Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Let op jouself en op die leer"

AKTUEEL:
Polemies of irenies

SKRIFOORDENKING:
Die handelende Here Jesus hou sy Hand oor sy Kerk
Hand. 12:1-24

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (3)

Totius se vereistes vir Psalmberyming

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Pous en die 1983 Vertaling

Kerke en Staatslotery

Gesprek oor GKSA se Sinode 2000

Kleredrag in Kerk geen neutrale saak nie

Nkosi sikelel'iAfrika
Kan ons dit aanvaar en saamsing?

Kontra-kultuur, kultus en volkskultuur onversoenbare ooreenkomste?

Ongeoorloofde Abeeldings van Christus

Is dit moontlik om 'n Christen en 'n Evolusionis te wees?

WOORD EN WETENSKAP:
Mount St Helens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Verenigde Nasies
GKSA Predikant bedank
Die nuwe Kerkliedbundel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO - 50 jaar van Genade
"Die węreld van eie politieke dogma's en stelsels"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (5)

PERSRUBRIEK: 
Geloofsverklaring 2000 - 'n belydenis vir GKSA?

Toesprake van Cassie Aucamp in parlement

KOMMENTAAR: 
Menseregte: Radio Pretoria versus Prof Amie van Wyk

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die menslike lewe in die lig van God se Woord

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 3  Mei 2000

WOORD EN WETENSKAP

MOUNT ST HELENS
Die Uniformiteitsbeginsel en die Sondvloed

As gevolg van 'n te groot werksbelading het prof Cloete nie die artikel wat hy wou aangebied het vroegtydig gereed gekry nie. Dit sal nou oorstaan tot die volgende uitgawe, DV Julie 2000. In die plek daarvan plaas ons met erkenning aan die redaksie van DIE BOODSKAPPER 'n artikel onder die naam EJ Bosman Pring, wat in die uitgawe van Maart 2000, bl 13, gepubliseer is.

Op 18 Mei 1980 het die vulkaan Mount St Helens in die Amerikaanse staat Washington met geweld uitgebars. Dit het om 08:32 'n aardbewing veroorsaak. Meer as twee kubieke kilometer rots en ys is gevolg hiervan in 'n rotsverskuiwing van die steil noordelike hang losgeruk. Terwyl die druk teen die bergwand hierdeur verlaag is, het oorverhitte water uit die vulkaan stoom en verdere rotsblokstukke uitgeblaas. Binne ses minute is 'n plantasie van meer as driehonderd en tagtig vierkante kilometer met die grond gelyk gemaak. Die nege uur lange uitbarsting was een van die mees gefotografeerde en bestudeerde vulkaniese gebeure in die geskiedenis. In die proses is die water van Spirit Lake katastrofies verplaas sodat 'n golf van 260 meter hoog veroorsaak is. Terwyl die water terug gevloei het, het dit 'n afsetting bestaande uit bome, grond en vulkaniese puin met 'n dikte van 97 meter op die bodem van die meer neergelę.

'n Miniatuur "Grand Canion" meer as 30 meter diep met verskeie dreineringsgroewe is gevorm. Dit wil voorkom of die meeste van die kanjons deur massa moddervloei op 19 Maart gevorm is. Geoloë was in staat om op 'n miniatuurskaal die effek van watererosie, stoomontploffings, massa grondstorting, oppervlak oorstroming en moddervloei te dokumenteer. Die erosie van die onverdigte sagte grond en vulkaniese massas in die opeenvolgende jare het die landskap verder ingrypend verander.

Hierdie waarneming is egter nie uniek nie. In 1958 het 'n geweldige rotsstorting in Alaska 'n golf veroorsaak wat woude tot 'n hoogte van 500 meter bokant seespieël met die grond gelyk gemaak het. Op die vulkaniese eiland Surtsey, suid van Ysland, het 'n steil rotshang binne drie maande nadat die lawa gedurende 1964 in die see gestol het, geërodeer. daar is nog heelwat waarnemings van die aard in geologiese dokumente aangeteken.

Hierdie waarnemings bevestig dat katastrofiese gebeure 'n beter model is om die aarde se geologiese natuurverskynsels te verklaar as die uniformiteitsprosesse wat 'biljoene" jare nodig het.

Die grootste katastrofe wat die aarde ooit getref het, was die sondvloed wat in Genesis 7 beskryf word. Dit het die hele aarde oordek. Terwyl die afgesette aardlae sag was, vulkaniese uitbarstings plaasgevind het en die aardkors gerys en gedaal het as gevolg van die buitengewone waterdruk, is die węreld se grootste erosieverskynsels gevorm toe die watermassas terug gevloei het om die laagste holtes te vul. Die aardlae van die geologiese tabel is gedurende hierdie katastrofiese gebeurtenis gevorm. Whitcomb and Morris (The Genesis Flood, bl 1 - 35, 160 en verder) noem

die volgende sewe redes waarom dit nie 'n plaaslike nie, maar węreldwye vloed moes gewees het:

  1. Die diepte van die vloedwaters: "En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was" (Gen 7: 19). Al was die berge net 1 500 of 1 800 meter hoog, is dit volgens vers 20 met 7 meter water bedek.

  2. Die duur van die vloed. Daar is aanduidings dat die water die aarde bedek het vir vyf maande en sewe maande later kon Noag eers uit die ark aan land gaan. 'n Vloed wat 371 dae geduur het, moes sekerlik węreldwyd gewees het!

  3. Die geologie van die vloed. Volgens die Bybel het dit nie alleen gereën nie, maar ... "is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen" (Gen 7: 11). Hierdie proses het waarskynlik 150 dae geduur en onderaardse waters komende uit vulkaniese prosesse wat waarskyn-lik ook plaasgevind het, het tot die watermassa bygedra.

  4. Die grootte van die ark. Die ark se dek het 'n oppervlakte van 8 900 vierkante meter gehad. Sy volume was sowat 39 500 kubieke meter, gelykstaande aan 522 moderne spoortrokke.

  5. Die behoefte van 'n ark van dié omvang. Dit dui sekerlik op die węreldwydheid van die vloed. As dit net plaaslik was, waarom was 'n ark enigsins nodig? God kon Noag waarskynlik net beveel het om per kameel na 'n veilige bestemming te ry!

  6. Die getuienis van die apostel Petrus. "Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige węreld met water oorstroom is en vergaan het" (2 Pet 3: 5 - 6).

  7. Die doel van die vloed. Die doel was om die hele mensdom vir hul sondigheid te straf; slegs 'n węreldwye vloed kon hieraan voldoen. God het ook aan Noag beloof dat Hy nooit weer die węreld met so 'n vloed sal verwoes nie. Deur die eeue was daar verskeie groot vloede waarin duisende mense gesterf het. As dit net 'n plaaslike vloed was, dan het God nie woord gehou nie. 'n Węreldwye vloed het ooreenkomstig dié belofte nog nooit weer plaasgevind nie.

(Inligting uit Rapid Erosion at Mount St Helens, Institute for Creation Research, deur Steven Austin PhD (Geologie))