Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Let op jouself en op die leer"

AKTUEEL:
Polemies of irenies

SKRIFOORDENKING:
Die handelende Here Jesus hou sy Hand oor sy Kerk
Hand. 12:1-24

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (3)

Totius se vereistes vir Psalmberyming

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Pous en die 1983 Vertaling

Kerke en Staatslotery

Gesprek oor GKSA se Sinode 2000

Kleredrag in Kerk geen neutrale saak nie

Nkosi sikelel'iAfrika
Kan ons dit aanvaar en saamsing?

Kontra-kultuur, kultus en volkskultuur onversoenbare ooreenkomste?

Ongeoorloofde Abeeldings van Christus

Is dit moontlik om 'n Christen en 'n Evolusionis te wees?

WOORD EN WETENSKAP:
Mount St Helens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Verenigde Nasies
GKSA Predikant bedank
Die nuwe Kerkliedbundel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO - 50 jaar van Genade
"Die wêreld van eie politieke dogma's en stelsels"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (5)

PERSRUBRIEK: 
Geloofsverklaring 2000 - 'n belydenis vir GKSA?

Toesprake van Cassie Aucamp in parlement

KOMMENTAAR: 
Menseregte: Radio Pretoria versus Prof Amie van Wyk

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die menslike lewe in die lig van God se Woord

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 3  Mei 2000

VERKLARING VAN DIE SENTRALE KERKKANTOOR APK OOR DIE INSTELLING VAN 'N STAATSLOTERY, SOOS BEKENDGESTEL IN DIE PROGRAM VAN KERKLIKE BERIGTE OP RADIO PRETORIA, SONDAG 5 MAART 2000, GEREDIGEER DEUR ELSABE LATEGAN

Die Afrikaanse Protestantse Kerk het hom uitgespreek teen die Staatslotery wat Woensdag, 1 Maart, in werking getree het. Ds Mechiel Adendorff het na die afgelope Sinodesitting verwys waar die volgende besluite geneem is: Lidmate moet gewaarsku word teen die gevaarlike praktyk van lotery soos dit dikwels in sogenaamde onskuldige vorm beoefen word. Selfs al is dit skynbaar onskuldig en al het die instansie wat dit beoefen welke edel motief, bly dit die oortreding van die eerste gebod. Gemeentes word versoek om praktyke waar die sogenaamde geluksgodin sogenaamde wenners bepaal, sal vermy by basaars en ander byeenkomste; en dat instansies wat meningsvormers onder die Christen-Afrikaners is, versoek sal word om nie hierdie bedenklike praktyk te beoefen in ’n poging om fondse in te samel nie, aangesien dit die indruk wek dat sulke praktyke aanvaarbaar is solank die doel aanvaarbaar is.

Hy het gesê die Kerk het ‘n probleem in terme van die arbeidsetiek met loterye in die algemeen en in die besonder met die staatslotery, wat in die eerste week van Maart in die land in werking getree het. Hy het verwys na Jes 65:11 en 12 waar die volk van die Here teen die aanbidding van die geluksgodin gewaarsku word. In teenstelling hiermee het God die mens die opdrag gegee dat hy sy brood in die sweet van sy aangesig moet verdien.

Ds Adendorff het ook verwys na die ontwikkeling van grensnywerhede in die tuislande, tydens die Verwoerdregering, met die doel voor oë om vir die inwoners werksgeleenthede te skep. Later is dobbelhuise in die betrokke tuislande tot stand gebring wat uiteindelik tot die vernietiging van daardie lande gelei het, met die gepaardgaande vernietiging van werksgeleentheid vir die inwoners van daardie lande. Die Kerk het kommer dat die dinge in die land wat so verkeerd gaan, gewyt kan word daaraan dat die volk God buite rekening gelaat het, het hy gesê.

Die Redaksie van Die Kerkpad vereenselwig hom heelhartig met die inhoud van hierdie verklaring en beveel dit sy lesers aan met die versoek om dit onder aandag van hul .onderskeie kerkrade te bring.


NGK EN NHK PROFESSORE OOR STAATSLOTERY

Die kwessie van deelname aan die staatslotery is 'n "verskriklike grys gebied" waarin dit moeilik is om klinkklare uitsprake te maak, het prof Danie du Toit van die fakulteit teologie van die Universiteit van Stellenbosch gister gesê.

Volgens hom is daar "gevare" verbonde aan die saak en hy sou eerder aan mense wil sê hulle moet daarvan bewus wees as om te vra dat die lotery verbied word.

Van dié gevare is dat mense hul vertroue op die lotery plaas pleks van in God. 'n Lotery bevorder ook nie 'n goeie arbeidsetos nie. ...

Natie van Wyk, professor in Christelike etiek van die Hervormde Kerk, meen die argumente teen 'n staatslotery staan op baie wankelrige bene. Hy meen die kerke sal beter vaar as hulle nie 'n morele argument daarteen probeer opbou nie, maar liewer vir hul mense positiewe boodskappe bring soos dat hulle 'n goeie arbeidsetiek moet handhaaf.

Neels Jackson. In: BEELD, 11 Maart 2000