Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en Koninkryk

SKRIFOORDENKING:
Verwag die Stad van God

AKTUEEL
Ope brief aan die President

Die Psalmberyming in die nuwe "Liedboek van die Kerk"

Evolusieleer opnuut in die brandpunt

Dissipline in die Christelike huis

Die gesag van die gereformeerde belydenisskrifte

Die Boeddhisme vandag

Studie van die vrou in die Kerk

Die nuwe ideologiese demagogie

Die omkering van die Staatsbestel

Wie is dr Francis Nigel Lee?

Die "Dordt"-kerk in Orania

KERKLIKE JOERNAAL: 
Prof Koos Vorster weer by sitting van die Verenigde Nasies

Hervormers aanvaar die nuwe liedboek

Genadedood in Nederland gewettig

NG Kerk se aanvaarding van homoseksuele

NG Kerkraad tree nie op teen Spangenberg

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die multi-Godsdienstige benadering in die nuwe onderwyssisteem

'n Saak van etiese waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die vertaling van die Name van God


Beswaarbriewe teen aanvaarding van homoseksualisme in die NG-Kerk

Bybel só gefragmenteerd

Lewe sonder God sinloos

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Siekte en gebed

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 3 Mei 2001

REDAKSIONEEL

Ons leef tans in 'n tyd dat die betroubaarheid van die Woord van God in 'n ernstige krisis verkeer. En nie slegs sy betroubaarheid nie, maar ook die gelowige aanvaarding en navolging daarvan.

Vir diegene van God se kinders wat die Bybel as onfeilbaar beskou en hulle lewensuitinge in alles daaraan wil toets, lyk dit asof die einde van die węreld naby is, soos dit in Openbaring 14: 7 opgeteken is: ''Vrees God en en gee Hom heerlikheid , want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemele en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het''. Op talle wyses word die gelowiges afgetrek van die kinderlike geloof aan die waarheid van die Bybel en die aanvaarding van die etiese norme wat daarin vir die kerk, die staat en samelewing geopenbaar is. Hierdie uitgawe van ons blad, die derde van die vyfde jaargang, vestig opnuut die aandag daarop.

In plaas van aan die skeppingsopenbaring van Genesis 1 - 3 te glo, word dit nou gesanksioneer om 'n evolusionistiese vertolking daaraan te verleen, asof God nie in staat was om deur sy spreke te skep nie. Die wonder van God se Almag word betwyfel en verwerp. Alles wat bonatuurlik is, wat vandag nie gebeur nie en ''dus in die bybelse geskiedskrywing ook nie kon gebeur het nie'', word dus as mites beskou, ''ontmitologiseer'' en verklaar volgens 'n verhewe betekenis wat daaraan geheg moet word. So word die maagdelike geboorte van Christus, sy opstanding uit die dood en sy hemelvaart tans betwyfel en beskou as 'n verhaal wat nie letterlik opgevat moet word nie. Die werklike Christus, die Messias wat gekom het om die mense met God te versoen, is wel aanvaarbaar as 'n profeet en stigter van die Christelike Kerk, maar nie as die Middelaar tussen God en mense nie. Dit maak dat die Christelike geloof gelykgestel kan word aan alle ander godsdienste en gode wat in ons land aangetref en aanbid word.