Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Let op jouself en op die leer"

AKTUEEL:
Polemies of irenies

SKRIFOORDENKING:
Die handelende Here Jesus hou sy Hand oor sy Kerk
Hand. 12:1-24

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare (3)

Totius se vereistes vir Psalmberyming

God se plek vir die vrou in die gemeente

Die Pous en die 1983 Vertaling

Kerke en Staatslotery

Gesprek oor GKSA se Sinode 2000

Kleredrag in Kerk geen neutrale saak nie

Nkosi sikelel'iAfrika
Kan ons dit aanvaar en saamsing?

Kontra-kultuur, kultus en volkskultuur onversoenbare ooreenkomste?

Ongeoorloofde Abeeldings van Christus

Is dit moontlik om 'n Christen en 'n Evolusionis te wees?

WOORD EN WETENSKAP:
Mount St Helens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Verenigde Nasies
GKSA Predikant bedank
Die nuwe Kerkliedbundel

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO - 50 jaar van Genade
"Die wêreld van eie politieke dogma's en stelsels"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (5)

PERSRUBRIEK: 
Geloofsverklaring 2000 - 'n belydenis vir GKSA?

Toesprake van Cassie Aucamp in parlement

KOMMENTAAR: 
Menseregte: Radio Pretoria versus Prof Amie van Wyk

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die menslike lewe in die lig van God se Woord

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 3  Mei 2000

REDAKSIONEEL

Sedert die verskyning van die vorige uitgawe het letterlik en figuurlik baie water na die see gespoel, meer as wat normaalweg die geval is. Ons bevestig weer ons medelye met diegene wat familielede aan die dood afgestaan het en van hulle besittings en finansiële inkomste verloor het.

Daar is egter meer waar ons die aandag op wil vestig en dit is die toenemende geweld en 'n dreigende oorlog in ons noordelike buurstaat Zimbabwe. Die spanning wat daar ontwikkel kan maklik oorslaan na ander dele van Afrika, ook na ons eie land.

Die tekens is reeds daar en van ons mense, veral die boere, hou die asem op. Plaasmoorde en -berowing vind stelselmatig plaas en die owerhede slaag nie daarin om dit doeltreffend te beheer nie. Maar daar is meer en nog erger dinge wat gebeur.

Die toename in die sekularisering van die samelewing wat gelei het tot die instelling van 'n staatslotery, wat 'n groot deel van ons land se bevolking, blank en swart, laat deelneem aan 'n goddelose hebsug en hoop om sonder inspanning miljoenêr te kan word. Derduisende lidmate van die Afrikaanse kerke neem openlik of skelm daaraan deel. Doen die gereformeerde "susterkerke" genoeg om hierdie euwel in hulle geskrifte en die prediking van die Woord aan te spreek?

Nog 'n saak is dié van sportvergoding en heldeverering wat met die Hansie Cronjé debakel tot 'n uitbarsting gekom het. Dit bevestig tewens dat op alle vlakke van die samelewing, selfs waar jy dit nie verwag nie, materiële hebsug die oorsaak is van immoraliteit en toenemende korrupsie. ®