Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 3 Mei 2000
KONTRA-KULTUUR, KULTUS EN VOLKSKULTUURDR CHRIS L JORDAAN
DIE KONTRA-KULTUUR N UITDAGING OF N RIGTINGVERANDERING?
Die Afrikaner-christen staan vandag voor die keuse of hy nog n Bybels-christelike kultuurbeskouing kan handhaaf en sy kulturele eindbestemming kan behou. Is die kultuurveranderinge wat in die Suid-Afrikaanse samelewing plaasvind n uitdaging vir n Christelike kultuur of n rigtingverandering in die kulturele eindbestemming?
Die vrae kan alleen beantwoord word indien ons van die standpunt uitgaan dat alle Calvinistiese tradisies in die Verbondsbenadering gewortel lę. Alle kultuurbeskouinge moet dan aan die Teosentriese kultuurbeskouing getoets word. Dit kan alleen gedoen word indien dit vanuit n suiwer skrifbegronde en suiwer Teďstiese godsbegrip kom. Indien die godsbegrip, wat die kultuurbeskouing rig (determineer) die openbaring deur Skrif en skepping en die geloofsbelydenisse teenstaan, kan dit tot n rigtingverandering in die kulturele toekomsverwagting lei. Die kontra-kultuur rig so n uitdaging aan die volkskultuur.
DIE WESENSKENMERKE VAN DIE KONTRA-KULTUUR
Dit is nodig om die rol van die "kontra-kultuur" as grondslag vir kultuurvermenging en kultuurvernietiging van die volkskultuur en die invloed op die kultuurlewe van nader te bekyk.
Die wydverspreide verwerping en selfs veragting van tradisionele waardes en benaderinge van die konvensionele westerse lewenswyse is n sigbare bewys van die invloed van die kontrakultuur. Die kontra-kultuur het oorspronklik net as n protesbeweging teen die "ontmensing van die mens" in die geďndustrialiseeerde kapitalisitiese westerse lande begin. Enkele radikale stemme van kunstenaars, skrywers en filosowe het teen die kulturele verarming en een dimensionele mensbeskouing in opstand gekom. Die studente-opstande van die middel twintigste eeu in Brittanje, Europa en Amerika was een van die uitvloeisels hiervan. Saam met hierdie beweging het ook die eksperimente met musiek, dwelms, seksualiteit, okkultisme en esoteriese of alternatiewe lewenswyse gekom. Mettertyd is die koersverandering in die Westerse kultuur, wat lankal nie meer Christelik was nie, deur die kontra-kultuur deursuur.
Die belangrikste kenmerke van hierdie kultuurbeweging is: n nuwe benadering tot morele waardes; swart bewussyn en opstand; die vroue-bevrydingsbeweging; verwerping van ekonomiese en sosiale doelstellings; bevordering van nie-afdwingbare of verpligte onderwys; armoede; sosiale gelykheid; verwerping van outoritęre kultuur; verwerping van (Amerikaanse) magspolitiek en besorgdheid oor die ekologie/natuur. Die verskillende wesenskenmerke het deur onderlinge ondersteuning van die bewegings in n geestesstroming verander wat besorg was oor oorlog, rassisme, uitbreiding van armoede en verskeie ander "morele" kwessies. Jean-Francois Revel beskryf hierdie beweging as n revolusie; "The moral revolution, the cultural revolution, and the political revolution are but a single revolution" Die rewolusionęre beweging noem hy "n kontra-kultuur".
Die begrip kontra-kultuur word omvattend gebruik om omstandighede te beskryf waarin daar n weerstand, selfs aan die kant van n minderheid, teen waardes en norme van die oorheersende kultuur is en waar die waardes van die minderheid die waardes van n aanvaarde of dominante kultuur weerspreek of vervang. Die proses wat hierdie kontrakultuur bevorder omskryf ek as "verideologisering". Die verideologiseringsproses is die aanwending van oorredende en ondermynende metodes op die gees van die mens om sy geloofsoortuiging aan te wend vir n strategiese doel. Die proses waardeur n ideologie sistematies voortslepend die bestaande kultuurbeskouing oorneem en uiteindelik domineer en vervang.
Verideologisering hang verder saam met die verwagte eindbestemming van die węreld en die einde van n era. Die "eeu van Aquarius" (die Waterdraer in die Astrologie) sou die "eeu van die Vis" (die teken van die Christendom) vervang. Mettertyd het dit bekend geword as die "New Age". Die hart van die kontra-kultuur is in sy weerstand teen die Christelike (westerse) kultuur gesetel. Die kritiek op die Westerse kultuur en samelewing deur die Marxisme en Neo-Marxisme (Marcuse, Adorno, Habermas en
andere het gelei tot die verideologisering van die Teologieë van die Rewolusionęre of Bevrydingsteologie. (Bevrydingsteologie word nie verder hier bespreek nie). Die kultus wat uit hierdie verideologisering gebore is sou later bekend staan as "Selfbesturende Sosialisme". Die kontra-kultuur soos dit alhoemeer toegepas word vertoon die "Sekulęre Humanisme" as sy aanvaarbare gesig vir die węreld. Agter hierdie "vriendelike en menslike" gesig van die rewolusionęre Humanisme is die ongenaakbare van die "diktatuur van die massa".
Die beginsels van die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet (die model vir die demokrasie van die 21ste eeu?) is n sprekende voorbeeld van die toepassing van so n kontra-kultuur. Hoe daar ook gepoog word om die Suid-Afrikaanse Grondwet te "verchristelik" het die skeiding tussen die Christelike kultuur en die republikeinse staatsideaal n finale breuk tussen die Christendomlike en sekulęre te weeg gebring. In hierdie sin is die kontra-kultuur, soos dit deur "ethnicity" en "inculturalization" (onder die naam multi-kulturalisme) in die Suid-Afrikaanse samelewing ontwikkel, die "verafrikanisering" en "globalisering" van die etniese kultus.
KONTRA-KULTUUR EN DIE VOLKSKULTUUR ONVERSOENBAAR?
Met volkskultuur verstaan ons die Bybels-christelike wyse van lewensindiensstelling van die Christen as lid(maat) van die verbondsvolk soos deur n tradisioneel reformatories gefundeerde Godsbegrip gerig. Die kontra-kultuur as n alternatief tot die volkskultuur (die volkskultuur word as normatief beskou) mag oppervlakkig versoenbaar met die aanvaarde norme en waardes lyk, want "ons is almal uit Afrika". Diepliggend is die "Selfbesturende Sosialisme" die "volkskultuur" wat in die Suid-Afrikaanse samelewing moet wortel skiet en groei. Die kulturele eindbestemming is dat die hele Suid-Afrikaanse nasie in
n gemeenskaplike gelykheid (multi-kulturalisme) van n "nasionale kultuur " moet oplos.
Verskeie Afrikaner-Christene beskou die sosiale en kulturele veranderinge in die Suid-Afrikaanse samelewing as n politieke noodwendigheid. Wat uit die oog verloor word is die onversoenbaarheid van die opkomende "Afrosentriese" kontra-kultuur op die Afrikaanse volkskultuur. Die waarskynlikheid is eerder dat hierdie onversoenbaarheid van die "Suid-Afrikaanse kontrakultuur" met die Christelike kultuur tot konfrontasie sal lei. Die uiteinde is dat ons ernstig sal moet besin oor die afstand tussen "reformasie" en "rewolusie", maar nie as n oefening in harsingsgimnastiek nie, maar daadwerkilke harts- en volksreformasie.
Daar sal in n verdere aflewering krities na rigtingwysers en die moontlikheid van n geloofsgehoorsme reformasie onder die Afrikanervolk gekyk word.