Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Let op jouself en op die leer"

AKTUEEL:
Polemies of irenies

SKRIFOORDENKING:
Die handelende Here Jesus hou sy Hand oor sy Kerk
Hand. 12:1-24

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (3)

Totius se vereistes vir Psalmberyming

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Pous en die 1983 Vertaling

Kerke en Staatslotery

Gesprek oor GKSA se Sinode 2000

Kleredrag in Kerk geen neutrale saak nie

Nkosi sikelel'iAfrika
Kan ons dit aanvaar en saamsing?

Kontra-kultuur, kultus en volkskultuur onversoenbare ooreenkomste?

Ongeoorloofde Abeeldings van Christus

Is dit moontlik om 'n Christen en 'n Evolusionis te wees?

WOORD EN WETENSKAP:
Mount St Helens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Verenigde Nasies
GKSA Predikant bedank
Die nuwe Kerkliedbundel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO - 50 jaar van Genade
"Die wêreld van eie politieke dogma's en stelsels"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (5)

PERSRUBRIEK: 
Geloofsverklaring 2000 - 'n belydenis vir GKSA?

Toesprake van Cassie Aucamp in parlement

KOMMENTAAR: 
Menseregte: Radio Pretoria versus Prof Amie van Wyk

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die menslike lewe in die lig van God se Woord

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 3  Mei 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS

 

"DIE WêRELD VAN EIE POLITIEKE DOGMA’S EN STELSELS"

Kommentaar op artikel oor sstigting van ‘n eerste Christelike Skool (VGKSA) in Soshanguve, in die vorige uitgawe van Die Kerkpad

 

Ten aansien van die bogenoemde beweer br JH de Vries in KOMPAS (VGKSA) van April 2000, op bl 19, dat ons artikel "'n Blye en dankbare ontwikkeling in Soshanguve in die politieke sfeer getrek en as sodanig beoordeel" het.

Ter wille van duidelikheid vermeld ons die motivering soos dit gestel is onder die hoof: "Kerkpad of Kronkelpad".

Die skrywer verwys na 'n paragraaf in ons artikel wat as volg lui:

"Met die verskaffing van gereformeerde onderwys in die swart sendinggemeente se eie kultuurverband, is sigbaar wegbeweeg van die multikulturele, integrasionistiese onderwysbeleid van die SA regering. Terwyl in Pretoria die Johannes Calvynskool bestaan binne die verband van die Vrye Gereformeerde Kerke, waarvan die fasiliteite tans onderbenut is, en terwyl uit die omgewing van Johannesburg (blanke) skoliere, lidmate van die VGKSA, per kombi daagliks heen en weer vervoer word, is nogtans nie getrag om almal bymekaar te sit en dit te hanteer soos die beleid van die staatsskole nie. Wat ook al die werklike motief en doelstelling is, handhaaf dit die beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat ons verwelkom en graag propageer."

Volgens br JH de Vries hoef "aan die duidelikheid van hierdie skrywe" nie iets toegevoeg te word nie. Hy betreur hierdie soort kommentaar. "'n Blye en dankbare ontwikkeling in Soshanguve word in die politieke sfeer getrek en as sodanig be-oordeel. Ons spreek die hoop uit dat die redaksie van Kerkpad ernstig sal besin of hulle Christus se koninkryk wil bevorder, of die wêreld van eie politieke dogma's en stelsels", aldus br de Vries.

Dit is tog merkwaardig hoe gevoelig party mense is as dit gaan oor afsonderlike ontwikkeling. Dit word dadelik gestel teenoor die politieke beleid van die regering van die dag. Nou ja, dit staan ook teenoor dié beleid. Die vraag is egter of dit 'n teëstelling is met die aanbieding van Gereformeerde onderwys in ooreenstemming met die doopsgelofte en (in hierdie geval) die sendingsopdrag om die evangelie te verkondig aan alle volke, tale en nasies. Is die skrywer nie dalk behep met 'n bevooroordeelde politieke strewe van 'n valse eenheid wat die ANC regering trag om saam te smee nie?

Dit blyk uit sy kritiek dat hy aan die ander kant van die politieke spektrum staan en ons blad daarom veroordeel oor die "wêreld van eie politieke dogma's en stelsels". Maar wat is dan die politieke dogma en stelsel wat hy wil handhaaf? Wie sal besluit oor die skriftuurlike reg of verkeerd van die een of die ander stelsel? In ons artikel is die ruimte gelaat vir uiteenlopende motivering: "Wat ook al die werklike motief en doelstelling is, handhaaf dit die beleid van afsonderlike ontwikkeling". Dit wás 'n politieke beleid toe dit wetlik bepaal en toegepas is. Vandag is die teenoorgestelde die geval. Integrasie is nou regeringsbeleid. As br de Vries dit wil voorstaan, dan ondersteun hy 'n politieke dogma en stelsel wat in skriftuurlike opsig betwisbaar is.

Met die redaksie van ons blad poog ons om die aandag te vestig op 'n bybels gemotiveerde benadering van die sake van die dag. Dit is soos ons die stigting van die eerste Christelike skool in Soshanguve in die perspektief van afsonderlike ontwikkeling bekendgestel en verwelkom het. Die vraag moet beantwoord word of dit al dan nie, in die omstandighede soos dit vermeld is, as afsonderlike onderwysontwikkeling anders as die multikulturele, integrasionistiese onderwysbeleid van die SA regering, getipeer kan word. Daar is 'n bepaalde rede dat, in die verband van die onderwyskringe binne die VGKSA, daartoe besluit is.

Hoe dit ook al beredeneer word, is dit 'n besluit wat indruis teen die voorgestane beleid van die huidige regering. Dit is dus nie die redaksie van Die Kerkpad wat dit gepolitiseer het nie, dit is slegs gekonstateer en as sodanig daarna verwys.

Dit is ons vaste oortuiging dat die besluit vir die stigting van die "Lesidi la Ditshaba Christian School" in Soshanguve die beste vir de onderwys van die kinders uit dié omgewing in algemene Christelike lewensverband is. Dit betref die oordrag van geloof en wetenskap in die moedertaal en in die eie atmosfeer. Daarom verbaas dit ons dat daar so heftig teen die artikel oor hierdie saak gereageer is. Die praktyk bewys immers dat afsonderlike aanbieding van onderwys in elk geval die beste is? Daaroor hoef nie getwis te word nie!