Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Let op jouself en op die leer"

AKTUEEL:
Polemies of irenies

SKRIFOORDENKING:
Die handelende Here Jesus hou sy Hand oor sy Kerk
Hand. 12:1-24

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (3)

Totius se vereistes vir Psalmberyming

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Pous en die 1983 Vertaling

Kerke en Staatslotery

Gesprek oor GKSA se Sinode 2000

Kleredrag in Kerk geen neutrale saak nie

Nkosi sikelel'iAfrika
Kan ons dit aanvaar en saamsing?

Kontra-kultuur, kultus en volkskultuur onversoenbare ooreenkomste?

Ongeoorloofde Abeeldings van Christus

Is dit moontlik om 'n Christen en 'n Evolusionis te wees?

WOORD EN WETENSKAP:
Mount St Helens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Verenigde Nasies
GKSA Predikant bedank
Die nuwe Kerkliedbundel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO - 50 jaar van Genade
"Die wêreld van eie politieke dogma's en stelsels"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (5)

PERSRUBRIEK: 
Geloofsverklaring 2000 - 'n belydenis vir GKSA?

Toesprake van Cassie Aucamp in parlement

KOMMENTAAR: 
Menseregte: Radio Pretoria versus Prof Amie van Wyk

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die menslike lewe in die lig van God se Woord

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 3  Mei 2000

KLEREDRAG IN DIE KERK GEEN NEUTRALE SAAK NIE

Slabbert le Cornu skryf op die Calvinistiese E-Poslys, 17 Maart 2000, as volg:

Kleredrag is nie 'n neutrale saak nie. Dit is onder invloed van die platonisme (die 'goeie' gees is gevange in die liggaam, dus net geestelike - innerlike - dinge maak saak) en die piëtisme (solank my hartjie net aan 'liewe Jesus' behoort, gee dit nie om of ek rock 'n roll musiek luister nie, dat ek myself tatoeëer nie, dat ek orals in my liggaam gate inskiet nie, ensovoorts), dat ons die uiterlike as 'onbelangrik' beskou. Daarteen leer Christus dat ons liggame ook deur gekoop is met sy bloed. Dus wat ons met ons liggame en dus die uiterlike doen, maak ook saak (1 Kor 6).

Alhoewel 'baarddra' natuurlik nie 'n beginselsaak is nie, glo ek tog dat dit 'n mooi simbool van manlikheid is, soos byvoorbeeld lang(er) hare vir 'n vrou 'n simbool van vroulikheid is. Die belangrikste boodskap aangaande baarddra, lang hare, onderskeie kleredrag, is dat daar in elke kultuur 'n duidelike onderskeid moet wees tussen mans en vrouens, seuns en dogters. Met mans wat deesdae hul hare so lank dra dat hulle vroulik lyk en meisies wat hul hare so kort sny dat hulle soos seuns lyk, word hierdie onderskeid myns insiens verwerp en verander hulle in 'n klomp "ditte" en "homo's". Natuurlik sal die lengte van hare asook die tipe kleredrag verskil van kultuur tot kultuur, maar dit moet ten minste voldoen aan twee vereistes uit die Skrif:

Bogenoemde verse is weereens 'n welkome bevryding van slawerny aan vandag se postmodernistiese, hedonistiese, immorele en feministiese tydsgees. Soos iemand eenmaal gesê het: die hervormers was kinders van hul tyd ... maar vandag se kerk is SLAGOFFER van óns tyd!

Vir hulle wat deur Christus se bloed gereinig is, bring die wet egter vryheid (Jak 1: 25). Mag die kerk van Christus opnuut God se Woord ontdek! Daarom, laat ons maar liewers terugkeer na die "gebod op gebod" van God deur sy Woord en Gees wat ware vryheid bring. Die enigste alternatief is die "mensereg op mensereg" wettisisme en fariseërisme van die mens, wat lei tot die mees afgruwelikste tirannie en verdrukking ... soos ons al hoe meer in beide kerk en samelewing in Suid-Afrika begin ondervind.

(Om op die Calvinistiese Poslys in te teken, stuur 'n versoek aan nico@vddi.co.za)