Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en Koninkryk

SKRIFOORDENKING:
Verwag die Stad van God

AKTUEEL
Ope brief aan die President

Die Psalmberyming in die nuwe "Liedboek van die Kerk"

Evolusieleer opnuut in die brandpunt

Dissipline in die Christelike huis

Die gesag van die gereformeerde belydenisskrifte

Die Boeddhisme vandag

Studie van die vrou in die Kerk

Die nuwe ideologiese demagogie

Die omkering van die Staatsbestel

Wie is dr Francis Nigel Lee?

Die "Dordt"-kerk in Orania

KERKLIKE JOERNAAL: 
Prof Koos Vorster weer by sitting van die Verenigde Nasies

Hervormers aanvaar die nuwe liedboek

Genadedood in Nederland gewettig

NG Kerk se aanvaarding van homoseksuele

NG Kerkraad tree nie op teen Spangenberg

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die multi-Godsdienstige benadering in die nuwe onderwyssisteem

'n Saak van etiese waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die vertaling van die Name van God


Beswaarbriewe teen aanvaarding van homoseksualisme in die NG-Kerk

Bybel só gefragmenteerd

Lewe sonder God sinloos

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Siekte en gebed

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 3 Mei 2001

KERKLIKE JOERNAAL

PROF KOOS VORSTER WEER BY SITTING VAN DIE VERENIGDE NASIES IN GENEVE

Nieteenstaande die redaksionele kommentaar in die uitgawe van ons blad, Mei 2000 (bl 14), waarin ernstige bedenkinge ten opsigte van prof Koos Vorster se bywoning van die sitting van die Verenigde Nasies te Genève aangevoer is, berig die dagblad BEELD op Donderdag 1 Maart 2001, dat hy vanjaar dié sitting ondertussen weer bygewoon het.

''Prof Koos Vorster, direkteur van die Skool vir Kerk-wetenskappe en professor in etiek aan die Potchefstroomse Universiteit, gaan weer as adviseur by die sitting van die Menseregtekommissie van die Verenigde Nasies (VN) optree.

''Die sitting duur van 19 Maart tot 27 April. As deel van sy studieprojek Ethical Perspectives on Human Rights gaan hy tydens die besoek ook in die biblioteke en argiewe van die VN en die Ekumeniese Sentrum in Genève navorsing doen oor die verskynsels rassisme en Xenofobie (vreemdelingehaat). Hy sal ook onderhoude voer met afgevaardigdes van verskeie menseregte-organisasies wat hulle op dié sake toespits, asook politieke leiers in lande met etniese spanning'', aldus die berig in BEELD.

Sonder dat prof Vorster polemies die aangevoerde kritiek van ons blad beantwoord en weerlê het, gaan hy ongestoord voort met hierdie omstrede saak, wat hy nou gehanteer het.

Lidmate/lesers vra vir ons redaksie, hoe hierdie sekulêre saak met sy verantwoordelikheid om studente as dienare van die Woord op te lei, gerym kan word. Hulle vra: Doen prof Vorster hierdie saak in diens van die kerke of het hy (ses weke onbetaalde) verlof ontvang om dit in eie verantwoordelikheid te onderneem? Word hierdie bywoning deur die PU vir CHO of uit die fondse van die Teologiese Fakulteit gefinansier? Dra die omstrede saak van menseregte en die studieprojekte van prof Vorster in verband daarmee, enigiets by om predikante vir Gereformeerde ampsbediening op te lei?

Ons artikel in die vorige jaar se Mei-uitgawe is afgesluit met die oproep aan die kuratore van die TSP om ernstig hieroor te besin, ons beklemtoon dit by herhaling:

''Dit is 'n saak waaroor ernstig besin moet word en die kuratore van die TSP is dit aan die verband van kerke wat hulle dien, verplig om die bywoning en deelname van prof Vorster aan hierdie VN vergadering(e), te verantwoord.''