Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: 'N "STERWENDE KERK" ?  Prof Bennie van der Walt se "'Requiem' op 'n sterwende kerk"

AKTUEEL: Christene se  deelname aan verkiesings

SKRIFOORDENKING: "Om te wag op die belofte van die Vader" (Hand 1 : 4 en 5)

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (2)

WARE EN VALSE SPIRITUALITEIT

SKRIFKRITIEK: Teologiese fondament vir die Nuwe Suid-Afrika

BOEKBESPREKING:  WA de Klerk se: "Die vreemde God en sy mense" (2)

KERKLIKE JOERNAAL:  Independentistiese vernuwing:   " 'n Gemeente wat in selgroepe funksioneer ..."
Dr PW Bingle se Evolusionisme

OPVOEDING EN ONDERWYS: Die Akademie vir Christelik-volkseie Onderwys (ACVHO)

DIE ONBYBELSE MULTI-RELIGIEUSE BENADERING IN DIE HUIDIGE ONDERWYSBEDELING

DIE EVOLUSIELEER VERSUS DIE BYBELSE SKEPPINGSOPENBARING

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Groen van Prinsterer (4)

PERSRUBRIEK:  Lewens- en Wêreldbeskouing
Nog NG predikante uit NG Kerk uit?
Wil volk skuld hê?

KOMMENTAAR:  Korrespondensie met die Kuratorium TSP

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (5)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Die drome aangaande die moderne medisyne

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 2  Maart  1999

Persrubriek

WIL VOLK SKULD Hê?

Prof Bouke Spoelstra skryf in BEELD, 28 Januarie 1999, in sy rubriek Godsdiens-aktueel, onder andere as volg:

'n Mens kry vandag gedurig te doen met opinies, berigte, artikels waarin selfs bekende mense behep raak met 'n Afrikaner-metamorfose en in 'n nuwe identiteit wil opgaan. Sommige sê die ou Afrikaner is sleg want Dirk Coetzee vertel dit of die WVK het dát gehoor.

Meteens is "die Afrikaners" skuldig vir 'n ou bedeling wat met terreur en oorlog te doen gehad het . Is daar onder die son nog 'n volk wat hom so kan verlustig in die kwaad wat 'n paar individue in mags- of leiersposisies gepleeg het en hulle siti-sito met daardie skuld kan identifiseer? ...

Dit is asof sommige vandag dink 'n Christelike gewete verplig jou om Afrikaners af te kraak oor dade wat ander gepleeg het. Volgens die analise van Karl Marx was Afrikaners in die ou bedeling die regerende verdrukkersklas en staan hulle solidêr vir "misdade teen die mensheid" skuldig. ...

Ek het in die referendum vir "onderhandeling" gestem om sinvolle verandering te kry en was wreed geskok toe ek agterkom dat politici kiesers mislei het omdat dit vir hulle "oorgawe" van Afrikaners aan die ANC beteken het. ...

Teoloë struikel vandag telkens oor die misterie van geloof in God, jou mense en jouself. Hulle wil so graag geloof en kultuur, kerk en volk in akademiese kompartemente skei.

Ons het nie volk met kerk verwar nie en van 'n volkskerk niks geweet nie. Ons het egter geglo dat ons die Here dien en eer wanneer ons ons roeping as Afrikaners gehoorsaam.

Wat het die manne in die Vryheidsoorlog vir drie jaar in die veld laat bly met net 'n perd, 'n geweer, 'n saal en kombers as hul daaglikse geriewe? En hoe kon weerlose vroue en kinders in moordkampe aangaan as hulle magteloos moes kyk hoe die dood daagliks onder hulle maai?

Hulle het geglo dat God op sy tyd die nag in daeraad sal keer. hy word gedien en geëer wanneer hulle op sy uitkoms wag, al kos dit wat. Wag is baie swaar geloofswerk. Dit kos baie gebede en geloof in jouself omdat jy God op sy Woord neem.

Ek is 'n Afrikaner en glo in God, my volk en myself, ongeag wat die staat van my verwag. Ek is nie verantwoordelik vir wat op Vlakplaas of waar ook al gebeur het nie. Ek weier soos Tony Blair om op Marx se klasse-analise myself of Afrikaners met skuld te belaai oor wat ander in 'n oorlogsituasie gedoen het.

Daarby mis baie hedendaagse skuldbelydenisse vertikale verantwoording voor God en lyk daarom na pragmatiese en vroom vertoon om iets vir jouself te probeer wen.