Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: 'N "STERWENDE KERK" ?  Prof Bennie van der Walt se "'Requiem' op 'n sterwende kerk"

AKTUEEL: Christene se  deelname aan verkiesings

SKRIFOORDENKING: "Om te wag op die belofte van die Vader" (Hand 1 : 4 en 5)

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (2)

WARE EN VALSE SPIRITUALITEIT

SKRIFKRITIEK: Teologiese fondament vir die Nuwe Suid-Afrika

BOEKBESPREKING:  WA de Klerk se: "Die vreemde God en sy mense" (2)

KERKLIKE JOERNAAL:  Independentistiese vernuwing:   " 'n Gemeente wat in selgroepe funksioneer ..."
Dr PW Bingle se Evolusionisme

OPVOEDING EN ONDERWYS: Die Akademie vir Christelik-volkseie Onderwys (ACVHO)

DIE ONBYBELSE MULTI-RELIGIEUSE BENADERING IN DIE HUIDIGE ONDERWYSBEDELING

DIE EVOLUSIELEER VERSUS DIE BYBELSE SKEPPINGSOPENBARING

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Groen van Prinsterer (4)

PERSRUBRIEK:  Lewens- en Węreldbeskouing
Nog NG predikante uit NG Kerk uit?
Wil volk skuld hę?

KOMMENTAAR:  Korrespondensie met die Kuratorium TSP

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (5)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Die drome aangaande die moderne medisyne

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 2  Maart  1999

Kerklike Joernaal

DR  PW BINGLE  SE   EVOLUSIONISME
"Die heelal is 'n kristalbal"

Sedert die uitgawe van die vorige jaar bevat die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika 'n reeks van Bybeldagstukkies vir elke dag van die jaar, so ook vanjaar. Dit dien vir gebruik met persoonlike Bybellees en Huisgodsdiens, aldus die titelbladsy. Ook word daarby vermeld dat "Menings uitgespreek in die dagstukkies die verantwoordelikheid van die skrywer is."

Nogtans is dit onverstaanbaar dat die heel eerste dagstukkie, van 1 Januarie onder die titel hierbo, "Die heelal is 'n kristalbal" geskryf deur dr PW Bingle (Kaapstad), geplaas is. As dit wil dien vir persoonlike leiding by die lees van die Bybel en vir Huisgodsdiens dan maak dit 'n mens juis verward oor die verstaan van die bybelse skeppingsopenbaring teenoor dit wat tans vry algemeen as die evolusionistiese ontstaan en ontwikkeling van die lewe veronderstel en geleer word (vergelyk die artikel van prof Pieter Stoker hieronder).

Ons publiseer met instemming die kommentaar van 'n getroue intekenaar/leser van ons blad wat hierdie saak op sy wyse beskryf en onder ons aandag gebring het. Hy vra of ons ons asseblief oor die saak sal uitspreek, waaraan ons hiermee voldoen.®

 

Geagte Redakteur

Hoe is dit moontlik dat 'n Gereformeerde publikasie, te wete die Almanak se redaksie (Gereformeerde teoloë) ??, hulle kan distansieer van wat hulle publiseer. Ek verwys na die nota, opmerking of wat 'n mens dit ook al sal noem (vir my skrei dit ten hemele!) op die bladsy in die Almanak vir 1999, net voor waar die dagstukkies begin.

Die dagstukkies is tog deur Gereformeerde predikante (??) geskryf vir Gereformeerde lidmate in 'n Gereformeerde publikasie of nie??  Dan begin hulle nog met dr PW Bingle wat die Skrif totaal verdraai met sy "miljoene jare" evolusie dwaalleer.

Wil u nie asseblief dat die Redaksie van Die Kerkpad hulle oor die saak uitspreek nie?

Dankie by voorbaat.