Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Let op jouself en op die leer"

AKTUEEL:
Polemies of irenies

SKRIFOORDENKING:
Die handelende Here Jesus hou sy Hand oor sy Kerk
Hand. 12:1-24

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (3)

Totius se vereistes vir Psalmberyming

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Pous en die 1983 Vertaling

Kerke en Staatslotery

Gesprek oor GKSA se Sinode 2000

Kleredrag in Kerk geen neutrale saak nie

Nkosi sikelel'iAfrika
Kan ons dit aanvaar en saamsing?

Kontra-kultuur, kultus en volkskultuur onversoenbare ooreenkomste?

Ongeoorloofde Abeeldings van Christus

Is dit moontlik om 'n Christen en 'n Evolusionis te wees?

WOORD EN WETENSKAP:
Mount St Helens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Verenigde Nasies
GKSA Predikant bedank
Die nuwe Kerkliedbundel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO - 50 jaar van Genade
"Die wêreld van eie politieke dogma's en stelsels"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (5)

PERSRUBRIEK: 
Geloofsverklaring 2000 - 'n belydenis vir GKSA?

Toesprake van Cassie Aucamp in parlement

KOMMENTAAR: 
Menseregte: Radio Pretoria versus Prof Amie van Wyk

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die menslike lewe in die lig van God se Woord

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 3  Mei 2000

KERKLIKE JOERNAAL

GEREFORMEERDE PREDIKANT BEDANK UIT SY AMP EN ONTTREK AAN DIE GKSA KERKVERBAND PERSVERKLARING VAN DS WJ FOURIE

"Ek het gister (19 Maart) my diens as Herder en Leraar van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein Wes beëindig. ...

"Dit is vir my belangrik om te sê dat hierdie stap nie gemotiveer word deur enige bedenking teenoor die Gereformeerde belydenis nie en dat ek met die grootste vrymoedigheid dit steeds sou onderteken as die napraat van die Skrif.

"Die stap hou ook 'n breek met die kerkverband in. Dit is net logies dat 'n verskil in visie dit onmoontlik maak om in dieselfde omgewing te bly", aldus ds Fourie.

"Die kultuur van passiwiteit, kritiese negatiwiteit en gepaardgaande konflik pas nie by dit wat ek in die Skrif sien nie. Ek is van die oortuiging dat daar 'n kultuurverandering moet plaasvind om ons in lyn te bring met die vorm van kerkwees soos ons in die Nuwe Testament, in Efesiërs 4 en Handelinge 2 vind."

Hy sal nog besluit oor die kerkverband waarby hy en sy gesin hulle sal aansluit. "Tans is ek by my vrou se onderneming betrokke. Daar is groeiende uitdagings. Ek sien met entoesiasme daarna uit om ten volle my gewig daar te gee."