Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: 'N "STERWENDE KERK" ?  Prof Bennie van der Walt se "'Requiem' op 'n sterwende kerk"

AKTUEEL: Christene se  deelname aan verkiesings

SKRIFOORDENKING: "Om te wag op die belofte van die Vader" (Hand 1 : 4 en 5)

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (2)

WARE EN VALSE SPIRITUALITEIT

SKRIFKRITIEK: Teologiese fondament vir die Nuwe Suid-Afrika

BOEKBESPREKING:  WA de Klerk se: "Die vreemde God en sy mense" (2)

KERKLIKE JOERNAAL:  Independentistiese vernuwing:   " 'n Gemeente wat in selgroepe funksioneer ..."
Dr PW Bingle se Evolusionisme

OPVOEDING EN ONDERWYS: Die Akademie vir Christelik-volkseie Onderwys (ACVHO)

DIE ONBYBELSE MULTI-RELIGIEUSE BENADERING IN DIE HUIDIGE ONDERWYSBEDELING

DIE EVOLUSIELEER VERSUS DIE BYBELSE SKEPPINGSOPENBARING

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Groen van Prinsterer (4)

PERSRUBRIEK:  Lewens- en Wêreldbeskouing
Nog NG predikante uit NG Kerk uit?
Wil volk skuld hê?

KOMMENTAAR:  Korrespondensie met die Kuratorium TSP

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (5)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Die drome aangaande die moderne medisyne

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 2  Maart  1999

REDAKSIONEEL

Ons lewe in 'n besondere tyd. 'n Gevaarlike tyd in alle opsigte: persoonlik, materiëel en bowe alles geestelik. 'n Mens verkeer daagliks in lewensgevaar, maak nie saak waar jy staan of gaan nie. Daar gaan geen dag verby nie of daar verskyn televisie- en koerantberigte oor moord, aanrandings, verkragtings, kapings, roof, diefstal en korrupsie. Die owerheid is nie in staat om die vlaag van misdaad te keer nie. Die norme van die wetgewing is nie verskans in die Woord van die Here nie maar in die "regte" van die mens. Dit is die wortel van die kwaad in die samelewing, dat die gesagvolle Woord van God nie as norm en rigsnoer vir die samelewing geld en aanvaar word nie.

Dat die Here se Woord nie gesaghebbend vir die samelewing is nie, word in die hand gewerk deur die Skrifkritiese benadering daarvan. Dit is die geestelike onheil om die Bybel aan die menslike rede en verstand te onderwerp. Dit is 'n gevaar wat al hoe meer op ons afkom en konkrete werklikheid word, nou ook binne die verband van die Gereformeerde Kerke. Aanvanklik was dit oorsee, toe waai dit oor na ons land en raak gevestig in sekere kringe van die Nederduitse Gereformeerde en Nederduitsch Hervormde Kerke en nou soek dit 'n vastrapplek in die GKSA. Die wyse waarop die Skrifkritiek aangevoor word is deur middel van dialoog: Dialoog oor die Waarheid. Dit moet om Godswil in sy groeistadium gekeer word. Indien dít nie gedoen word nie is die gevolge fataal en kerkverwoestend.

Daarvoor dien die kerklike tug om dit ten aansien van leer en lewe van lidmate van die kerk en in die besonder van leraars, professore en predikante, te handhaaf en toe te pas. Waar dit in gebreke bly, poog ons deur middel van ons blad om daaroor te argumenteer, daarop te wys en daartoe aan te spoor.  ®