|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 3 Mei 2003
KERKLIKE JOERNAALGEREFORMEERDE KERK ARANOS SWA:
BRIEF AAN GKSA KERKVERBAND
16/02/2003GEAGTE BROEDERS
Die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Aranos het op sy vergadering wat op bogenoemde datum plaasgevind het, besluit:
Dat die Kerkraad van Aranos die besluite wat deur die Nasionale Sinode van 2003 insake die vrou in die amp van diaken en die "Cloete Psalmberyming" geneem is, betreur en verwerp, aangesien dit in stryd is met die Skrif en dus ook met ons Belydenis en daarom nie vas en bindend kan wees nie.
Dat die Kerkraad van oortuiging is dat die band van kerklike eenheid met gemeentes wat hierdie besluite goedkeur en toepas, in gedrang kom.
Dat die Kerkraad dus kerke oproep om nie hierdie besluite toe te pas nie en
Dat die Kerkraad in die lig van bogenoemde alle kerke oproep wat in alles steeds in pas wil wees met die Reformasie van die sestiende eeu (wat impliseer 'n terugkeer tot die absolute en onfeilbare gesag van die Woord) en wat alles verwerp wat daarmee in stryd is, inbegrepe die besluite hierbo vermeld, om sigbaar na vore te tree en in eendragtige eenheid in die ware geloof (HK, Sondag 21) begin om te reformeer.
U BROEDERS IN CHRISTUS
DS WM SNYMAN (VOORSITTER)
OUDL MC DUVENHAGE (SKRIBA)