Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en Koninkryk

SKRIFOORDENKING:
Verwag die Stad van God

AKTUEEL
Ope brief aan die President

Die Psalmberyming in die nuwe "Liedboek van die Kerk"

Evolusieleer opnuut in die brandpunt

Dissipline in die Christelike huis

Die gesag van die gereformeerde belydenisskrifte

Die Boeddhisme vandag

Studie van die vrou in die Kerk

Die nuwe ideologiese demagogie

Die omkering van die Staatsbestel

Wie is dr Francis Nigel Lee?

Die "Dordt"-kerk in Orania

KERKLIKE JOERNAAL: 
Prof Koos Vorster weer by sitting van die Verenigde Nasies

Hervormers aanvaar die nuwe liedboek

Genadedood in Nederland gewettig

NG Kerk se aanvaarding van homoseksuele

NG Kerkraad tree nie op teen Spangenberg

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die multi-Godsdienstige benadering in die nuwe onderwyssisteem

'n Saak van etiese waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die vertaling van die Name van God


Beswaarbriewe teen aanvaarding van homoseksualisme in die NG-Kerk

Bybel só gefragmenteerd

Lewe sonder God sinloos

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Siekte en gebed

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 3 Mei 2001

DANKBETUIGING

Vir die talle liefdevolle blyke van medelye, skriftelik, telefonies en deur middel van persoonlike kontak, oor die heengaan van my vrou op 17 Januarie, soos vermeld in die vorige uitgawe van ons blad, wil ek graag almal, ook namens my kinders, hartelik bedank vir die gemeenskapsband wat daardeur ervaar is. Mag die Here die blywende troos en bystand verskaf om sonder haar liefdevolle begeleiding die redaksie en administrasie van ons blad te kan voortsit en tot die eer van sy Naam te behartig. (P vd K).

PERSONALIA

Baie geluk aan ds Sarel Cilliers, lid van ons Redaksiekommissie en leraar van die Gereformeerde Kerk Waterberg, met sy vyftigste verjaardag op jongslede Vrydag, 20 April. Ter geleentheid van hierdie halfeeu-viering van sy geboorte, is hy en sy familie deur die lidmate van die gemeente vergas op 'n onthaal en gesamentlike ete in die ou kerkgebou. Die Redaksie van Die Kerkpad wil hiermee ook sy gelukwensing en seënbede aan ds Sarel oordra met die bereiking van hierdie mylpaal. Mag hy nog gesond en vrugbaar in die diens van die Here sy lewenspad vervolg.

REDAKSIONEEL

Reëlmatig ontvang ons briewe van lesers wat instemming met die redaksie van ons blad betuig. Twee onlangse voorbeelde wat ons graag wil noem: (1) 'n Brief van NG Kerk-lidmate in Bloemfontein, wat onder andere skryf dat , '' 'Kerkpad' 'n wesenlike behoefte vervul; dis wonderlik om tog een blad te lees waarop mens telkens amen kan sê. Dit hou ons buitendien ingelig, want ons kry wel Die Kerkblad maar nie Die Kerkbode nie, het ook nie TV en koop nie koerante, behalwe af en toe nie. ... Doe so voort.'' (2) Br C de Wet van der Walt, wie se artikel oor ''Wie is my naaste'' in die vorige uitgawe van ons blad verskyn het, skryf: ''Ek het ... my 'Kerkpad' ontvang en vind die inhoud daarvan soos altyd, uit die boonste rakke. Weer eens bewondering vir die hoogstaande gehalte van die leesstof. Mens kan dit oor en oor lees en altyd iets nuuts daarin kry. Baie dankie dat my 'Wie is my naaste ...' geplaas is. Ek vind die redaksionele kommentaar daarby insiggewend.''

Orania staan op twee fronte in die strydperk van die lewe. Talle behoudende Boere-Afrikaner volksgenote het 'n heenkome daar gesoek om in 'n volkseie omgewing te kan vertoef. Dit betref ook van ons Gereformeerde broeders en susters wat in alle opsigte behoudend is. Ongelukkig bestaan daar verdeeldheid omtrent die byeenkomste van die kerk. Hierdie verdeeldheid spruit voort uit die verlede van bediening uit twee geografiese gebiede, die kerke van Koffiefontein (klassis Fauresmith) en Philipstown (klassis Middelburg). Die kerk van Kimberley het op later stadium hulp verleen, wat nie in alle opsigte geslaag het nie. Op aandrang van lidmate/intekenaars van ons blad, publiseer ons die korrespondensie wat daaroor gevoer is.®