties en anti-westers.
Die Evangelical Witness is volgens die Bevrydingsteologie niks minder rewolusionêr as die Kairosdokument nie. "The Gospel is radical. A call by God to a prophetic ministry is often, if not always, radical. We call upon all committed evangelicals in South Africa to come out boldly to be witnesses of the gospel of salvation, justice and peace in this country without fear. If we fail now we shall have no legitimacy in the post-liberation period unless we want to join the hypocrites of the world". Die Evangelical Witness het aan die "evangeliese" kerke 'n teologiese basis gegee waarmee steun aan die rewolusionêre bevrydingstryd geregverdig kon word. Dit het tot gevolg dat verskeie onafhanklike swart kerke binne die beïnvloedingsfeer van die ICT/SARK gebrig is. Indirek werk van die "evangeliese" kerke en bewegings mee aan die vestiging van die ANC/SAKP se strategiese doelwitte met die Suid-Afrikaanse samelewing.
DIE LUSAKA KONFERENSIE
Onder leiding van Emillio Castro Pombo, die hoofsekretaris van die WRK se PCR, word in Mei 1987 'n opvolgkonferensie in Lusaka, in Zambië, belê.Kerkleiers van oor die wêreld en uit Suid-Afrika vergader om die Harare Declaration te bevestig en uit te brei. Emilllio Castro is 'n selferkende Marxis en glo dat Marxiste en Christene deur "dialoog" kan saamwerk vir die bevryding van Suid-Afrika. Hy was reeds in Uruguay betrokke by die stigting van organisasies soos die "Frente Amplio" met die doel om deur aksies, vergaderings en lesings die ooreenstemming tussen die Christelike godsdiens, rewolusionêre geweld en die gewapende stryd in Latyns-Amerika te verduidelik.
Weens die betrokkenheid van kerkleiers uit die Gereformeerde Protestantse kerke by die Lusaka Konferensie moet hier iets oor dialoog verduidelik word. Hoewel dit verskeie betekenisse mag hê, word dialoog deur die Marxisme beskou as 'n instrument vir on(op) gemerkte ideologiese oorbrenging. Hierdie vorm van dialoog het ten doel om te onthaal, te informeer en samespraak te bevorder. Binne die raamwerk van die dialektiek van die Marxisme, soos deur die ANC/IDASA (Institute for a Democratic Alternative for SA) alliansie toegepas, skep dialoog 'n emosionele gesindheid van algehele en voortdurende ontspanning. Deur die gebruik van "toorwoorde" soos vrede, vryheid, sosiale geregtigheid, dialoog, ensovoorts, word die proses van on (op) gemerkte ideologiese oorbrenging aan die gang gesit en ook beëindig. Dialoog as on (op) gemerkte ideologiese oorbrenging (van Marxistiese idees) is die taktiek wat die meeste deur Marxistiese rewolusionêre bevrydingsorganisasies gebruik word om 'n ideologiese oorwinning gedurende die rewolusie te behaal.
Kerkleiers van die Gereformeerde Protestantse kerke uit Suid-Afrika wat dié konferensie op uitnodiging bygewoon het, het privaat gesprekke met die President van die ANC gevoer. Hulle verklaar dat hulle met 'n ander visie van die ANC teruggekeer het. Van die Ned Geref kerkleiers het dié ontmoeting as emosioneel en aandoenlik beskryf. Gedurende hierdie konferensie is hulle blootgestel aan "dialoog" met die ANC wat later sou uitloop op 'n besoek deur sommige aan Kuba.
Die Lusaka Statement is ná die konferensie uitgereik. In dié verklaring word die afgevaardigdes se verbintenis tot die Harare Declaration bevestig. Daar word onder andere verklaar: "We affirm the unquestionable right of the people of Namibia and South Africa to secure justice and peace through the liberation movements. While remaining committed to peacefull change we recognize that the nature of the South African regime which wages war against its own inhabitants and neighbours compels the movements to the use of force along with other means to end oppression. We call on churches ... to strengten their contacts with the liberation movements".
Die kerklike verteenwoordigers by die Lusaka Konferensie het verder onderneem: "We commit ourselves to further the cause of unity in our own churches, and in our ministry to the movements of liberation ... to bring an end to the illegitimate regime in South Africa".
1) Teksverwysings van die aanhalings is weggelaat maar dit is beskikbaar in 'n gekopieerde uitgawe van die publikasie in sy geheel, (20 bladsye), verkrygbaar by die administrasie van ons blad, teen R12-00 per eksemplaar (koste vir posversending ingesluit). |