Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: 'N "STERWENDE KERK" ?  Prof Bennie van der Walt se "'Requiem' op 'n sterwende kerk"

AKTUEEL: Christene se  deelname aan verkiesings

SKRIFOORDENKING: "Om te wag op die belofte van die Vader" (Hand 1 : 4 en 5)

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (2)

WARE EN VALSE SPIRITUALITEIT

SKRIFKRITIEK: Teologiese fondament vir die Nuwe Suid-Afrika

BOEKBESPREKING:  WA de Klerk se: "Die vreemde God en sy mense" (2)

KERKLIKE JOERNAAL:  Independentistiese vernuwing:   " 'n Gemeente wat in selgroepe funksioneer ..."
Dr PW Bingle se Evolusionisme

OPVOEDING EN ONDERWYS: Die Akademie vir Christelik-volkseie Onderwys (ACVHO)

DIE ONBYBELSE MULTI-RELIGIEUSE BENADERING IN DIE HUIDIGE ONDERWYSBEDELING

DIE EVOLUSIELEER VERSUS DIE BYBELSE SKEPPINGSOPENBARING

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Groen van Prinsterer (4)

PERSRUBRIEK:  Lewens- en Wêreldbeskouing
Nog NG predikante uit NG Kerk uit?
Wil volk skuld hê?

KOMMENTAAR:  Korrespondensie met die Kuratorium TSP

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (5)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Die drome aangaande die moderne medisyne

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 2  Maart  1999

KERKLIKE JOERNAAL

INDEPENDENTISTIESE VERNUWING

" 'n Gemeente  wat in selgroepe funksioneer,   ... vir ons tyd en omstandighede  relevant, reformatories en vernuwend   ... in bedieningswyse, geloofsgemeenskap en erediens ..."

DIE KERKBLAD van 18 November 1998, berig op bl 18 dat die Gereformeerde Kerke Delarey en Johannesburg-Wes (Brixton) besluit het om saam te smelt en een te word vanaf 1 November 1998. Dit is op sigself vir 'n stedelike gemeente normaal as gevolg van die tendens van vertrek van lidmate na ander gemeentes. Maar in hierdie geval betref dit 'n besondere aangeleentheid wat daarby betrek is.

Dié berig vermeld verder: "Omdat die kerkgebou geleë is in Bergbron ('n oostelike voorstad van Roodepoort) word die nuwe gemeente die Gereformeerde Kerk Bergbron genoem. Dit is 'n gemeente wat in selgroepe funksioneer, die gawes van elke lidmaat wil gebruik, Skrif- en belydenisgetrou wil bly, vir ons tyd en omstandighede relevant , reformatories en vernuwend wil wees in ons bedieningswyse, geloofsgemeenskap en erediensbelewing, en wat tot God se eer sy liefde in Christus wil bedien aan mekaar, aan die gemeenskap en aan buitekerklikes en ongelowiges - naby en ver."

Dit staan 'n gemeente vry om te besluit oor die funksionering van sy gemeentelike lewe en die liturgie van sy eredienste. Maar daar is perke wat daaraan verbonde is. As dit, soos in hierdie geval, drasties verskil van die bepalings van die kerkorde, dan behoort dit op kerklike wyse, deur middel van kennisname en besluitneming (vooraf!) deur die meerdere vergaderings van die kerkverband te geskied.

Hierdie funksionering en bedieningswyse mag dalk "reformatories" gemotiveerd wees, maar dit maak dié gemeente onherkenbaar as 'n Gereformeerde Kerk. ®